Page 1 of 18
.375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Mon May 07, 2012 7:28 pm
by Gert Odendaal
Vir die manne wat ook belangstelling het in `n self doen geweer bou projek:
Ek is baie bevoorreg om saam met `n vriend van my Johan Greyling(wapensmit/versamelaar/alles self kan doen persoon/kanon bou spesialis) `n jagwapen bou projek te doen. Johan het vir my `n .375H&H aksie en Cogswell&Harrison loop ,`n cv24 BRNO Mauser aksie met `n 3rd graadse Turkse Okkerneut "blank " gegee as `n geskenk om onder sy toesig/ondersteuning en leiding die geweer tot sy vorige glorie op te bou...
Stap 1:
Ek het `n Amerikaanse moderene klassieke kolf ontwerp gekies want ek sal `n teleskoop moet monteer ....(maar ek gaan nog steeds oorspronklike visiere en korrel opsit vir die estetiese waarde...
Ek het fotos opgesit op photo bucket maar die oplaai werk nie lekker nie...ek sal so vyf vyf fotos laai op die posts...
Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Mon May 07, 2012 8:14 pm
by Jagtersdok
Jan jy asb die foto op photobucket metode laai. Van ons manne kan nie sien nie asb
Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Mon May 07, 2012 8:26 pm
by Gert Odendaal
Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Mon May 07, 2012 8:29 pm
by Jagtersdok
Thanx
Ek like dit kwaai om sulke goed te sien
Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Mon May 07, 2012 8:41 pm
by Gert Odendaal
Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Mon May 07, 2012 9:00 pm
by atplay
Ek beny die manne wat so met hande kan vorm en maak ....
Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Mon May 07, 2012 9:08 pm
by vlakvark1
Ja van ons kan maar net droom van so projek
Geniet dit
Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Mon May 07, 2012 9:22 pm
by Gert Odendaal
Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Mon May 07, 2012 9:30 pm
by vlakvark1
Hou ons op hoogte met genoeg fotos en as hy klaar is kan van ons hier op forum hom dalk bietjie toets- onder jou toesig natuurlik

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Mon May 07, 2012 10:16 pm
by Gert Odendaal
Dankie Pine
Ja ek het al gelees en `n 9.3x62 Mauser met `n Drolpeer kolf gesien wat `n persoon van Naboomspruit gemaak het...ek dink dit is `n Johan Bondesio , nie seker oor die voornaam nie maar die van is ek van seker....baie mooi handewerk...sy seun het nou die besigheid...of laaste wat ek van gehoor het....ek dink iewers op die forum is `n man wat `n Olienhout kolf op sy jagwapen het...die Turkse Okkerneut kolf het ek as `n geskenk saam met die loop en aksie gekry...maar ek sal tog in die toekoms miskien `n inheemse kolf projek aanpak...ek wil net meer oor die droging en snitte vir `n geweer kolf weet...die die korrekte droging van so `n 'blank" is baie belangrik...die snit en rigting van die grein bepaal die sterkte van die greepsnit en ontwerp....ek dink ek moet dit op `n 9.3x62 Mauser wat ek nog gaan opspoor wat iewers in `n ou oom se kluis op `n plaas in die Bosveld staan sit...iets van die Bosveld in die Duitse wapenvernuf en ontwerp sit....`n man mag maar droom...

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Tue May 08, 2012 4:44 am
by 404Jeff
Hoe lekker kry ek nou! Het my eerste kolf uit treinslipper met kleinbyltjie en rasper en bytels gemaak in 1980, het vandag nog daai kolf! Vandag baie kolwe later is dit nog steeds lekker gevoel om so pragstuk te skep!
Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Tue May 22, 2012 10:03 pm
by Gert Odendaal
Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Wed May 23, 2012 6:36 am
by DWB
Baie moooi!
Maar daai laaste foto maak my sidder!
Daai Router eet 'n man se vinger vinnig op

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Wed May 23, 2012 6:34 pm
by vlakvark1
Dit lyk baie mooi sover.

Hou van daai hout se kleur

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Wed May 23, 2012 7:15 pm
by Gert Odendaal
Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Wed May 23, 2012 7:53 pm
by Jagtersdok
Dit lyk lekker
Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Thu May 24, 2012 10:08 pm
by theedge
man dit lyk goed
Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Thu May 24, 2012 10:31 pm
by Marc
Gert
Dit lyk flippen nice
Kan sien daars hande daar in en nie masjiene nie

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Wed May 30, 2012 9:37 pm
by Gert Odendaal
Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Thu May 31, 2012 2:19 pm
by Marc
Sop nat s? ek jou, sop nat

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Thu Jun 07, 2012 8:19 pm
by Gert Odendaal
Ek is klaar met die kolf ....die volgende stap is die "bedding" van die loop/aksie...ek moet nog die volgende doen :
Die staal deel van die loop/aksie moet voorberei word om te blou....
Ek moet `n korrel bou wat in swak lig ook redelik kan skiet...voordat ek die blouwerk kan doen...
Ek moet nog die Checkkering doen...het reeds my "checkkering cradle" gebou wat ek moet op begin oefen om my eie checkkering te doen...ek het reeds begin om checkker patrone uit te teken ....my Dembart beitels met die lemmetjies is gereed om mooi patrone uit te checkker....
Ek moet self my eie patrone laai....my eie "gas-check gietvorm patrone giet...ladings uitwerk...ek gaan my ladings op `n 9.3x62 lading laai...
Sal fotos more laai van die "checkerring cradle....as daar manne is wat .375H&H doppe het wat ek kan laai sal ek graag daarvan wil hoor...laat weet wat die kostes is...
Ek moet ook nog die verskillende finale afwerkings op stukke okkerneut toets voor ek die finale afwerking op die kolf gaan doen.
Checkkering cradle...diy...om te leer en te speel...
Hier is `n paar fotos van die checkkering cradle wat ek gebou het...het `n soortgelyke idee op die internet gesien..ek het myne met vierkantige pyp gebou en met sweiswerk en boute en moere aanmekaar gesit...die bed kan op en af stel en teen hoeke stel om gemakliker die checkker wer te doen....as ek goed kan checkker...gaan ek een bou waar jy soos `n tandarts in `n stoel sit en checkker...op die cradle se raam gaan ligte rond skuif om vir my beter beligting te gee...
Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Fri Jun 08, 2012 3:18 pm
by Gert Odendaal
Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Thu Jun 14, 2012 9:01 pm
by Gert Odendaal
Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Fri Jun 15, 2012 8:02 am
by Jean Marais
Hallo Gert
Jy maak mooi jong. Hierdie geweer gaan in sentimentele waarde onvervangbaar wees. Jy moet geniet waarmee jy besig is.
Ek moet ook bys?, dis darem lekker om die regte gereedskap te kan h? om so 'n projek te kan aanpak.
Groetnis
Jean
Re: .375H&H Restorasie en herbou projek
Posted: Fri Jun 15, 2012 8:29 pm
by Gert Odendaal