Jag pryse en verlore jag plekke
Posted: Sun May 13, 2012 2:43 pm
Hi Manne
Ek is bekommerd hoe die jag toekoms gaan lyk. Met die skaars wild en kleure is die wild pryse besig om mal te word en die plekke wat baie baie goeie pryse het, het of amper niks wild nie of die wild is so ingeteel dat jy skaar iets uit hul kry na hul afgeslag is.
Ons springbokke slag nou tussen 25kg en 32kg uit met vel aan, maar ek kan hul amper nie laat skiet nie want om 'n kalahari nou te gaan koop vir jou bloedlyn kos 'n gewone kalahari jou R2500 dan is die bok nie eers iets besonders nie. My laaste ram pryse vir aankoop wat mooi ramme is was R6500 per bok.........so waar gaan die pryse en wat maak 'n mens want niemand gaan springbokke skiet wat oor R1000 is nie?
Die manne in die noorde druk die pryse so hoog met hul koffie springbokke en amarula bokke, nou koop almal gewone ooie, een spesiale ram, swart, wit of wat ookal en nou omdat almal die splits begin teel, stoot die pryse op vir die gewone diere.
Ek is bang vir die pryse in die toekoms as hul alklaar so mal is en ons biltong jag plekke raak elke jaar minder en minder.
Groete