Page 1 of 1

Groot visserman sterf - Jose Wejebe

Posted: Fri Apr 20, 2012 6:32 pm
by Geno
Manne,
Vandat ek kan onthou, kyk ek Spanish Fly op ESPN.
Daar is min manne met die kennis, ondervinding en integriteit wat Jose Wejebe gehad het.
Hy was 'n top ambassadeur vir die hengelsport, en sal baie gemis word.

Snaaks om te dink, hy het sy eerste 28 marlyne verloor, en eers op no.29, uiteindelik een op die boot gekry. Dis nou uithouvermo?!

http://www.washingtonpost.com/entertain ... inment_pop

http://www.spanishflytv.com/article/mem ... bute-show/


:'(  :'(  :'(  :'(  :'(  :'(  :'(  :'(  :'(  :'(

Re: Groot visserman sterf - Jose Wejebe

Posted: Fri Apr 20, 2012 6:44 pm
by BLOK
Geno wrote:
Snaaks om te dink, hy het sy eerste 28 marlyne verloor, en eers op no.29, uiteindelik een op die boot gekry. Dis nou uithouvermo?!




Wil my wel voorkom asof die man n ding of twee by onse eie nemo kon leer.

Re: Groot visserman sterf - Jose Wejebe

Posted: Fri Apr 20, 2012 6:47 pm
by henried
Nooit, hy het een van die better visvang programme aangebied.

Re: Groot visserman sterf - Jose Wejebe

Posted: Fri Apr 20, 2012 6:58 pm
by Geno
Henrie,
Is juis hoekom ek hom so gaan mis. Hy het altyd verduidelik hoe visse werk, waar om hulle te soek, en hoe om hulle te vang.....

Re: Groot visserman sterf - Jose Wejebe

Posted: Fri Apr 20, 2012 7:57 pm
by KalahariKlong
Ai, hy sal gemis word. Sy kennis en passie vir visvang sal maak dat hy wel nooit vergeet sal word nie.

KK

Re: Groot visserman sterf - Jose Wejebe

Posted: Fri Apr 20, 2012 10:34 pm
by Marc
Dis nou 'n tragedie, ek kyk ook graag na sy stories oor naweke. Gaan hom mis, hy was 'n ambasadeur gewees en sy voetspore l? diep innie sand  ;)

RIP Jos

Re: Groot visserman sterf - Jose Wejebe

Posted: Sat Apr 21, 2012 5:56 am
by DWB
Ai man Geno, dis nou slegte nuus.

Sy programme was uitstekend.

Mag die Here sy familie troos in hierdie tyd