Page 1 of 1
.308 Win met 168gr Barnes TSX / TTSX
Posted: Mon Apr 02, 2012 2:09 pm
by Stasoft
Middag Manne
Ek beginne nou te herlaai vir my .308 Win en sal graag van mense wil hoor wat Barnes 168gr TSX / TTSX punte gebruik.
Ek het deur die forum gesoek maar kon niemand kry wat al voorbeelde gegee het wat van die spesifieke kombinasie gebruik nie.
My geweer details :
Geweer : Sako 85 Hunter
Loop : 22" normale loop met 1:11 "twist"
Doppe: Lapua
Kruit: Somchem S335
Primer : CCI200
Die rede hoekom ek van 168gr will gebruik maak is dat ek met normale PMP 168gr (Bruin Pak) Ammunisie ,kry ek 12mm groeperings as ek my kant bring en gedink dit is 'n goeie begin punt.
Ek het toegang tot QL en het dit "ge-kalibreer" volgens Ludwig/JagtersDok/Wouter en ander manne se voorstelle, en as ek my data insit,dan behoor 'n lading van so 40gr heel veilig te wees en +- 2596fps gee vir 168gr TSX en 39gr 168TTSX gee so 2543fps.
Indien enige iemand hul .308 met die punte laai sal ek graag wil hoor van hulle ladings,TPL ens.
Dankie by voorbaat.
Re: .308 Win met 168gr Barnes TSX / TTSX
Posted: Mon Apr 02, 2012 2:56 pm
by Wouter Roets
Hallo Stasoft
As ek jou raad kan gee gaan vir die 150gr TSX. Die rede hiervoor is dat hy lengte gewys baie dieselfde sal wees as die konvensionele loodkern koeel van 168gr. Dit is die lengte en nie die gewig wat n koeel laat stabiliseer deur die twist. Die koeel penetreer dieselfde of beter as swaarder konvensionele koeels. So maw sy doodmaakvermoe hoef nie terug te staan nie. Ek voel die gebruik van die TTSX(hoer BC) word nie regverdig vir ons jagafstande van onder 400m nie, so hou maar by die TSX. Die 168gr Barnes koeel gaan te lank wees om genoegsaam gestabiliseer te word.
Groetnis
Wouter
Re: .308 Win met 168gr Barnes TSX / TTSX
Posted: Tue Apr 03, 2012 3:50 pm
by Stasoft
Dankie vir die terugvoer Wouter.
Re: .308 Win met 168gr Barnes TSX / TTSX
Posted: Tue Aug 14, 2012 8:43 pm
by Pitbull
Naand Stasoft
Ek laai 165gn TSX Barns met 335,die laading wat ek gebruik is 41gn teen 2600 fps. Groepeering op 100 is 6mm en op 400 is 2 duim. Die twist is 1 in 12. Hoop dit help, wil nie tone trap nie ma jy kan self gaan meet die die punte is nie langer as PMP sin of as Nosler sin nie, ma kan wel korter wees.
Lekke speel,
Re: .308 Win met 168gr Barnes TSX / TTSX
Posted: Tue Aug 14, 2012 9:21 pm
by Wouter Roets
Hallo Pitbull/Staysoft
Ek het so bietjie vinnig gaan loer na die verskillende koeels en dit blyk wel te wees dat n 165gr Barnes TSX nie te ver weg is in nodespoed van die 150 gr TSX nie. Jou nodespoed met die 165gr sal net so rapsie onder Pitbull s'n wees in die orde van 2590ft/sek.
Net ter inligting oor die koeel lengtes. Jou 1:11 behoort nog genoegsaam te wees om al die koeels te stabiliseer.
Barnes TSX BT 150gr 32,59mm
Barnes TSX BT 165gr 32,89mm
Barnes TTSX BT 165gr 33,40mm
Barnes TTSX BT 168gr 35,84mm
PMP HPBT 168gr 29,95mm
Nosler BalTip BT 168gr 32,20mm
Hornady A-Max 168gr 32,13mm
Groetnis
Wouter
Re: .308 Win met 168gr Barnes TSX / TTSX
Posted: Fri Aug 17, 2012 11:21 am
by Pitbull
Hi Wouter
Dankie vir die mooi uiteenseting van die lengte van die punte, nou hoef niemand mee te raai wat is korter en langer nie.
Wil net vir intresanheid weet, maak die blou plastiek puntjie wat op die punt van die barns is 'n virskil. Is dit wat die punt langer maak? Gaan dit 'n invloed he dat hy nie vinnig genoeg stabiliseer nie?
Moet my nie verkeerd opvat nie vra net omdat ek belangstel. Persoonlik hou ek nie van TTSX, ma so het elkeen van ons, ons voorkeur van punte en kruit.
Lekker speel
Henno
Re: .308 Win met 168gr Barnes TSX / TTSX
Posted: Fri Aug 17, 2012 11:38 am
by Lourens
Henno,
Die blou puntjie op die Barnes TTSX koeels is deur Barnes ge-inkorporeer om sodeoende die koeel se BC te verhoog en langafstand akkuraatheid te verbeter. Soos Wout reeds ges? het, regverdig ons jagafstande nie regtig die gebruik van TTSX koeels nie, en is die TSX meer as voldoende. Ek vind dat ladingontwikkeling met gewone TSX'e baie makliker is as met die TTSX'e en wil amper se op kort afstande (100m) kry ek baie makliker aanvaarbare groepe met TSX as met TTSX. QL blyk ook vir my meer akkurat te wees met TSX ladings as met TTSX ladings. Dit mag dalk maar net my ervaring daarmee wees en nie noodwendig die reel nie. Ek skiet op die oomblik TTSX in die 223 en 300 omdat ek nog heelwat van hulle oor het, maar as hulle klaar is gaan ek terug slaan TSX toe, hulle werk regtig vir my lekkerder.
Groete,
Lou
Re: .308 Win met 168gr Barnes TSX / TTSX
Posted: Fri Aug 17, 2012 1:11 pm
by Pitbull
Hi Lourens
Dankie,
Lekke speel
Henno
Re: .308 Win met 168gr Barnes TSX / TTSX
Posted: Fri Aug 17, 2012 4:40 pm
by Stasoft
Goeie Dag Pitbull en manne
Dankie vir die terugvoer.
Ek skiet op die oomblik 168 Barnes TSX punte met 39.5gr S335. TPL is 2.782"
Het nog nie meer as 39.5gr getoets nie aangesien ek baie goeie groeperings met die lading kry. Sal bietjie na die jag seison rondspeel.
@Pitbull : Wat is jou TPL ?
Lekker dag verder
Re: .308 Win met 168gr Barnes TSX / TTSX
Posted: Fri Aug 17, 2012 6:13 pm
by Pitbull
Naand Stasoft
Die TPL is op die oomblik 72mm, weet ek kan hom langer maak daar is nog seker so mm of wat ma dan pas hy nie in die magasyn nie.
Lekke aand,
Henno
Re: .308 Win met 168gr Barnes TSX / TTSX
Posted: Wed Aug 29, 2012 3:56 pm
by Vleder
Stasoft
Gebruik 150g punte
