Page 1 of 1

Miroku Mod 70

Posted: Fri Apr 20, 2012 8:29 am
by cjgerber
More manne

Die kleiduif gogga het my onlangs gebyt en het dit goed gedink om 'n healgeweer aan te skaf. Dit sal meerendeels vir kleiduif gebruik word maar ook vir algemene jag. Om eerlik te wees ken ek nie veel van healgewere nie en soek bietjie raad.

Ek kan 'n "soos nuut" Miroku Mod 70 O/U met multichokes kry vir R16k, is dit te veel of is dit 'n bargain?

Ek wil nie baie meer as dit spandeer nie maar sal julle iets anders voorstel?

Groete,
Christo

Re: Miroku Mod 70

Posted: Fri Apr 20, 2012 9:33 am
by Beretta
Christo
Dit is dieselde as dieĀ  Browning 425 dit is maar n japanese Browning jy kan maar koop nie n slegte geweer nie.Maak net seker die geweer pas jou anders gaan jy huil.Waar gaan jy kleie skiet. Maak die man n offer vir so R11.000.00 miskien is jy lucky en hy vat dit.Ek self het n Browning 425 wat ek duiwe mee skiet en dit is n baie lekker geweer.
Hoop dit help
Beretta

Re: Miroku Mod 70

Posted: Fri Apr 20, 2012 10:04 am
by cjgerber
Dankie Beretta

Ek gaan by Valley Gun Club skiet agter Paarl.

Daar is seker redelike goeie tweede handse gewere daar buite maar 'n nuwe een is maar altyd lekker! As ek nuut wil koop wat is die pryse min of meer op die Beretta en Browning? en watse model sal jy aanbeveel?

Ekt gedink ek sal sodra ek tyd het na Suburban Guns toe gaan en met die manne gesels daar.

Groete,
Christo

Re: Miroku Mod 70

Posted: Fri Apr 20, 2012 11:41 am
by Jakkalsgat
CJGerber

Kyk bietjie na die post met die volgende link:

http://jaracal.com/index.php/topic,8997.0.html

hierdie wapens is nog beskikbaar en in baie goeie toestand.

Groete
Jaco

Re: Miroku Mod 70

Posted: Fri Apr 20, 2012 11:43 am
by Beretta
Christo
Wat wel belangrik is is die geweer moet jou pas as die geweer jou pas maak "die brand "nie veel saak volgens my nie.Maar om se bv n goeie naam geweer te he help ook baie en dit is n goeie beleging ook.Wat sal ek aanbeveel natuurlik BERETTA volgens my is daar nie beter nie.Die manne verstaan hoe om n haelgeweer te bou.
BERETTA

Re: Miroku Mod 70

Posted: Fri Apr 20, 2012 4:41 pm
by Rambo
'n Splinternuwe Miroku o/u gaan jou maar +-R19K kos... Ek glo nie Jy sal meer baie van hulle in SA sien nie want die Browning is R200 duurder en agv. sy naam gaan sy tweedehandse waarde meer wees!

Wat skrikwekkend is is as jy die Miroku se loop vat kan jy hom in die Browning se kolf sit en skiet... sonder enige veranderings... dit is nou een en dieselfde geweer!

Gaan google gerus Loris international... hulle is die agente en jy kan direk van hulle af koop!

Ek is 'n Miroku fan en sou soos jy die raad gekry het die ou 'n aanbod maak!!!

Re: Miroku Mod 70

Posted: Fri Apr 20, 2012 5:17 pm
by Beretta
Loris int is maar baie aan die duur kant sal nie graag daar iets koop nie net my ondervinding

Re: Miroku Mod 70

Posted: Tue Apr 24, 2012 8:28 am
by cjgerber
Dankie vir al die terugvoering. Ekt maar besluit om eers die Miroku op sy te sit omrede ek 'n nuwe geweer kan kry vir paar Rand meer.

Beretta, wat is jou opinie oor die Beretta Silver Pigeon 1 28" vir kleiduif?

Ken julle Lanber en hoe hou dit kers vas by die ander make?

Ek verstaan die geweer moet by my pas, wat presies moet ek voor uitkyk of is dit maar dieselfde as 'n gewone bolt-action geweer?

Groete,
Christo

Re: Miroku Mod 70

Posted: Tue Apr 24, 2012 8:43 am
by Beretta
Jy kan maar die Beretta koop met n geruste hart Lanber los hom maar ook met n geruste hart net daar in die winkel
Beretta

Re: Miroku Mod 70

Posted: Wed Sep 26, 2012 9:50 am
by Christoff Bosch
Ja asseblief los die Lanber in die winkel jy kry ook nie parte vir hulle nie.
Koop 'n Browning of Beretta.
Miroku is ook nice ek hou van hulle maar ons het ongelukkig nie agente in ons land nie.