Page 1 of 1
80 gr TTSX BT VIR .243
Posted: Thu Apr 12, 2012 3:00 pm
by janbert
DAGSE ALMAL
KAN IEMAND MY DALK HELP MET 'N LADING VIR 80 GR TTSX BT BARNES X. EK WIL S365 GEBRUIK MET WINCHESTER DOPPE. RAAD WAT EK REEDS HET IS DAT 43 GR S365 BEHOORT TE WERK. HET IEMAND DALK 'N SOORTGELYKE LADING?
BESTE
JANBERT
Re: 80 gr TTSX BT VIR .243
Posted: Thu Apr 12, 2012 3:11 pm
by Sako75
Ek sal graag ook 'n idee van 'n lading wou sien. Ek beoog dieselfde kombinasie.
Re: 80 gr TTSX BT VIR .243
Posted: Thu Apr 12, 2012 3:19 pm
by Danie01
Julle manne sal meer inligting moet gee van dopkapasiteit, max TPL, primers, loop lengte, en dalk n spoed wat jul gekry het met n seker lading, TPL en primer om dit te kalibreer op Ql
Ek self het nie QL nie, maar die inligting is nodig sodat die ouens wat wel het julle akkuraat kan help.
Groetnis
Danie
Re: 80 gr TTSX BT VIR .243
Posted: Thu Apr 12, 2012 4:36 pm
by tripodmvr
Ek gebruik 85gr TSX maar die 80gr TTSX verskil min. Met 41,7 gee my geweer met 24 duim loop 'n node by 3110vps. 'n Ho?r node is 45,2 by 3363vps. Ek sal 3 van elk vanaf 41 tot en met 46gr laai met 1 grein inkremente. Die geweer gaan jou gou wys waarvan hy hou. Monitor spoed en as julle meer inligting gee kan ons nader aan die waarheid kom.
Re: 80 gr TTSX BT VIR .243
Posted: Fri Apr 13, 2012 9:40 am
by Beer (Christo)
Hi Tripod
Ek het vir my ook die 85gr TSX gekoop. Will more 'n klomp nuwe Lapua doppe gaan vuurvorm en dan 'n lading ontwikkel vir die TSX. Watter tipe primers en doppe gebruik jy?
Groete
Christo
Re: 80 gr TTSX BT VIR .243
Posted: Fri Apr 13, 2012 10:02 am
by tripodmvr
Gebruik PMP doppe met CCI200 of Murom (Std).