Page 1 of 1

Conveyor Belt

Posted: Tue May 22, 2012 8:52 pm
by Vasvat
Weet enige iemand wat die huidige 2de handse pryse is, waar en hoeveel mens kan kry?
Vasvat

Re: Conveyor Belt

Posted: Tue May 22, 2012 8:56 pm
by Rasmus
Vasvat

Waar bly jy? Hoeveel soek jy?

Kan dalk probeer uitvind hier in ons omgewing.

Groete

Rasmus

Re: Conveyor Belt

Posted: Tue May 22, 2012 9:19 pm
by junglejulian
koste in bloemfontein is R5/kg wat so R100/m2 uitwerk.hang dan net af van die dikte.rolle is gewoonlik so 500mm/1200mm wyd en enige iets van 1m tot 30m.ek gebruik dit gereeld as runways vir verspring putte.op die hoeveld waar baie steenkool myne is kan jy seker ook regkom.

Re: Conveyor Belt

Posted: Wed May 23, 2012 7:28 am
by Vasvat
Ek bly in die hartjie van die karoo, so nader sal defnitief beter wees.

Re: Conveyor Belt

Posted: Wed May 23, 2012 7:31 am
by Rasmus
Ons is bietjie wyd. Indien jy nie reg kom nie laat weet maar dan kan ek uitvind hier in die Middelburg, Witbank omgewing.

Groete

Rasmus

Re: Conveyor Belt

Posted: Wed May 23, 2012 7:51 am
by Dawid
Rasmus,

Net vir interresantheid vind asb n bietjie uit, n man kan altyd n plan maak om die goed te transport.

Groetnis

Re: Conveyor Belt

Posted: Wed May 23, 2012 8:30 am
by Rasmus
David

Sal bietjie uitvind. Hol net bietjie rond maar sal kyk waar ek n prys kan kry.

Groete

Re: Conveyor Belt

Posted: Wed May 23, 2012 9:05 am
by Herman Venter
Vasvat,
Hier by ons in kathu kry mens die 2de handse vervoerband vir R500 n ton, dan lyk daardie band nog soos n nuwe een! Maar dit is nou biki ver vir jou!

Groete
Herman

Re: Conveyor Belt

Posted: Wed May 23, 2012 12:46 pm
by Dawid
Herman,

Jy praat so in my kraal, Kathu is net om die draai.

Groot ASB kyk wat jy kan doen, ek sal kom haal.

Groetnis

Re: Conveyor Belt

Posted: Thu May 24, 2012 12:52 pm
by Herman Venter
Dawid,
Ek sal in die week gou vir jou uitvind of daar beskikbaar is. Ek laat weet jou!

groete
Herman

Re: Conveyor Belt

Posted: Thu May 24, 2012 1:17 pm
by Dirkie Burger
Herman

Laat weet my ook groot asb. Is naby Griekwastad omgewing en kan plan maak

Thanks

Dirkie

Re: Conveyor Belt

Posted: Thu May 24, 2012 1:41 pm
by Carl
Elke myn dorp het omtrent 'n verkoper van 2de handse belde. Jou moeilikheid is die vervoer koste! Die Karoo is ver van alles so jy gaan hoes.

Probeer uitvind waar is die naaste myn aan jou, kyk of jy kan regkom in die naaste dorp aan hulle. Onthou sommige belt het staal in wat dit duursaam maak maar natuurlik swaarder - hantering en vervoer is by staal 'n probleem.

Re: Conveyor Belt

Posted: Mon May 28, 2012 8:59 am
by Vasvat
Dankie manne vir al die moeite, lyk my daar is sommer heelwat van ons wat belangstel. Hier by ons (Loxton) is die myne maar min, inteendeel hier is glad nie. Ek soek ook na die belt wat nie staal in het nie, wil dit gebruik by bokkrale en in bomas. R500/ton behoort omtrent R20/meter te wees as ek korrek is, klink glad nie sleg nie. Het gehoor van 'n man in die weskaap wat praat van R15/meter, kry hom net nie in die hande nie! Laat weet my as julle regkom in Kathu, het familie daar so dalk moet ek gaan kuier!
Willie

Re: Conveyor Belt

Posted: Mon May 28, 2012 10:41 am
by Francois Briedenhann
R2.50 n kg(dun want) 80c n kg(duk want) Kathu is net so goed soos nuut!kan in rolle koop ook selle pryse per kg. Pm my maar net was nou net daar gewees daar is hosrdes!kan koop maar ongelukig nie kom aflewer nie. Manne ekt ook met die man gepraat wat werk by die skroot jard hy se dis tussen 2cent en 5cent n kilo!!!!!!!!!!!!hy kan dalk vekeert wees ek weet nie sal net ytvind
Groete FB

Re: Conveyor Belt

Posted: Mon May 28, 2012 8:28 pm
by Christo
Dawid wrote:
Herman,

Jy praat so in my kraal, Kathu is net om die draai.

Groot ASB kyk wat jy kan doen, ek sal kom haal.

Groetnis
Dawid, ons moet praat, jy sal moet saambring as jy daai planter kom haal. Ek soek dit met materiaal en nie met staal. Sommer 'n ton.

Re: Conveyor Belt

Posted: Tue May 29, 2012 6:11 pm
by Vasvat
Francois waar is die man wat jy van praat of dan waar bly jy?

Re: Conveyor Belt

Posted: Wed May 30, 2012 6:56 am
by Francois Briedenhann
Vasvat

In Kathu.Koop by die myn die conveyor belt is in baie goeie kondisies

Groete FB

Re: Conveyor Belt

Posted: Wed May 30, 2012 7:52 am
by Vasvat
Gaan bietjie my swaer bel, laat hy gou die manne loop byloop vir my, dankie vir jou moeite Francois.