Page 1 of 1

Rooibok Spit

Posted: Mon May 21, 2012 1:42 pm
by sako 30-06
Het enige iemand al rooibok op die spit gesit?
My swaar wil graag een op die spit probeer maar ek weet nie of dit sal werk nie.
Ek het al springbok en vlaakvark op die spit gemaak en altwee was lekker.
Baie manne se die rooiboik gaan baie droog wees,maar as hy gemarinade en gespuit word en dan vol spek.of skaapstervet gestop word kan jy mos net lekker wees?

Re: Rooibok Spit

Posted: Mon May 21, 2012 2:06 pm
by Sarelss
As hy nie vet is nie gaan hy beslis droog wees. Ek wil nog probeer om so droe bokkie met netvet toe te rol wat volgens my kan help met die uitdfroging,
ss

Re: Rooibok Spit

Posted: Mon May 21, 2012 2:13 pm
by Dawid
As die bok goed gestop en gespuit is en deur die verloop van die spit gereeld met olyfolie of gewone sonneblomolie geverf word wat hom mooi seel is daardie vleis sag en sappig.
Moet netnie die korsie (seel) wat hy vorm stukkend maak dat die sappe kan uitbraai nie, hy sal self op n paar plekke oopbars en verf dit dan maar net weer.
Met die sappe wat ingespuit word kan jy maar gerus n bietjie gemaalde naeltjies en koljander bysit.

Lekker eet