Page 1 of 1
Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Tue Mar 02, 2010 7:00 pm
by Nico Harris
ek wil vir my n 25-06 koop! ek het twee gewere waar tussen ek moet kies. n Ruger m77 hawkeye of n Remington Mod700 sp. altwee is stainles en synthetic stock. wil dit vir n bakkie gun gebruik. vergeet die kaliber en se vir my watse een van die twee jy sou vat. ek kan altwee van hulle vir R12500 kry. my hart trek n punt na die Remmie toe....
groete
nico
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Tue Mar 02, 2010 7:17 pm
by Rudie Combrinck(9mm)
Nico
Kan nie heeltemal vi jou se wat die beste is nie en smaak verskil mar.
Wat ek wel kan se is dat ek met my Remmington mod700 dik loop baie tevrede is naas natuurlik die Sako.
Sako se aksie is net baie meer gladder as die mod700 sin vir my persoonlik,maar smaak en ervaring verskil.
Jy sal nie spyt kry oor die Remmington nie.( veral nie as dit n.243 is nie)
Groete Rudie
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Tue Mar 02, 2010 7:43 pm
by Nico Harris
ek soek net n goeie werk geweer. niks fancy nie. die sako is smart soos jy se. maar ek wil met die geweer meer skiet as oppas.
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Tue Mar 02, 2010 7:57 pm
by Rudie Combrinck(9mm)
Ek dink die rennie is jou antwoord! Voel baie dieselfde daaroor!
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Tue Mar 02, 2010 8:35 pm
by JOHANNIC
Harris
Ek het nou nie remmie nie, maar wel n m77 ruger varminter 243 en n 338 winmag hawkeye stainles,wat lekker is van die gewere is dat jy maak jou loop skoon vee die geweer af met n lap(as jy wil ) en jy`s klaar,niks se geolie opie loop ens nie,dieselfde met die remmie net so maklik vat die een wat JOU HART

vinniger laat klop
Groete johan
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Tue Mar 02, 2010 9:31 pm
by Christo
Nico
Ek wou eers niks s? nie, skroef eerder vir jou 'n 6mm loop op daai 30-06. Hy sal 'n barshou skiet en dit is mos die kaliber wat jy soek.
'n 6mm skiet in die regte hande net so dood soos 'n 30-06.
Wat s? jy? Goedkoper opsie ook.
Christo
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Wed Mar 03, 2010 6:40 am
by Nico Harris
peersoonlik nie mal oor n 243 nie. het lank 250 Savage geskiet- sy was my droom geweertjie! mos haar verkoop toe doppe te moeilik bekombaar geraak het. die 25-06 is eintlik my tweede keuse en sie ou 250 my eerste keuse. ek het gesien as ek die 25-06 minladings laai is n amper weer waar ek was met die 250. ek hou van daai prentjie en dan sal daai 25-06 seker amper verewig hou.
dit is my 250 Savage en sy was doodlik van 0-300m! alles tot en asook blouwildebees!
groete
nico
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Wed Mar 03, 2010 8:07 am
by Danie Lombard .243
Hallo daar ou Nico.
Watse mooi varkie daar by jou op die foto man. Hy is 'n kneuwel.
Jy raak een van die grootste debate aan in die skiet wereld nl. wat se geweer moet jy koop.
Ek gaan nie nie in tikmasjien mode ingaan nie, maar die lus is groot jong. My 2c,
Kry die een wat jy van hou en wie se trajek jy ken, wat daar voor 'n bars hou slaan en nie jou skouer amputeer nie. Het al baie gesien, oppas vir die one gun man. Hy ken hom uit sy kop uit, hy jag met sy roer hier en daaaaar, bos en vlakte, bok en ongedierte.
Ek en Yollie besit saam 'n hele klomp kal. en as dit my jag kom, vat ek die 243. Ek het nog nooit nodig gehad om my kop in skaamte te sak na 'n skoot met my 243 nie, maar met my .300 win mag moes ek dit ongelukkig op 'n dag doen. Gemsbok in Steenbokpan, te lae kop skoot.
Ek lees jy is lief vir 'n 250 savage. Beslis 'n goeie kaliber. Ek se altyd, Winchester het in my oe die beste kalibers ontwikkel en savage het die akuraatste aksie gebou. My opinie natuurlik, nie die wet van skiet land nie.
Jy sal dus nie fout maak met 25-06 nie. Soos jy weet is dit 'n star wars 250 savage. Jy kan hom laat skilpad of laat vlakhaas.
Baie groete
O ja, waar in die land het jy daai monster vark geskiet?
Danie
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Wed Mar 03, 2010 10:14 am
by tafjak
Nico
Kon jy nie 22-250 doppe opnek na 250 toe nie?
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Wed Mar 03, 2010 3:07 pm
by Nico Harris
Danie- het die vark net buite Melmoth in kzn geskiet tuseen suiker riet en plantasie.
Taffie ek kon dit doen. dit was een van my probleme-doppe. die ander was dat die geweer uitgeskiet was. di toe ek besluit om maar n meer algemene kaliber te kry. die kamer was so groot dat die doppe gebars het na 2 laaie!
ek hou baie van die 25-06. het all manne uitgevat met baie verskillende gewere vir die bobbejane en het gesien as die bobs hardloop en skote word nie so goed geplaas nie hardloop die outjies nogal ver met die 6mm gatjies in hulle. ek weet dis nie n groot verskil nie maar daai 250 van my was dodelik op bobbejane!

Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Wed Mar 03, 2010 3:26 pm
by Gerhard
As ek kon kies sou dit die Rem gewees het maar in 243 Win of 6mm Rem...
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Wed Mar 03, 2010 10:17 pm
by Francois Marais
Nico
Koop die Remington, die kal is ook reg, jy sal nie een dag spyt wees nie, geniet hom.
Mooi loop
Francois
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Thu Mar 04, 2010 1:23 am
by Nico Harris
Francois!
ek like wat jy se!
ek het my ph so twee jaar terug gedoen en hulle het on n gesegte geleer-
TRUST ME! I AM A PH!!
so ek sal maar net dit doen!
groete
nico
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Thu Mar 04, 2010 5:53 am
by Gerhard
Harris30-06 wrote:
Francois!
ek like wat jy se!
ek het my ph so twee jaar terug gedoen en hulle het on n gesegte geleer-
TRUST ME! I AM A PH!!
so ek sal maar net dit doen!
groete
nico
ha ha ha
Nico,
Ek is ook 'n PH...
Maar het lank terug ook geleer daar is manne wat
dink hulle kan PH....
Dan is daar regtig die manne wat weet waarvan hulle praat...
Hier is paar manne wat weet waarvan hulle praat

Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Thu Mar 04, 2010 6:36 am
by Nico Harris
ek dink ek val in die
ek dink klas

ja nee! ek al van daai manne gesien-kan nie verskil tussen n rooibok g@t en sy kop sien nie maar hy's n p-eish pappa! sien nou die dag so seun- in n donkerder skakeuring- hy vertel van al die springboks op sy baas se plaas- in die middel van zululand bosveld

toe ek hom vra om my te gaan wys , wys hy my nyala en se dood ernstig- jy weet mos n springbok het strepe!
WTF!!!
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Thu Mar 04, 2010 9:20 am
by Raven
Harris30-06 wrote:
wys hy my nyala en se dood ernstig- jy weet mos n springbok het strepe! WTF!!!

Jy's nie ernstig nie Harris..
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Thu Mar 04, 2010 9:48 am
by Gerhard
Harris30-06 wrote:
ek dink ek val in die
ek dink klas

ja nee! ek al van daai manne gesien-kan nie verskil tussen n rooibok g@t en sy kop sien nie maar hy's n p-eish pappa! sien nou die dag so seun- in n donkerder skakeuring- hy vertel van al die springboks op sy baas se plaas- in die middel van zululand bosveld

toe ek hom vra om my te gaan wys , wys hy my nyala en se dood ernstig- jy weet mos n springbok het strepe!
WTF!!!
ha ha ha ha
MOOI MAN!!!!
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Thu Mar 04, 2010 11:01 am
by Beyers
Prys van daai spring bok asb?
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Thu Mar 04, 2010 11:43 am
by Brno308 jagter
Manne
Ek ken daai P-eishe.. HaHa.. Soos daai man se daai springbok kos seker 'n plaas se geld.!!
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Thu Mar 04, 2010 11:48 am
by Mac
Raak nou die dag betrokke in 'n geselskap met 'n jong newly certified PH, vertel die vir my dat springbok ooie nie horings het nie, was hy nou vir jou ontstelt to ek begin lag.
Mac.
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Thu Mar 04, 2010 12:42 pm
by Beyers
Springbok ooi het 2 horings, Ram het 3
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Thu Mar 04, 2010 1:02 pm
by Danie Lombard .243
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Thu Mar 04, 2010 1:20 pm
by tafjak
Mac
Gehoor dat die PH-kursus binnekort deur Unisa(korrespondensie) aangebied sal word. Soos 'n carpenter eendag aan my genoem het, die dak word nie deur handtekeninge en papierwerk opgesit nie.
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Fri Mar 05, 2010 5:44 am
by Gerhard
tafjak wrote:
Mac
Gehoor dat die PH-kursus binnekort deur Unisa(korrespondensie) aangebied sal word. Soos 'n carpenter eendag aan my genoem het, die dak word nie deur handtekeninge en papierwerk opgesit nie.
As ek dit reg verstaan het gaan die 10 dag PH kursuse gestop word en dit jou 3 jaar vat om PH te word binne kort.
Dink dit is baie gebaseer op die manier hoe die Zim PH's opgelei word...
Sal maar wag tot dit op wit en swart is...
Re: Watse Geweer moet ek koop?!?!
Posted: Fri Mar 05, 2010 11:59 am
by Brno308 jagter
Gerhard
Ek het dieselfde storie gehoor, maar dat dit nie 3 jaar nie, maar 'n 6 maande voltydse kursus gaan wees.
Maar dis nog net 'n storie, ek reken hulle gaan defnetief die tydsduur van die kursus verander, maar met hoeveel weet ek nie presies nie..
Snaaks dat die staat nie beurse gee vir studente wat vir 'n PH wil studeer nie..

Seker nie genoeg belangstelling nie...
Groete
Brno