Swak diens

Post Reply
ablm468

Swak diens

Post by ablm468 »

Manne

Ek is nou baie die b.....m in, ek het vir my 'n geweer laat bou by Arms in waterkloof en het puik diens ervaar, die manne het goeie werk gedoen en ek was tevrede met die produk wat hulle gelewer het.

Op grond van my ervaring het my broer ook sy 30-06 Browning daar ingegee in Okt 2011,om 'n nuwe kolf te fit, 'n silencer, guncoate en 'n scope. Eerstens was hulle nie eerlik nie, het gese hulle het kolwe, my broer moet sy geweer daar los, by verdere navrae blyk dit toe dat hulle wag vir die kolwe en dat dit eers in Maart 2012 sou inkom.

Maart het gekom en gegaan en steeds geen kolwe nie, ons is nou al aan die einde April en steeds geen kolwe nie. My broer het toe besluit hulle moet sy geweer net guncoate en die silencer fit sodat hy kan gaan jag. Hy het met hulle afgespreek om die geweer Vrydag te gaan haal, daar gekom, is daar niks gedoen, nadat hulle ges? het die geweer is gereed om afgehaal te word. Die geweer is nie gecoat nie ewe skielik is die silencer soek, niks is gedoen nie, absoluut tragies.

Ek skaam my dat ek ooit my broer na hulle gestuur het, ek sal nie eens my tweedehandse kettie vir hulle vat om reg te maak nie.

Goeie diens is skaars.

Hansman
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Swak diens

Post by Chevvy SS »

Ek voel vir jou.
User avatar
MADFIN
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 am

Re: Swak diens

Post by MADFIN »

My vriend van my het n silencer daar laat maak . Ek het die ding gesien en is glad nie happy nie die ding is groot en swaar  hy het nou besluut om die ding af te haal en daar sonder te skiet.
.22/ 270 / 3006 / 300 WM / 375 RUGER / 12 BOOR OU / 70 pond Bowteck Invation en 2 x 5.5 Air arms 510 FAC
User avatar
Dippies
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm

Re: Swak diens

Post by Dippies »

JA nee dis al wat mens kan se. Het al self so stelletjie gehad met n wapensmit.

Dit voel soms hulle houding is die manne moet wag hulle het ons vakmanskap nodig en dis maar so.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Swak diens

Post by Chevvy SS »

Dippies, daar is vrek baie ouens wat hulself uitgee as gunsmiths. Hulle kos my duisende rande oor jare.

Die goeies is skaars, en baie vol, en het ook nie altyd tyd om skietbaan toe te gaan as hulle klaar aan jou roer ewerk het nie.

Ek weet dis 'n spesialisveld, maar sou graag wou sien dat daar meer van hierdie manne kon wees.
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: Swak diens

Post by Machann »

Hi Hansman. Jammer om dit te hoor. My ondervinding is nog altyd dieselfde as joune gewees.

My geweer is al drie keer by hulle gewees sonder enige probleme. Die eerste keer vir n custom stock wat ek wou he maar gegewe my ontwerp agv my lang bou was hulle eerlik om aan my uit te wys dat hulle nie kolf kan maak werk uit die blok hout wat ek gekies het. daar gelos het ek n kolf van VSA bestel wat hulle in minder as twee maande ge pas en pak het. Laas Donderdag weer ingegee om die kroon te laat sny en hom vandag gaan haal. Ek is ingestel op goeie werk en kon rerig nie iets fout kry met die werk wat hulle gedoen het.

TOV die kroon was hulle helfte goedkoper as ander manne en baie goeie job gedoen.
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: Swak diens

Post by Jacquesb »

'N man se gunsmith is soos 'n vrou se haarkapper. As jy die regte een kry, dan trek jy agter hom aan! Ons laat te maklik ape toe om aan ons kosbare gewere te werk!
Groete
Jacques
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
Post Reply