Page 1 of 1
Beretta 12boor goedgekeur
Posted: Mon Apr 02, 2012 8:34 am
by SV MAD (Henk)
Manne, nounet die goeie nuus met julle deel. My Beretta 12boor pompaksie is goedgekeur op 29 Maart, ai, dis sommer 'n lieflike Maandag!
Nou die volgende vraag, ek wil graag ammo koop, weet iemand waar in JHB en PTA ek baie goeie deals kan kry op haelgeweer ammo?
Groete
Henk
Re: Beretta 12boor goedgekeur
Posted: Mon Apr 02, 2012 8:36 am
by Gerhard
Baie geluk...
So net mooi in tyd vir die duiwe wat nou lekke begin vlieg...

Re: Beretta 12boor goedgekeur
Posted: Mon Apr 02, 2012 8:45 am
by SV MAD (Henk)
Jis man, praat jy nou! Ek sien ek sal dringend ammo moet kry! en dalk net vinnig 'n paar kleie gaan gooi daar op swat sodat ek net die gevoel kan kry!
Re: Beretta 12boor goedgekeur
Posted: Mon Apr 02, 2012 8:49 am
by Gerhard
Ek het in die Magnum of erns gesien Savuti adverteer goeie pryse vir NO 7's
Re: Beretta 12boor goedgekeur
Posted: Mon Apr 02, 2012 8:56 am
by SV MAD (Henk)
Dankie mater, sal gaan loer daar!
Re: Beretta 12boor goedgekeur
Posted: Mon Apr 02, 2012 9:59 am
by Marc
Geluk, hoop jy kry genoeg rondtes, daai kleie gaan moet bontstaan

Re: Beretta 12boor goedgekeur
Posted: Tue Apr 03, 2012 11:45 pm
by JPS
SV,
Gerhard is reg, Savuti in Brakpan het goeie pryse en probeer ook Hi Tech Arms in Benoni.
Soos ek op die forum gelees het ken Barreta ook paar plekke wat goeie pryse het. PM hom dalk.
Baie geluk met daai skietyster.
Groete
JP