Page 1 of 1
Lugfotos
Posted: Fri Apr 13, 2012 8:57 am
by Evert
Hi
Ek wil graag hoor wat julle manne dink en veral plaas eienaars. Wat sal julle graag op n lugfoto van die plaas wil sien? Damme, kampe, waterlyne ens ens?
Groete
Evert
Re: Lugfotos
Posted: Fri Apr 13, 2012 1:43 pm
by Antonie
Hallo Evert,
Ek dink die manne sal graag kudus, blouwildebeeste en rooibokke op die lugfotos wil sien.

Re: Lugfotos
Posted: Mon Apr 16, 2012 1:39 pm
by Frikjordaan
E-Bird.
Watter tipe detail kan mens op 'n lugfoto sien? en wat kan die skaal wees?
'n 6 meter dam of 'n 40 mm swart waterpyp wat aan 'n draadheining hang is maar klein.
Ek het 'n lugfoto van die Dept Landbou gekry en die plaashuis waarvan die dak wit geverf is, is so 'n klein kolletjie dat ek dit telkemale moet soek.
hoor graag
mooi loop
Frik
Re: Lugfotos
Posted: Mon Apr 16, 2012 6:16 pm
by Christo
Frik
So lyk Google se kaarte, mooi duidelik genoeg om mee te werk. Is besig om al die pyplyne, lande, Eskom punte, ens op te laai. Dit maak dinge nogals baie makliker as daar beplan word.
Laas jaar baie mooi gesien wat die verskil is tussen verskillende besproeiingstelsels en druk van water met die nuutste Google kaarte. Het mooi aanpassings gemaak en sou dit nie geweet het as ek nie dinge van bo kon sien nie.
Ek het al die lugfoto's gesien wat manne neem. Dit is sekelik die beste manier om goeie foto's te kry van jou plaas.
Re: Lugfotos
Posted: Mon Apr 16, 2012 7:25 pm
by hebron
Ons karoo-boere wil graag lyndrade,kampdrade, veesuipings en natuurlike suipings bv: gronddamme, standhoudende riviere en fonteine. Dan ook seker al die veldpaaitjies en landjies, maar os wil nie sien waar die plaas uitgetrap (oorbewei)
is nie!! Dit sien n mens maklik uit die lug en is soms n skok!!
Re: Lugfotos
Posted: Mon Apr 16, 2012 7:43 pm
by Evert
Baie dankie manne.
Antonie dit sou baie leker gewees het waar daai groot kudu bul weg kruip elke aand ma dis nou maar so.
Die probleem met google earth jy moet altyd die rekenaar aan sit ens. En die detail is nie altyd so great nie. Wat ek vir boere wil bied is n ordentlike lugfoto met n bekende skaal en die grens drade duidelik sigbaar. Dan ook enige ander punte( plaas huis, store, suipings, kampe, jag kamp) duidelik uit te lig. Sal ook die grotes van kampe kan meet. Dan ook 5m kontoere op te sit sodat die boer n beter aan duiding kan kry waar loop die water lyne.
So wat dink julle? Is daar nog iets wat boerdery beter sal maak?
Re: Lugfotos
Posted: Tue Apr 17, 2012 11:54 am
by Hugo
Komtoere is n great plan, sal daarvan hou om ons plaas in n 3D model te omskep, maar gaan kontoere benodig.
Re: Lugfotos
Posted: Wed Apr 18, 2012 11:40 am
by Christo
E-Bird, al goed en wel, waarvan praat ons in Rand-waarde?
Re: Lugfotos
Posted: Wed Apr 18, 2012 11:44 am
by Evert
Christo
Ons kyk na so R1500 vir n gelamineerde A0(891mm x 1189mm) posgeld ingesluit dink julle dis n goeie prys?
Re: Lugfotos
Posted: Sat Apr 21, 2012 7:37 pm
by Frikjordaan
E-Bird
Kan dit werk vir Namibi? ook?
Ek sal verseker belangstel en is heel oortuig dat van my bure ook sal belangstel
Ons boer naby Karasburg.
hoor graag
Frik
Re: Lugfotos
Posted: Sun Apr 22, 2012 9:34 am
by douw
Hallo Frik
Kan jy moontlik vir ons 'n foto plaas, van hoe dit sal lyk?
Groetnis
Douw