Page 1 of 1

338 LM Virgin lading Hulp

Posted: Tue May 22, 2012 4:33 pm
by Marc
Dags?

Ek soek graag raad by die slim manne asseblief. Kan julle bietjie julle gruis stof en QL laat saam loop en kyk of julle my in die regte rigting kan help.

Geweer: Savage 110 BA .338 LM {8,6 x 70}
Loop lengte: 26 - inch
Twist rate: 1:9
Max TPL: 3.600 - inch {volgens wickipedia}

Virgin Lapua doppe: {Lot P00595501}
H2O Kapasiteit van dop: 113,2 grein
Primers: CCI LR Magnum
Kruit: S385 {Nuwe lot, moet nog gaan koop}

Koe?l nr 1:
Lapua Scenars {GB488/Lot P00601901}
250 gr HPBT  {.339"/8.61mm}

Koe?l nr 2 :
Hornady Interlock {#3335/Lot 2110553}
250 gr SP {.338"}

Die hornady's gaan eerste vlieg en sal ek dan die Scenars will b?re vir as ek die roer bietjie beter verstaan  ;) Die TPL kan deur julle aangepas word, ek wil net nie op die lande sit nie, probeer om die loop so bietjie te spaar  8)

Sal julle in ag neem dat ek nie net na 'n node soek nie, maar ook na die laagste ES en SD ook nog. Gaan bietjie kop krap vat en julle moet maar s? wat die rekening beloop  8)

Dankie manne, glo van julle gaan lekker speel  8)

Mooiloop
Marc

Re: 338 LM Virgin lading Hulp

Posted: Tue May 22, 2012 5:49 pm
by tripodmvr
Hornady 250

Begin by 82gr S385 en mikpunt is 2716vps. Gaan op in 1gr inkremente tot 2827vps.

Lapua 250

Begin by 80gr S385 en mikpunt is 2705vps. Gaan op in 1gr inkremente tot 2816vps.

In albei gevalle is die boonste node by max druk so kyk vir slot wat swaar oop maak en plat primers.

Skiet miskien eers 3 skote met albei punte op die laagste ladings en dan kan mens met die spoed wat verkry word jou geweer se werkverrigting kry en QL dan kalibreer om beter berekenings te gee.

Re: 338 LM Virgin lading Hulp

Posted: Tue May 22, 2012 6:45 pm
by Marc
Dankie Oom Marius

Ek het gedink om dalk so te maak, dan kan ek sommer die regte water kapasiteit ook kry, dis nou na die eerste paar skote geskiet is.

Ek mag dalk besluit om my herlaai goetertjies baan toe te vat en daar te gaan speel  8)

Ek gaan net iemand nodig h? aan die anderkant om my te s? of ek moet op of af  ;D ;D

Dankie sov?r, ek het nou 'n goeie begin  ;)

Re: 338 LM Virgin lading Hulp

Posted: Mon May 28, 2012 7:50 pm
by Marc
Naands?

Hy is goedgekeur !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Presies 14 Dae gevat  :o :o :o :o :o :o :o :o :o :o :o :o :o :o :o :o

Teen volgende week sal ek al die mattes presies kan deurgee  8)

Dankie vir al die hulp en raad  ;)

Mooiloop
Marc

Re: 338 LM Virgin lading Hulp

Posted: Mon May 28, 2012 7:53 pm
by Arnold
Marc, Baie geluk! Was dit vir die tydelike permit?

Re: 338 LM Virgin lading Hulp

Posted: Mon May 28, 2012 9:29 pm
by Marc
Arnold wrote: Marc, Baie geluk! Was dit vir die tydelike permit?
Nee MNR dis die lisensie {Sec16}  :o :o :o :o :o

My kaartjie gaan ek Woensdag al h? en sal Donderdag die berg oorsteek en S&O gaan besoek daar in PTA  8)

Daar IS hoop  ???

Re: 338 LM Virgin lading Hulp

Posted: Mon May 28, 2012 10:02 pm
by Arnold
Sjoe ... dit is goed. Ek hoop dit bly so vir almal, weereens geluk!!!

Re: 338 LM Virgin lading Hulp

Posted: Tue May 29, 2012 5:01 am
by Gerhard
Marc,

Baie geluk man 14 dae is blits vinnig...

Geniet daai bul geweer

Re: 338 LM Virgin lading Hulp

Posted: Tue May 29, 2012 1:01 pm
by Marc
Dankie manne

Die kaartjie land vandag in Sasolburg, is seker al oppad van Bloem af soos ek nou hier tik  8)

Mooiloop
Marc