Page 1 of 1

Geelmielies

Posted: Wed May 23, 2012 6:15 am
by Dawid
Is daar nie dalk iemand in die Wes Transvaal, Wes Vrystaat wat bietjie oorskot geelmielies het nie? ( 2-3 ton)......Handelaars maak n man dood met hulle pryse.

Groetnis

Re: Geelmielies

Posted: Wed May 23, 2012 8:53 am
by Foxhound
tot waar sal j ry,ek is van bloem maar doen bemarking vir manne tot in bultfontein,

Re: Geelmielies

Posted: Wed May 23, 2012 12:48 pm
by Dawid
Foxhound,

Bultfontein is sommer naby aan Bloemhof........as die prys reg is ry ek baie dankie

Groetnis

Re: Geelmielies

Posted: Wed May 23, 2012 1:24 pm
by tafjak
Dawid

H?l, maar jy boer groot met duiwe! :D

Mooiloop

Re: Geelmielies

Posted: Wed May 23, 2012 1:46 pm
by Dawid
Taffie,

:laugh: :laugh:As dit maar duiwe was kon n man maar net nekomdraai en pasty maak... :laugh: :laugh:Die varke en skaap vreet man vrek, grond is klein en weiding min agv "ons uitstekende reenseisoen" en die winter begin nou eers.

Groetnis

Re: Geelmielies

Posted: Wed May 23, 2012 2:06 pm
by Jakkalsgat
Dawid

Ek het vir jou broodkrummels vir daai varke, R 30 per sak (50kg soutsakke) in Bloemfontein.

Groete
Jaco

Re: Geelmielies

Posted: Wed May 23, 2012 2:13 pm
by tafjak
Dawid

Ja, die mielietjies gaan nog duur word as ek so na die Mielieboere luister, dan nog swartryp ook al gehad en redelik mielies geknou.

Verlede jaar ruil ek nagsigscope vir mielies(teen R80/sak, R1600/ton) en ek dog dis bietjie dik, maar is nou nogal bly omdat die mielies eers Julie by my gaan aankom en gaan nodig h?.

Mooiloop

Re: Geelmielies

Posted: Wed May 23, 2012 2:15 pm
by Dawid
>:( >:( Jaco, dis nie sommer net daai varke nie.....dis grend varke.. ;D ;D Die manne wat gaan jag gaan aan die einde van die seisoen se kant nog huil om vark en spek in die hande te kry dan stoot en my prys heerlik op.. ;D ;D

Sal jou kontak dankie Jaco....Dis reg vir die speenvarkies

Groetnis

Re: Geelmielies

Posted: Wed May 23, 2012 2:19 pm
by Dawid
Taffie

Daai was n amper verniet prys wat jy daar beding het.....manne se pryse raak nou rof.....grondbonehooi laasweek dan R 1 200-00 betaal per ton

En om als te kroon kry ons bykans boggerol as ons vleis verkoop nie..ai jai jai

Groetnis

Re: Geelmielies

Posted: Wed May 23, 2012 2:27 pm
by Jakkalsgat
Dawid

As jy krummels en wy meng werk dit nogal lekker veral vir porkers maar jy moet maar dophou want hulle tel vinnig vet op.

Groete
Jaco