Page 1 of 2

my pienk messie

Posted: Tue Apr 17, 2012 9:16 am
by johan1
Verjaardag persentjie aan meisiekind in Durban omgewing. Skiet en mes entosias

[img width=560 height=420]http://i1258.photobucket.com/albums/ii5 ... G_0508.jpg[/img]

Re: my pienk messie

Posted: Tue Apr 17, 2012 9:50 am
by the kid
Ek weet van "n meisie wat BAIE opgewonde en bly gaan wees :)

Re: my pienk messie

Posted: Tue Apr 17, 2012 10:17 am
by SV MAD (Henk)
Lyk of dit baie mooi gaan uitkom!

Re: my pienk messie

Posted: Tue Apr 17, 2012 12:26 pm
by johan1
Sal fotos probeer byhou om vordering te toon

Re: my pienk messie

Posted: Wed Apr 18, 2012 12:25 pm
by FE
Jammer ek vra, het jy al die gatte dieselfde grote geboor op die tang? En as jy het hoekom?

Re: my pienk messie

Posted: Wed Apr 18, 2012 3:22 pm
by Cz_apie
Dalk 12C27  gebruik vir lem?  Wat gaan jy vir bolster gebruik ?

Re: my pienk messie

Posted: Thu Apr 19, 2012 7:41 am
by johan1
Ek het al die gate 3.2 mm geboor op die tang en vir die bolster. By die bolsters gebruik en 303 stainless as ook 303 , 3.2 pinning. Dit voel maar net vir my of en hulle beter omklink as ek die bolster vas maak. Ek soldeer glad nie die bolsters nie. Op die tang is die gaatjies ook 3.2 mm. Dit los my met opsie om wel dunner pinning inte sit as ek op die einde so voel. (1.6mm , 2mm, of 3.2mm)

Indaai stuk wat so groot uitgesny in die middel is my gedagte op mosaik pinning in te sit maar sal sien hou gaan dit lyk saam die pienk. Daai groot gat is ook maar net om mes ligter te probeer maak. My eerste lem wat ek opgevoeter het was 12c 27 maar het hom opge.... . Gebeur as jou volle aandag nie by daai 60 grid op die wiel is nie en jy gaan teen verkeerde hoek in. dan word dit n gooi mes. (jy gooi hom tot daar in die hoek van die workshop en begin oor.

Re: my pienk messie

Posted: Thu Apr 19, 2012 8:17 am
by Cz_apie
Al dieselfde oorgekom,  all verskil is my gooi is n bietjie meer kragtig (klink soos Duits met n Japanese aksent)  ;D ;D ;D

Re: my pienk messie

Posted: Fri Apr 20, 2012 1:21 am
by stan man
op jou pienk mes sal n fyn afwerking op die bolster se binne kantse rand n mooi vroulike finish gee. sorry ek se maar net/ ek probeer ook maar net. mooi lem! sal prakties werk.

Re: my pienk messie

Posted: Fri Apr 20, 2012 8:45 am
by johan1
Gaan dit verseker doen. Ek het gisteraand so bietjie geskuur aan 'pienkes' en dis waar hy nou trek

[img width=560 height=420]http://i1258.photobucket.com/albums/ii5 ... G_0516.jpg[/img]

Moet eers beide kante plat afwerk sodat handvatsels presies plat pas en daar nie n gleufie is tussen tang, dis die handvatsel deel, en die slabs of hanvatselmateriaal  is nie. Jy kan op die foto sien dat die lem bietjie krom getrek het in die oond met die verhardings proses

Re: my pienk messie

Posted: Fri Apr 20, 2012 8:48 am
by johan1
Die flat grinder skuur op die punt maar nie in die middel nie. Alles moet blink en op een vlak wees

[img width=560 height=420]http://i1258.photobucket.com/albums/ii5 ... G_0515.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1258.photobucket.com/albums/ii5 ... G_0517.jpg[/img]

Die man wat verharding gedoen het het hom hard gemaak, ek skuur op die stadium my @#$ af om n plat vlak te kry

Re: my pienk messie

Posted: Fri Apr 20, 2012 8:59 am
by johan1
Uiteindelik is die lem mooi plat, en nou kan ek my lem merk waar ek wil he die hollow moet loop en hoe hoog hy moet opgaan. Ek werk met 200mm deursnee wiel en 4mm staal. Volgens my tabel met ek dan so 19mm hoog opgaan met die hollow

[img width=560 height=420]http://i1258.photobucket.com/albums/ii5 ... G_0518.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1258.photobucket.com/albums/ii5 ... G_0519.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1258.photobucket.com/albums/ii5 ... G_0520.jpg[/img]

Hollow nou gedoen met met 60 grid, 180 grid, en 400 grid. dan 600 grid kurk beld, en dan begin die harde werk. 800, 1000, 1200, 1500, en 2000 grids met die hand vir mirror.( hierdie is my 2de stukkie staal want eerste een trek nou nog) floppie gemaak

Re: my pienk messie

Posted: Fri Apr 20, 2012 9:21 am
by johan1
Handskuur... tot ek daarvan hou en dan die blink produk. Sal vannand sien hoe loop die huishouding en dan bolsters opsit en as daar tyd is sommer die pienkes ook.

[img width=560 height=420]http://i1258.photobucket.com/albums/ii5 ... G_0521.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1258.photobucket.com/albums/ii5 ... G_0523.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1258.photobucket.com/albums/ii5 ... G_0524.jpg[/img]

Die duim is agv Kombie deur wat vinniger was as my duim :ohttp://jaracal.com/Smileys/classic/shocked.gif

Re: my pienk messie

Posted: Fri Apr 20, 2012 10:51 am
by theedge
Looking good kan nie wag om die finale produk te sien nie

Re: my pienk messie

Posted: Fri Apr 20, 2012 11:01 am
by the kid
SJOE!!!! Lyk BAIE nice sover :)

Re: my pienk messie

Posted: Fri Apr 20, 2012 11:09 am
by Pvdw
Johan dis regtig lekker om te sien deur watse stappe 'n stuk staal moet gaan om 'n mes te word.

Dankie vir jou moeite om dit met ons te deel.

Peet

Re: my pienk messie

Posted: Fri Apr 20, 2012 11:47 am
by johan1
Dis vir my baie lekker om dit te doen. Maar dis soos jy se, vele mense besef nie die tyd wat spandeer word om n finale mooi mes neer te sit nie.

As ek vir jou moet se hoeveel keer haal jy n linerlock uitmekaar om fraksies van millimeters te toets en weer weg te skuur, aanmekaar te sit en te sien nee dit was te min , weer uitmekaar........ dit eet jou tyd en dit lyk nie of daar veel gedoen is nie. maar raak nou haastig en skuur nou net bietjie harder, veral met liner se spring in die linerlock, dan begin jy oor. Nuwe titanium, trek weer template af, sny uit, gaaatjies boor, gaatjies tap, blink maak, ens ens .

Maar dit bly lekker en ek geniet dit gate uit

Re: my pienk messie

Posted: Fri Apr 20, 2012 11:54 am
by Beretta
Johan
Die ergste van alles is die gooi messe dit kan n man mal maak as net nog n bietjie hier of daar wegvat en dan word dit soos ek gese het n gooi mes.Kan jou dalk help mets o n stukkie wit tand moet net kyk waar dit is.
Beretta

Re: my pienk messie

Posted: Fri Apr 20, 2012 12:00 pm
by johan1
Weet jy ek slurp enige eksoties tipe handvatselmateriaal op op die stadium. Eks besig met n projek vir die forum maar sal later meer bekend maak.

Kyk ma of jy daai wit materiaal kry dan maak ons n plan.

dankie man

Johan

Re: my pienk messie

Posted: Fri Apr 20, 2012 12:03 pm
by Beretta
Johan
Wat van swart ivoor? Jy is mos hier op die wesrand
Beretta.

Re: my pienk messie

Posted: Sat Apr 21, 2012 6:40 am
by Cz_apie
handige hand skuur "Clamp"  :)

Re: my pienk messie

Posted: Sat Apr 21, 2012 11:30 am
by vlakvark1
Johan dit lyk baie mooi wys as hy klaar is en wat prys hy as ek mag vra. Sal ook dalk een wil bekom 8) 8) 8)

Re: my pienk messie

Posted: Sat Apr 21, 2012 2:20 pm
by Pottie
Jammer maar toe ek die opskrif lees dog ek dis weer n Bloubul grap, maar lyk darem of die een regtig skerp gaan wees.

Re: my pienk messie

Posted: Mon Apr 23, 2012 10:50 am
by johan1
hahaha nee dis darm ne n bloubul messie nie.

Beretta ja, swart ivoor is pragtig en werk bittermooi af. Dis kliphard. Het jy vooraad van dit?

Re: my pienk messie

Posted: Tue Apr 24, 2012 6:40 am
by 404Jeff
Johan kontak my vir swartivoor, het klompie!