Page 36 of 41

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Aug 04, 2020 12:48 pm
by Xplicitly
Ek het al probeer om lemme op die masjien so na moontlik aan mirror te bring, maar amper elke keer nes ek hier by 600 grit kom, dan voeter ek iets op.... òf die belt sny in die plunge lyn in, òf ek druk die lem te entusiasties teen due belt vas en skuur hom 'n duik.... so ek bly maar by die elbow-grease metode.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk


Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Aug 04, 2020 2:28 pm
by Eugene
Xplicitly wrote: Tue Aug 04, 2020 12:48 pm Ek het al probeer om lemme op die masjien so na moontlik aan mirror te bring, maar amper elke keer nes ek hier by 600 grit kom, dan voeter ek iets op.... òf die belt sny in die plunge lyn in, òf ek druk die lem te entusiasties teen due belt vas en skuur hom 'n duik.... so ek bly maar by die elbow-grease metode.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Dis waar ek tans is, duike en lyne waar daar nie duike of lyne moet wees nie.... ++>: ++>: ++>: Ek haal my hoed af vir die oumense wat nie krag of fancy tools gehad het nie en ordentlike messe en gereedskap gebou het! Ek was nou eers vir 'n ruk besig met ander projekte, maar gaan so gou moontlik weer aangaan met my eerste 2 messe.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Sun Aug 09, 2020 9:12 pm
by Trompie
FCLoretz wrote:
ZKK wrote: Mon Aug 03, 2020 3:13 pm Oja en Eugene, jy het gevra watse afwerking kan jy met die hand kry.....

Net wat jou hart begeer.
Selfs met n masjien moet jy die grootste deel van die finishing met skuur papier en die hand doen.
(Alhoewel ek al van ouens gehoor het wat amper alles op die masjien doen, maar ek kry dit nie reg nie)

So daar is gee rede hoekom jy nie amper n mirror polish met die hand kan doen nie
maar na n hele dag se skuur raak mens gewoonlik gatvol en settle vir n baie meer sinvolle satin finish.

Oja, en na 3 dae se geskuur lyk jou hande soos n Zombie Ratel se kloue.
(moenie daink jy gaan naby Mamma kom met hande wat oortrek is met eelte en blase nie)
Die mense wat alles op die masjiene klaar maak gebruik die scotchbrite belde op die 2x72 grinders, gee 'n baie mooi satin finish. Ek dink as jy daai mes dan op die buffing wheel met polish compound sit sal jy mirror finish kan kry.
Daai scotcbrite belde is awesome

Sent from my LM-G810 using Tapatalk


Re: Maak jou eie mes

Posted: Sun Aug 09, 2020 9:13 pm
by Trompie
Blink Stefaans wrote:Het n klein Gedore ball pein hammer bietjie in die vuur gegooi en met n groter hammer bygekom.
Was n baie lekker projek en sy nuwe baas in Upington is baie tevrede met sy Tomahawk
https://i.imgur.com/z6KCkFa.jpg
Smart

Sent from my LM-G810 using Tapatalk


Re: Maak jou eie mes

Posted: Mon Aug 17, 2020 12:42 pm
by FCLoretz
MEs wat ek oor die naweek gemaak het, die lem is net met scotchbrite belde gedoen.
WhatsApp Image 2020-08-16 at 16.03.01.jpeg

Re: Maak jou eie mes

Posted: Thu Aug 27, 2020 7:27 pm
by Trompie
Eerste Damascus mes gemaak.
Kameelperbeen bolster
Rooi G10 liners
Spalted Ironwood handle
Mosaic pins
20200827_134100.jpg
20200827_134125.jpg
20200827_134204.jpg
Sent from my LM-G810 using Tapatalk


Re: Maak jou eie mes

Posted: Sat Aug 29, 2020 2:34 pm
by Capt. Yoda
Trompman daai is vir my diep mooi

Re: Maak jou eie mes

Posted: Sat Aug 29, 2020 3:49 pm
by Gian_dP
Trompie, daai mes is pragtig!

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Maak jou eie mes

Posted: Sun Aug 30, 2020 9:30 am
by ruaanb
Netjies Trompie is iets anders!

Re: Maak jou eie mes

Posted: Mon Aug 31, 2020 7:49 am
by Trompie
Dankie julle!

Sent from my LM-G810 using Tapatalk


Re: Maak jou eie mes

Posted: Mon Sep 07, 2020 9:42 am
by Eugene
Ek het die naweek my eerste mes ook uiteindelik klaargemaak. Ek kan nie fotos hier plaas nie, want dit is glad nie op dieselfde vlak as julle kunswerke nie. Ek het 1000de foute gemaak en wou verskeie kere die projek laat vaar, maar ek is tog bly ek het deurgedruk, 'n man se eerste mes wat hy self maak, bly tog maar sy eerste mes en dit sal goed wees om oor 'n jaar of wat, terug te kyk op hoe ver ek (hopelik) gevorder het. Die hele proses was heel bevredigend en ek gaan tog die mes gebruik vir 'n jagmes, aangesien dit heel prakties is, alhoewel niks vir die oog nie.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Mon Sep 07, 2020 4:40 pm
by Askari
IMG-20200907-WA0049.jpg
IMG-20200907-WA0054.jpg
Ek het verlede week 'n "pienk kombuis mes" klaargemaak. Die micarta vir die hef is van 3 verskillende skakerings pienk papier gemaak.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Mon Sep 07, 2020 5:21 pm
by Trompie
Eugene wrote:Ek het die naweek my eerste mes ook uiteindelik klaargemaak. Ek kan nie fotos hier plaas nie, want dit is glad nie op dieselfde vlak as julle kunswerke nie. Ek het 1000de foute gemaak en wou verskeie kere die projek laat vaar, maar ek is tog bly ek het deurgedruk, 'n man se eerste mes wat hy self maak, bly tog maar sy eerste mes en dit sal goed wees om oor 'n jaar of wat, terug te kyk op hoe ver ek (hopelik) gevorder het. Die hele proses was heel bevredigend en ek gaan tog die mes gebruik vir 'n jagmes, aangesien dit heel prakties is, alhoewel niks vir die oog nie.
Well done vir die deurdruk! Dis lekker as hy klaar is!

Sent from my LM-G810 using Tapatalk


Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Sep 08, 2020 7:50 am
by Plaashaas
Askari wrote: Mon Sep 07, 2020 4:40 pm Die micarta vir die hef is van 3 verskillende skakerings pienk papier gemaak.
Baie mooi. Het jy self die micarta gemaak?

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Sep 08, 2020 8:52 am
by Eugene
Ek wil so bietjie spog. My seuntjie Xander, 12 jr oud, het my in die messe maak ding in. Hierdie is Xander se eerste mes. Hy het so 85% van die werk self gedoen en ek het net gehelp met die moeilike goed soos epoxy. Die hele lem is hoofsaaklik met die hand en ‘n hand vyl gedoen en toe met skuurpapier. Daar is regtig bitter min werk op die belt sander gedoen en wat gedoen is, het hy self gedoen. Dinge is glad nie 100% nie, maar hy het die ontwerp en hout self gekies en gedoen. Dis nie 'n showpiece nie, maar ek dink as ons oor 5 jaar terugkyk, gaan daai eerste messe van ons, steeds 'n spesiale plek hê.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Sep 08, 2020 9:07 am
by DWB
Welgedaan jongman! Ek sou erg trots wees op daai lem!

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Sep 08, 2020 10:09 am
by Trompie
Eugene wrote:Ek wil so bietjie spog. My seuntjie Xander, 12 jr oud, het my in die messe maak ding in. Hierdie is Xander se eerste mes. Hy het so 85% van die werk self gedoen en ek het net gehelp met die moeilike goed soos epoxy. Die hele lem is hoofsaaklik met die hand en ‘n hand vyl gedoen en toe met skuurpapier. Daar is regtig bitter min werk op die belt sander gedoen en wat gedoen is, het hy self gedoen. Dinge is glad nie 100% nie, maar hy het die ontwerp en hout self gekies en gedoen. Dis nie 'n showpiece nie, maar ek dink as ons oor 5 jaar terugkyk, gaan daai eerste messe van ons, steeds 'n spesiale plek hê.
Nee man daai is smart! Se vir hom baie geluk!

Sent from my LM-G810 using Tapatalk


Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Sep 08, 2020 11:28 am
by Askari
Plaashaas wrote: Tue Sep 08, 2020 7:50 am
Askari wrote: Mon Sep 07, 2020 4:40 pm Die micarta vir die hef is van 3 verskillende skakerings pienk papier gemaak.
Baie mooi. Het jy self die micarta gemaak?
Ek het ja. Pienk papier en veselglas resin.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Sep 08, 2020 1:37 pm
by Johan Nel
Xander het baie goed gedoen, Eugene. Welgedaan.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Thu Oct 08, 2020 8:03 pm
by Trompie
Nog so enetjie. Vir ñ pel van my gemaak. 80crv2 wat ek gestonewash het.

Micarta handle met oranje g10 liners
20201007_114547~2.jpg
20201007_114916~2.jpg
20201007_114903~2.jpg
Sent from my LM-G810 using Tapatalk


Re: Maak jou eie mes

Posted: Fri Oct 09, 2020 7:58 am
by ZKK
Baie nice Julle.

Trompie waar het jy die staal gekry?

Re: Maak jou eie mes

Posted: Fri Oct 09, 2020 9:07 am
by Trompie
Ek koop die 80crv2 by A&E forge.

Ettienne:+27 82 738 5089

Sent from my LM-G810 using Tapatalk


Re: Maak jou eie mes

Posted: Fri Oct 09, 2020 11:31 am
by Johan Nel
Trompie, kan jy bietjie uitbrei oor die eienskappe van 80crv2?

Re: Maak jou eie mes

Posted: Fri Oct 09, 2020 3:21 pm
by Trompie
https://youtu.be/gv3tVB0LAqU

Daar is link van torture test wat met 80crv2 gedoen is

Sent from my LM-G810 using Tapatalk


Re: Maak jou eie mes

Posted: Fri Oct 09, 2020 3:30 pm
by Trompie
Dis high carbon staal wat baie goeie edge retention het en baie tough is.

Hy polish baie mooi vir ouens wat van blink staal hou agv die vanadium. Dis "redelike" nuwe staal....maar bestaan al jare. Dis maar soos 5160 (Springsteel) op steroids.

52100 (ballbearingstaal) en 80crv2 glo ek is baie naby aan mekaar.

Ekt ñ sanmai competition chopper gemaak onlangs met 15n20 en 80crv2 core en ekt hele paar planke met hom deurgekap en hys nog baie skerp. Nie soos hy was nie maar nogsteeds baie meer as wat ek verwag het

Sent from my LM-G810 using Tapatalk