Page 1 of 2
Dewie se eerste vark
Posted: Tue May 01, 2012 1:40 pm
by Cobus(Cobb)
[img width=560 height=420]
http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... CN0097.jpg[/img]
Die sog is in die Molopo veld omgewing geskiet, sy was blitsvinnig onderdeur die draad, maar wag toe vir haar 4 kleintjies.
Dit was 'n vinnige skoot, so 40 meter, net agter die blad.Sy het so 10 meter gehol, baie bloed verloor en is dood voor ons van die bakkie kon afklim.Sy het so 30kg uitgeslag
Die geweer wat julle sien is die PH s'n, en is wel die nuwe .375 Ruger (dankie Peet vir die leen).
Dewie het daai .375 vinnig reggehad, en was 'n, soos Peet ges? het, "uit die boeke uit"
Vir die manne wat nog gewonder het oor of jy die roer moet of wil koop, ek glo nie jy sal spyt wees nie.
Cheers
Cobus
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Tue May 01, 2012 2:00 pm
by Vlakvark
Dewie
Nee man hoekom vertel jou pa die storie ons wil hom by jou hoor tik boetie jy is dalk 'n klien( Pine)
Baie geluk lyk my jou pa se skiet dae is nou verby as jy al die .375 gebruik hou so aan mooi man
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Tue May 01, 2012 2:41 pm
by Dewie
Hallo oom Vlakvark
Ek was 'n bietjie besig en toe ek in die kamer inloop toe sien ek my pa was kla besig om die foto te post
Dit was regtig 'n opwindende jagnaweek:
Ons was die een aand bietjie uit op die bakkie en toe klap ek 'n springhaas en als.
My pa het 'n "bobo" geskiet , regtigwaar 'n mooi skoot
En ek wil net vir oom Molopohunt baie dankie s? vir die lekker naweek
Groete
Dewie
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Tue May 01, 2012 3:08 pm
by Vlakvark
Ja nee Dewie jou pa se trots loop oor die dat hy jou voorspring
Maar hy mag maar want hy het rede om breebors te loop met jou saam hou dit so jy kan nou maar vir hom die geweer gee om te dra as julle gaan jag dan kan hy hom vir jou terugee vir die skiet werk
Baie mooi Dewie
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Tue May 01, 2012 4:20 pm
by tripodmvr
Mooi so ou bul. Wou nog voorstel dat jy my nuwe 223 gebruik, nou hoor ek jy gooi met die groot goed. Bly om te hoor sekere mense was al in die bos. Vandag probeer watervoels skiet naby Koppiesdam, maar ons het die arm vlugbaan gekry en slegs paar wildemakoue en en Gyppo geskiet. Weer was ook vrekwarm.
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Tue May 01, 2012 8:28 pm
by Biltongjagter
Nou ja, daar leer ek nou weer iets by vanaand, nl. dat hierdie afdeling vir die jong knape, net sigbaar is as jy as lid ingeteken is. Ook miskien maar goed so!
Ek het hierdie opgemerk in hierdie plasing:
Die sog is in die Molopo veld omgewing geskiet, sy was blitsvinnig onderdeur die draad, maar wag toe vir haar 4 kleintjies.
Van kleinsaf is ek geleer dat jy skiet geen vroulike dier wat kleintjies het nie. Verlede jagseisoen kon ek nie 'n enkele koedoe koei te skiet kry nie, want almal het suipkallers gehad.
Hier was nou 'n gulde geleentheid om 'n jong jagter hierdie les in die lewe te leer. Die les om respek aan lewe, veral jong, afhanklike lewens vir hulle bereiking van wasdom - die voortbestaan van 'n spesie dalk - te laat verstaan en dan eerder nie te skiet nie.
Dit maar net my beskeie siening oor hierdie saak.
Groete,
Koos.
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Tue May 01, 2012 9:05 pm
by Cobus(Cobb)
Koos, dankie vir jou insette.
Die bewoording was in die geval verlydend en nie beskrywend genoeg nie, die "kleintjies" was (ek glo) laasjaar se werpsel, en reeds gespeen.
Ons PH sou ons nie toelaat om die sog te skiet indien die kleintjies nie gespeen was nie.
Daar was ook onmiddelik vir melk by die spene getoets en sy was droog.
Dit sal wel gaaf wees as al die manne op die forum dit lees en wel ag slaan op die "nie skiet van diere wat kleinjies of lammers het"
Cheers
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Tue May 01, 2012 9:06 pm
by vlakvark1
Mooi vark en baie geluk.

Ek onthou ook nog my eerste vlakkie wat ek geskiet het 19 jaar terug toe was dit met my aanstaande skoonpa se 303 met oopvisier.

Ek moet by se stem saam met Biltongjagter ek skiet ook geen vroulike diere nie so sorg ek vir die voortbestaan van wild

Re: Dewie se eerste vark
Posted: Wed May 02, 2012 9:20 am
by Raven
Dewie,
Jou klein doring, mooi gedoen en goeie skoot. daar is groot manne wat nog nie eens geskiet het 'n .375 , ek inkluis.
Jy is 'n seun wat enige Pa op trots sou wees, jy moet nou vir al ons "Ooms" belowe jy sal nooit vergeet wat alles jou Pa vir jou doen en waardeur dit.
Raven
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Wed May 02, 2012 9:24 am
by Geno
Dewie jou yster!
Geluk matertjie, dis sommer baie goed gedoen!
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Wed May 02, 2012 10:21 am
by Wouter Roets
Dewie
Baie geluk boeta en Cobb jy kan jouself ook maar op die skouer klop! Dit is heerlik om hier te sit en n jong jagter se vordering te kan dophou. Dewie ons almal is werklik trots op jou! Julle het ook hierdie spisiale ervaring gehad in n mooi deel van ons jagwereld. Peet sommer ook goed gedoen aan jou kant om n jong man en Pa so in hul noppies te los.
Groetnis
Wouter
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Wed May 02, 2012 10:30 am
by BLOK
Aitsa!!
Pragtag gedoen en dit met n 375 daai roer se doppe staan amper so hoog soos jy self en jy skiet sulke mooi skote met hom.
Baie geluk man.
Blok
ps. ek sien pa gaan n paar groot kalibers moet bykoop, hier is n man wat addicted raak aan recoil
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Wed May 02, 2012 1:26 pm
by Gerhard
Mooi geskiet jong man!!!
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Wed May 02, 2012 4:02 pm
by Dippies
Dewie vat die groot ghoon aan om die vark plat te maak.
Mooi Dewie en geluk
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Wed May 02, 2012 9:45 pm
by theedge
Netjie netjies - geluk
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Thu May 03, 2012 9:26 pm
by Dewie
Naand aan almal
Baie dankie vir almal se boodskappe en wense,
ek waardeer dit regtig baie.
Oom Raven ek waardeer dit regtig dat my pa vir ons elke nou en dan 'n
jagnaweek reel
Groete
Dewie
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Fri May 04, 2012 7:39 am
by James Wilson
Baie geluk ou Dewie. en dit met n 375 Ruger. die kaliber pla my vreeslik, as ek my kom kry dan dink ek aan so n geweer. hoe hard het hy jou geskop of is dit n geweer wat jy sal aanbeveel?
kyk nou hoe lekker is dit, ek vra raad by n jong seun wat meer blootstelling het as ek op n sekere gebied. dit is mos nou hoe dit moet werk.
so bietjie van topic af, ek sien die manne skiet nie vroulikke diere nie. dit is seker maar elke man se keuse. ek skiet gewoonlik vroulike diere veral koedoe koeie en vroulike varke. ek eet maar meeste van wat ek skiet en dan sal n vlakvark beer gladnie werk nie.
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Fri May 04, 2012 7:56 am
by Dewie
Oom James,
Daai .375 gaan my en ander ooms stamp as 'n mens skote by die skietbaan aanmekaar skiet, maar in die veld het jy mos bietjie meer adrinalien, dan pla dit nie. My pa s? ook hy skop bietjie harder....maar oom is seker lekker vris en sterk

, oom kan maar koop!!
Ek dink die ooms bedoel maar dat hulle nie vroue diere met suigende kleintjies skiet nie, as jy en almal net manlikes skiet sal dit mos 'n wanbalaans veroorsaak en sal dit nie die spesie behoud help nie.
Groete
Dewie
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Fri May 04, 2012 9:07 pm
by Marc
Baie geluk Dewie
Begin van groot dinge
Groetnis
Marc
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Mon May 07, 2012 2:38 pm
by PITSMIT
dewie jou klein ramkat
pragtig man
ou valkie gaan einde vd maand n takbok en 4 springbokke skiet en dan moet hy nog by oom taffie ook n draai maak vir die blesbok wat die oom hom gegee het
ek sal laat hy die jagte hier kom plaas vir julle
maar nogtans jy is n yster om met daai groot kal te skiet
ek sal laat ou valkie ook kom geluk se hy is maar min hier deesdae want die skool, rugby en skiet kompetisies hou hom maar lekker besig
groete daar grootman
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Tue May 08, 2012 8:17 am
by molopohunter
Mooi Dewie, jy het haar mooi geroer. Jy het daai 375 goed bestuur en die skoot was uit die boeke.
Jou pa se bobbo was ook n baie goeie 1.
Julle sal maar so outjie moet aanskaf, en jy kan nie verkeerd gaan nie.
Van die manne wat oor die vroulike diere comment, as hulle n plaag in n omgewing is moet jy oes, maar sal wel nie n sog laat skiet wat die kleintjies nog drink nie.
Mooi loop manne, weer uit bos toe.
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Mon May 14, 2012 10:22 am
by Monrique (SJ)
Dewie
Sommer mooi gegooi daar op die vark, jou Pa kan waarlik trots wees op jou.
Groetnis
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Wed Sep 12, 2012 8:02 pm
by BLOUVALKIE
joh dewie dis n mooi vark maar die geweer is kwaai skop hy nie kwai nie
Re: Dewie se eerste vark
Posted: Thu Sep 13, 2012 8:50 am
by FHM
Jislaaik ou Dewie jong, daai loop is dan amper dikker as jou arms ou seun

Neewat, dis n man van staal wat so roer kan hanteer op jou ouderdom.
Baie geluk boeta, dis n pragtige 'modderbok' wat jy daar gelooi het!

Re: Dewie se eerste vark
Posted: Thu Sep 13, 2012 9:01 am
by johnny
Dewie
Wraggies jong dis n mooi vark en mooi skoot, se ook vir jou pa dankie dat hy jou so netjies geleer het.
groetnis
Johnny