Page 1 of 1

karp vang

Posted: Mon May 07, 2012 2:59 pm
by johann
Dagse manne, ek is nie rerag 'n damvanger nie, doen meer flyfishing, maar dit het my ook nou half gevang. Ek wil net by jul hoor of mens nog die tyd van die jaar (Mei) kan vang, of mors mens jou tyd???
Groete Johann

Re: karp vang

Posted: Mon May 07, 2012 3:57 pm
by Gerhard
Johann,

Praat met Geno.

Hy en sy pa maak nogal lekker uit van pap gooi vir mooi karp in die winter.

Re: karp vang

Posted: Mon May 07, 2012 4:17 pm
by Frederik
Johann, die vissies gaan stadig byt maar die verskil in size gaan groot wees as daar groot vis in die dam is. As daar te veel kleintjies is dan word hulle nie regtig groot nie want daar is te min kos. Groot ou damme het gewoonlik paar groot manne wat rondswem.

Re: karp vang

Posted: Mon May 07, 2012 8:45 pm
by johann
Dankie manne, wil ook gou hoor is van julle dalk bekend met "atoom mielie bom"(dit wit poeier wat jy saam met jou mieliebom meng wat blykbaar die lateralelyn van die vis stimileer)???? Het vir my van dit gekry wil net hoor of van jul manne dit al gebruik het??
Groete Johann

Re: karp vang

Posted: Mon May 07, 2012 10:12 pm
by KalahariKlong
Hi Johann,
Jy kan nog vang die tyd van die jaar alhoewel die vis baie moeilik byt. Ek dink die beter opsie sal wees om net so rukkie te wag as jy beplan om iewers heen te ry om te gaan vang. Die oorgang van somer na winter (Mei) is die fluksiasie in weer baie gereeld. Hou maar net jou barometer dop. Sodra hy weer lekker konstant raak en jou dae en nagte dag na dag meer konstant is kan jy weer begin werk aan 'n patroon onm die grotes uit te oorl?.
Indien jy wel nou wil gaan vang sal ek voorstel dat jy voer gebruik met hoe voedingswaarde (hempseed, tigernuts ens). Hou jou aas klein, miskien 'n klein floatie op die punt van jou hoek met 'n wit deeg backing. Hou dan ook jou hoek lyntjies lekker dun, so dun as wat jy gemaklik voel mee en wat jou toerusting (stok, drag op katrol ens) toelaat.

Probeer gerus die deegie:

Degie:

Die deegie is net vir wanner die vis goed byt en jy die tempo nog bietjie vinniger wil maak.Ek moet ook by voeg dat die deegie baie gou af gaan in warm weer.Gebruik gewone koekmeel soos normaal voeg nou twee teelepels bakpoeier by,gebruik nou die wit van twee eiers(slegs die wit) en klits goed deurmekaar.vat nou bietjie suiker en los dit op in warm water, voeg dan die suikermengels by die deeg en begin dit knie(is nogals morserig)gooi nou koekmeel by tot die deeg die tekstuur het waarna jy verlang.die bakpoeier maak dat die deegie lekker lig is en float mooi bokant die bodem.soos ek in die begin gese het die deegie raak gou sleg maar hy werk soos 'n bom


Jy begin eers skoon hengel, maw geen kleursels of geure. As 'n reel hengel ek in die somer soet maw Tjop-Tjop, Hasbeen, Banjo, Almond Supreme ens.
In die winter sterker geure soos Bloekom, Garlic Special; TCP, Duiwelsdrek ens.
In die winter kan jy maar lekker voer gooi, ek voer gewoonlik twee dae en begin die derde dag aktief hengel. Vir 'n korter sessie sal ek minder voer en met my geursels begin speel.
Die belangrikste is om kol te gooi maw probeer jou aas elke keer so na as moontlik op die selfde plek gooi.

Hoop dit help so bietjie, vra gerus as jy nog iets wil weet.

Groete
KK

,

Re: karp vang

Posted: Mon May 07, 2012 10:20 pm
by KalahariKlong
Johann, skuus ek sien jy vra oor atoom se mielie bom.
Dis 'n goeie produk. Ek verkies super cast en dan toor ek hom nog so bietjie.
Toets jou mieliebom. Jy soek 'n prominente wolk wat afgegee word en 'n "besige" mieliebom. Hy moet oor 'n lank tyd konstant kos afgee (laat styg) . Maak dit sin. Ek sukkel nou om myself uit te druk.
Soos ek s? toets jou bom sommer in die bad ;D Gooi 'n bal in en kyk na die vrystelling van die partikels ens. 'n tip wat ek jou hier kan gee is, malasa stroop en kondensmelk maak n baie nooi wolk en gee jou partikels lekker gewig. Onthou net met die maak van jou eie bom, jy wil nie die vis voer nie, net lok en in 'n feeding frenzy sit. Hou jou goed fyn met minimale growwe partikels. Laat jou mieliebom tenminste 'n uur staan voor jy dit gebruik sodat jou partikels vog trek en gewig kry anders is jou bom weg met die eerste vis wat daardeur swem.

Groete
KK

Re: karp vang

Posted: Tue May 08, 2012 2:55 am
by visstok
Winter hengel kan baie opwindend wees. Ek sal aanraai dat jy roei of aasboot gebruik. Dieper water se temp wissel nie so baie soos vlak water nie! Skoon mieliebom met so klein bietjie super sweet, ek hou nie van taai strope in die koue water nie, mieliebom vat klaar langer om te blus en stroop hou hom net nog langer vas. Ek verkies mielies as hoekaas, bly langer op die hoek. As jy bekend is met haarstroppe, kan jy boilies, tigernut en peanuts probeer, maar gewone strope met aas op hoek sal ek 2 mielie pitte op elke hoek sit. Skerp geure, Stuttaford, garlic spesial, bunspice, perdeby, vra by jou naaste hengel winkel vir wat werk nou waar jy gaan vang. So n geheimpie wat ek al mooi karp op gekry het in die winter, Deep heat, die regte deep heat wat atlete gebruik, smeer so bietjie aan jou mieliebom! Stywe lyne! Groete Alex

Re: karp vang

Posted: Tue May 08, 2012 9:35 am
by johann
Dankie visstok en kalahari!! Ek sien nou sommer uit om te gaan probeer! Ek het ook van daardie atoom se floaties, moet se hul hou lank an die hoek en geur hou baie lank. Dankie vir die raad
Gtoete Johann

Re: karp vang

Posted: Wed Jul 04, 2012 12:13 pm
by Lourens Potgieter
Johan, jammer ek sien nou eers heir is 'n hengel afdeling ook....ek is 'n nuwe lid wat so rukkie terug aangesluit het en toe loop ek oom Pine se jagstories raak...en daar verloor ek die res van die forum, hehehe....

Hengel is my passie. Ek hengel kompeterend, alhoewel dit nou eers so 8 jaar deel van my lewe is(daar is manne wat al vir 30 jaar plus die ding doen).....

Ons hengel reg deur die jaar. Een keer per maand klubkompetisie, met liga's , proewe en provinsiale hengel wat dan ekstra is....

ja, die hengel is stadiger in die winter, maar daar is uitsonderings ook. Dit is ook bekend dat die groter vis makliker in die winter uitkom...ek neem aan dis omdat die kleiner karps nie so baie voer nie...die bulle het darem 'n lyf om voor te sorg!

Ek is NIE 'n spesie hengelaar nie, so ek soek nie spesifiek na groot vis nie. My kennis daaroor is maar min. Maar as jy net sosiaal hengel, en nie wil weggaan by die water sonder vis nie, is daar raad.....

Persoonlik hengel ek NIE met Supercast se grondvoer nie....ek sukkel om die goed konstand reg te meng. Dis ook een van die min voere wat regoor die land gebruik word. Ek is van Pretoria, hier gebruik ons Lemmetjies voer of Boulyn voer....daar is wel manne wat hou by Supercast maar hulle raak in die minderheid....wat ek NOOIT doen nie is rondspeel met my grondvoer. Dis die heel eerste ding wat die vis se aandag gaan trek. Ek gooi wel rou mieliegruis in my voer, sommer so terwyl ek aanmaak. Die doel daarvan is om die vis op jou kol te hou. Die gruis is hard, en die vis spoeg dit uit....daar bly dus steeds voer op jou kol.

Soos jy aan my forum naam kan sien(selle op paar hengel forums) is Deeg iets wat ons meeste gebruik. Ek gebruik meestal soet wit deeg(SWD) of Yellow Activator deeg(dis 'n Trucella dip, met knoffel en Amandel as basis geure)

Floaties gebruik ek meestal ongegeurd in geel, wit of oranje(klein floats). Wat ek wel gegeurd gebruik is knoffel floro floaties, en dan die nuwe ding op die mark naamlik bleeding floats(sagte floaties met meer geursel).....dan ook net die wit vampire floatie(weereens knoffel)..reg deur die jaar.

Ons sit gewoonlik 'n floatie net agter die weerhaak van die hoek, met 'n klein stukkie deeg(ryskorrel grote) net agter die float.

Groot geheim is om so klein en lig as moontlik te hengel...dit geld vir die hoeke ook. Ek gebruik Fear None 0,8 grote hoeke, en het my grootste karp ook met die klein hoekie gevang(10,5kg, NIE iets om oor huis toe te skryf nie).....ek gebruik 7 pond hoeklyne, met 'n hooflyn van 7 pond en 'n leader van 18 pond om te keer dat ek als afgooi. Ons mag NET cast, dus die rede vir die dun hooflyn. Hoe dunner die lyn hoe verder die afstand wat jy gooi!

Hoop nie ek vat jou in die gesig met die basiese inligting nie, maar ons ken mekaar mos nog nie en ek help graag :)

Re: karp vang

Posted: Wed Jul 18, 2012 1:36 pm
by johann
Dankie deeg, wardeur die raad. Soos ek gese het ek is maar meer in die flyfishing in, maar die karp vang het my nou self gehook!!

Ek weet nie of jy dalk bekend is met die Krugersdrift en tierpoortdam nie? Het jy vir my enige raad betrekking met die damme??

Groete Johann

Re: karp vang

Posted: Wed Jul 18, 2012 1:53 pm
by FCLoretz
johann wrote: Dankie deeg, wardeur die raad. Soos ek gese het ek is maar meer in die flyfishing in, maar die karp vang het my nou self gehook!!

Ek weet nie of jy dalk bekend is met die Krugersdrift en tierpoortdam nie? Het jy vir my enige raad betrekking met die damme??

Groete Johann
Johann,

As jy Krugersdrift gaan vang vat maar die 9weight saam en vang babers op die vlieg hengel gereedskap.

Re: karp vang

Posted: Wed Jul 18, 2012 3:02 pm
by johann
FCLoretz, ek ken nie die dam nie, ek van douglas en ken die rivier water vang goed. Watter fly's stel j voor vir die babers?

Groete Johann

Re: karp vang

Posted: Wed Jul 18, 2012 3:16 pm
by henried
Ek het al met groot zonkers en wolly biggers sukses gehad.
Weet half a chicken werk ook.

Re: karp vang

Posted: Wed Jul 18, 2012 3:18 pm
by FCLoretz
JM Platanna werk die beste. Sal foto soek en vir jou laai.

Re: karp vang

Posted: Wed Jul 18, 2012 3:42 pm
by Lourens Potgieter
Ken glad nie daai damme nie maar basics is basics.......my aas is by meeste damme dieselfde, en geure ook.....belangrik is om afstand te bepaal wat jy moet gooi.....ons hengel met twee stokke, so jy kan een stok op 50 meter gooi en een op 100 meter.Jy kan die korter stok stelselmatig dieper skuif as jy nie vis kry nie.

Re: karp vang

Posted: Wed Jul 18, 2012 7:42 pm
by johann
Dankie FCLoretz, henried en Deeg vir die raad. Sal bietjie die flieg probeer as dit warmer raak vir die babers.

Groete Johann

Re: karp vang

Posted: Tue Jul 31, 2012 8:57 pm
by KLASIE
Ag ek wil net se  deur my ondervinding  werk n sterker geur soos bloekom olie . pepermint, en as die windwaai all rounder, bunspice en daai goed  een ding om te onthou in my opinie in die winter soek jy  "atractor" skerp geur en n sagte een as hoekaas om te gebruik . as jy deeg gebruik maak hom sag want koue water maak dit hard, as jy praat van n wit streep kan dit n  custard poeier wees gemeng met bietjie caramel poeding in poeier vorm  en groen floro ons noem dit sa-poeier en die hoof doel volgens  my is die poeier laat jou doepa stadiger release  in die water gevolglik  hou jy die geuur langer in die water. ek dink belangrikker is die lugdruk  hoe druk is gewoonlik goeie weer en dalend die teenoorgestelde  , so volgens my as druk styg is jou kanse beter . Dit is n feit dat visse minder aktief in die winter is, maar jy  vang gewoonlik groter visse in die winter , maar dit is my opinie stywe lyne manne