Page 1 of 1
Braaiwors en droewors vet?
Posted: Wed Apr 18, 2012 10:37 am
by sako 30-06
Ek weet n mens moet net buitevet in wors en droewors gebruik.
Maar die vraag is wat se vet is die beste?
Skaapstertvet?
Gewone skaapvet?
Bees brsiketvet?
Gewone beesvet?
Laat weet asb wat is julle voorkere en hoekom?
Re: Braaiwors en droewors vet?
Posted: Wed Apr 18, 2012 10:51 am
by BLOK
Is maar n persoonlike keuse dink ek, ek hou van vetstert skaap of brisket as jy kan kry. Soos ek se as jy kan kry - dit is baie keer maar die probleem nie die keuse nie
Re: Braaiwors en droewors vet?
Posted: Wed Apr 18, 2012 11:26 am
by Louis Kriel
Blok is reg die lekkerste droewors en braaiwors het gewoonlik 'n mengsel van brisket en persievetstert. Hoe meer vetstert hoe beter, want Tim Noakes se mos dis gesond!
Re: Braaiwors en droewors vet?
Posted: Wed Apr 18, 2012 11:38 am
by Dippies
DirtyOldsix wrote:
Hoe meer vetstert hoe beter, want Tim Noakes se mos dis gesond!
Die vetterige ribbietjie en die drywors gaan weer die hartslag mooi smeer.
Ou Tim was seker op n "vet" trip toe hy die stelling gemaak het

Re: Braaiwors en droewors vet?
Posted: Wed Apr 18, 2012 12:10 pm
by johan1
Skaap stert vet is maar die beste. Ek wil kat skiet as daai vet so agter jou tande en jou verhemelte aanpak. Sommer op die boos as jou gat af betaal aan n produk by n slagter en hy beloof skaapstert vet en dan plak als vas as jy dit eet.
Re: Braaiwors en droewors vet?
Posted: Wed Apr 18, 2012 1:42 pm
by sako 30-06
johan1 wrote:
Skaap stert vet is maar die beste. Ek wil kat skiet as daai vet so agter jou tande en jou verhemelte aanpak. Sommer op die boos as jou gat af betaal aan n produk by n slagter en hy beloof skaapstert vet en dan plak als vas as jy dit eet.
Dis presies die rede hoekom ek die jaar besluit het om my eie wors en droewors te maak.
Dis darem maar hartseer as n man R16 p/kg betaal vir die maak van wors en as n mens dit eet plak dit aan die verhemelte vas en dan het die slagter nog die vermetelheid om n mens te belieg.
Ek het al n paar kg se skaapsterte gekoop,so n skaapstertjie is darem maar lekker so in die oond gebak en dan hou ek net die vet vir die wors.
Dankie manne,so ek sal maar aanhou om die skaapsterte te koop.
Re: Braaiwors en droewors vet?
Posted: Wed Apr 18, 2012 3:21 pm
by erx
Vetstert is maar die beste.
Nou wil ek net hoor, mense se as die vet eers gevries is dan kan jy dit maar weggooi? Hul se dit word glo gou galsterig as mens dit dan in die droewors gebruik?
Hoe nou, want dit is basies onmoontlik om in jagtyd vars vetsterte te kry tensy jy so gelukkig is om self te slag wanneer jy gaan jag?
Groete
erx
Re: Braaiwors en droewors vet?
Posted: Wed Apr 18, 2012 3:26 pm
by sako 30-06
Dis n baie goeie vraag erx,persoonlik dink ek nie dis moontlik om vars vet te kry nie.
Sal lam buitevet dieselfde resultate gee as stertvet?
Re: Braaiwors en droewors vet?
Posted: Wed Apr 18, 2012 7:49 pm
by Johan Reyneke
BLOK wrote:
Is maar n persoonlike keuse dink ek, ek hou van vetstert skaap of brisket as jy kan kry. Soos ek se as jy kan kry - dit is baie keer maar die probleem nie die keuse nie
Stem 100%, veral as dit persiese skaap vet is. 2de beste brisket, maar moet partykeer maar uitsoek om die beter vet te gebruik
Re: Braaiwors en droewors vet?
Posted: Wed Apr 18, 2012 8:13 pm
by Jakkalsgat
Vetstert se vet is beter as lyf/ buitevet omdat dit meer nat/pap is en wegsmelt sou jy dit gebruik vir wors. Wat jy net moet ingedagte hou is datas jy beesvet gebruik moet dit ook verkieslik jonger dier se vet wees. Wat ek ook doen is dat as ek met beesvet werk sit ek 15% vet in en sou ek met skaapvet werk gebruik ek net 10%.
Re: Braaiwors en droewors vet?
Posted: Thu Apr 19, 2012 7:58 am
by erx
Stem saam manne, skaapstert is maar die beste.
Mens moet altyd probeer sorg om "sagte" vet te gebruik. As jy skaapstert teen kamer temperatuur sny sal jy sien hy gee amper 'n olie af, dis sagte vet, harde vet sny half skoon, soos 'n blok botter wat in die yskas was. Baie lyf vet is harde vet, maar mens kan dit sommer so tussen jou vingers breek. Wildsvet is omtrent alles harde vet, ek sny gewoonlik maar alle vet van wild af, dis daai manne wat so agter die tande en verheumelte vassit.
Ek wonder nou nog net oor die storie van gevriesde vet?
Groete
erx
Re: Braaiwors en droewors vet?
Posted: Thu Apr 19, 2012 8:23 am
by sako 30-06
erx wrote:
Stem saam manne, skaapstert is maar die beste.
Mens moet altyd probeer sorg om "sagte" vet te gebruik. As jy skaapstert teen kamer temperatuur sny sal jy sien hy gee amper 'n olie af, dis sagte vet, harde vet sny half skoon, soos 'n blok botter wat in die yskas was. Baie lyf vet is harde vet, maar mens kan dit sommer so tussen jou vingers breek. Wildsvet is omtrent alles harde vet, ek sny gewoonlik maar alle vet van wild af, dis daai manne wat so agter die tande en verheumelte vassit.
Ek wonder nou nog net oor die storie van gevriesde vet?
Groete
erx
Ek weet nie of gevriesde vet n probleem sal wees nie.Ek het laas naweek gevriesde skaapsterte gekoop en by die huis dit ontvries en die vet van die sterte afgesny en die vet het nogsteeds sag gevoel en n olie laag afgegee.
Re: Braaiwors en droewors vet?
Posted: Thu Apr 19, 2012 12:03 pm
by Johan04
Ek hou daarvan om persie te gebruik in droewors,ek sny sommer die hele skaap met vleis en al op en gooi dit by. As dit by braaiwors kom gooi ek eerder dorper in,want omdat persie so olierig is ,is dit geneig om uit die wors te braai.Dit smelt maklikker as bv dorper en gaan dan verlore.
Ek het ook al uitgebraaide vet in droewors gesit,natuurlik net 'n deel van die vet wat bygegooi word en dit maak droewors net so lekker.
Groete
Johan
Re: Braaiwors en droewors vet?
Posted: Thu Apr 19, 2012 12:08 pm
by Zack Benade
Johan4 en die ander manne
Ek glo niks wat julle hier skryf nie.

???Die glo kom in die proe.

Stuur elkeen van julle vir my 'n pakkie droe wors om te proe dan sal ek s? wie reg is.
Lekker wors maak , manne.
Groete
Zack
Re: Braaiwors en droewors vet?
Posted: Thu Apr 19, 2012 12:18 pm
by Ponkie
Dag manne
My ma maak op grootskaal bakgeregte,wors,maalvleis en pasteie vir gastehuise. Sy glo die sukses van die kos le in die kwaliteit vleis wat sy gebruik.
Sy gebruik geen vark of bees in haar maalvleis en wors nie. Sy sal 'n hele persie afsny en dit alles meng.
Ek is nie 100% seker nie maar dink haar verhouding van wild tot persie is 75% wild met 25% persie. Somtyds sal daar van die blokkies vleis oorbly. Dit word dan gevries in 5kg pakke en wanner sy dit nodig het sal sy dit uithaal en dit op sy eie tyd laat ondooi en dan 'n nuwe batch wors/mince maak.
Ek sit en eet nou 'n stuk droewors wat sy in Maart gemaak het van verlede seisoen se laaste blokkies vleis en hier sit niks vet aan my verhemelte vas nie.
Groetnis
Ponkie
Re: Braaiwors en droewors vet?
Posted: Thu Apr 19, 2012 12:24 pm
by BLOK
Ponkie wrote:
Ek sit en eet nou 'n stuk droewors wat sy in Maart gemaak het van verlede seisoen se laaste blokkies vleis en hier sit niks vet aan my verhemelte vas nie.
Groetnis
Ponkie
Dit is mos nou nie mooi maniere om alleen te eet nie, stuur jy nie aan nie
Re: Braaiwors en droewors vet?
Posted: Thu Apr 19, 2012 12:37 pm
by Sarelss
Ek het eers 'n varkspek en brisket gebruik vir d/wors en vark en spek vir braaiwors.
Nou maak ek alles met Brisket anders eet die Zion mense nie my produk nie.
Sukkel te veel om skaap in die hande te kry.
Die manne /slagers wat binnevet in mens se wors invoeter behoort gestop te word !!.....(pun intended) As hy klou aan die verhemelte (en dan sommer die ingewande losskommel) WEET ons mos hy het daai rubbish ingegooi.
Re: Braaiwors en droewors vet?
Posted: Thu Apr 19, 2012 12:49 pm
by Louis102
Niks beter as persie (vir die vetgedeelte) in droe? wors nie. Daai verhouding van Ponkie se ma klink vir my ook sommer doodreg. Vars is natuurlik beter, maar dis geen fout om gevriesde vet te gebruik nie, solank die vet net vars gevries was. Fout kom gewoonlik waar vet oorgebly het met 'n worsmakery en nie betyds gevries was nie, of waar dit meer as een maal gevries en ontvries word - dan raak dit sommer gou galserig.
Lekker eet!
Louis
Re: Braaiwors en droewors vet?
Posted: Thu Apr 19, 2012 12:56 pm
by Peter OMoore
Vet stert Persie bly maar koning.
Dit proe soos botter....
Re: Braaiwors en droewors vet?
Posted: Thu Apr 19, 2012 12:59 pm
by BLOK
PIETSKIET308 wrote:
Vet stert Persie bly maar koning.
Dit proe soos botter....
In die wors of op die kole, lus kry ek nou vir so mof rib.