Page 1 of 1

Roep van Jakkalse en Rooikatte in die Bosveld

Posted: Wed Jan 21, 2009 8:06 am
by Freek
Oom Hein, dankie vir 'n puik produk op jou opleidings DVD! Man het ek dit nou geniet om na die spulletjie te kyk dit was nou net die regte kos om die jakkals jag koors oordentlik by my aan te vuur... 8) Tot my vrou begin al met 'n ander oog na my skietstoel bou projek kyk - ek het aanvanklik teen kanting van haar gekry aangesien sy onder die indruk is dat 'n gewone tuinstoel agter op die bakkie ook kan doen, hoekom nou deur al die moeite en geldspandeer gaan om draai skiet stoel te bou. Jou opleidings DVD het die verduidelik werk aan haar soooooveel vergemaklik  ;) Gin wonner die groenes raak bekommerd nie, jy skiet omtrend die hele Karoo leeg op daai DVD  ;D\

Een belangrike punt wat ek opgemerk het toe ek na die storie kyk en ek wil jou nie kritiseer nie, jy behandel geen skiet tegniek vir die bosveld wereld nie, alles word behandel oor die wye oop vlaktes. Maar aan die ander kant is dit seker waar meeste van hierdie probleem diere skade maak.

Ek het die volgende ondervinding gehad toe ek vir die eerste keer my toerusting in die bosveld uit getoets het. Nadat ek my caller, CD's, riostaat lig van Tewis in ontvangs geneem het het ek so 15:00 die middag stelling in geneem in een van die uitkyk poste op die plaas (voertuig was nie naby nie - by die huis gelos) die uitkyk pos is gelee naby 'n grond dam met 'n redelike wye oop land daarom, gras lekker kort. Ek stel toe die remote reg op volgens die wind rigting ens.  - omtrend so 50 tree van die uitkyk pos af. Wag toe 5min in stilte en laat waai toe met jakkals "locator" met geen reaksie van die jakkalse. Wag toe so 2 min en speel vlakhaas distress met wag poses tussen in, niks gebeur nie. Omtrend so 40min nadat ek begin roep het, het ek vir 'n oomblik my oog van die remote/speaker af gehaal en toe ek weer terug kyk staan jakkals teef omtrend 5 tree van remote/speaker af. Sy het kort daarna verkas na beter wy velde. Stuur toe vir nefie om Jakkals te loop optel en nader te sleep tot by remote/speaker. Nadat ek geskiet het was daar 'n breuk van om trend 30min voordat ek weer begin roep het met jakkals baklei, gevolg met jakkals distress en so 15min daarna kom 2de teef in tot omtrend 100m van waar ek sit, sy steek toe vas en gaan le plat in die gras dat net haar koppie uitsteek. Ek probeer toe kop skoot met 303 maar skiet mis... :-[, nie weer 'n skoot kon inkry nie. Ek was na die episode baie beindruk met die belegging in die roep toerusting, dit lyk of dit werk :)

Die 2de keer was ek en Michiel saam in die nag met Takuza (1982; V8 CHEV SILVERADO) op die selfde plaas. Ons neem toe stelling in naby die westelike grens van die stuk grond met 'n redelike oop area skuins voor ons waarin ons toe die remote/speaker plaas (hy was omtrend so 50 tree voor die bakkie en 40 tree links teen die wind m.a.w ons staan to 50 tree onderkant die wind), agter ons was daar ook 'n redelike oop land met lang gras. Ek laat waai toe met "locator" en onmiddelik antwoord die Jakalse agter ons in die lang gras, ons lig maar sien niks - gras is te lank. Hou aan roep met vlakhaas distress met nodige wag poses tussen maar niks kom in nie. Speel so 40min later weer lokator en weer antwoord jakalse agter ons in lang gras, omtrend 50 meter van bakkie af maar hulle wil vir niks inkom na die caller/speaker toe nie en ons kon geen oe optel a.g.v. lang gras nie. Het toe later op gegee, en huis toe gekeer. Ek besef toe dat dit belangrik is om in 'n area te roep waar jy tot op die grond (laer as die laagste gras) om jou kan sien, anders lag hulle jou uit tussen die lang grasse.

Re: Roep van Jakkalse en Rooikatte in die Bosveld

Posted: Wed Jan 21, 2009 9:04 am
by Caller
Terminator

Sorry dat ek inchip. Jong jy het mos lekker afgeskop met die dag roepery. Nou ja ek ken die Noord Transvaalse Bosveld maar sleg, maar ek verstaan die jakkalse wemel daar soos vlooie op 'n blourug se rug.

As jy nie kan sien nie, kan jy nie skiet nie, en dan leer jy vir meneer. Soos jy self uitgevind het, geld bogenoemde stelling vir die dag ook. Ruig bos bly maar moeilik met die roepmetode, maar 'n boer maak mos maar altyd 'n plan.

Nee, jy kom mooi reg, doen so voort.

Caller 

Re: Roep van Jakkalse en Rooikatte in die Bosveld

Posted: Wed Jan 21, 2009 11:33 am
by jaracal
Terminator
Een wesenlike fout wat baie beginners en self ouens wat redelik lank roep maak, is om jakkalse nader of uit 'n plek te probeer roep as hulle wind-af is. Dit is werklik 'n seker manier om hulle roepsku te maak of al dan te leer. Sodra daar agter gekom word dat jakkalse wind-af is, staak die roep onmiddelik. Wag 20 minute in stilte, lig so nou en dan en indien niks in die stilte reageer of inkom nie, skuif wind-af van waar die jakkalse is en roep die jakkals dan in. Baie belangrik.
Die tweede fout wat gewoonlik gemaak word is wanneer op 'n jakkals afgery is, om die jakkals nader te wil roep. Albei gevalle fataal. Baie jonges word op die laaste metode gedood maar dit leer hulle net so vinnig as die maatjie geskiet word en een of twee bly oor.

Sterkte

H

Re: Roep van Jakkalse en Rooikatte in die Bosveld

Posted: Wed Jan 21, 2009 12:32 pm
by Freek
Ooooooops! :-[ Ja so leer mens, dis nou een goeie ding van die forum hier bespreek ons goeie en slegte ervarings en help mekaar terug op die pad... Hoop net ek het daai jakalasse nie te slim gemaak nie, het so 3 weke laas daar geroep - hopelik het hulle vergeet...

Re: Roep van Jakkalse en Rooikatte in die Bosveld

Posted: Wed Jan 21, 2009 12:38 pm
by Freek
Nog 'n vragie Hein, m.b.t die rooi kat wat jy op die DVD geskiet het, ek sien jy maak gebruik van die "kiss-of-death" (my vrou het dit jare terug toe ons nog net gevry het ook op my toe gepas, ek sal nou seker my hele lewe moet af sloef om daai skuld terug te betaal - LOL!!!), reageer rooikat net op dit of roep jy hom in met normale kos klank en gebruik dan net die "kiss-of-death" om hom daai laaste bietjie nader te kry?

Re: Roep van Jakkalse en Rooikatte in die Bosveld

Posted: Wed Jan 21, 2009 12:52 pm
by jaracal
Terminator
Die springhaas klank werk die beste vir my op rooikatte. Ek het met baie ander klanke rooikatte ook ingeroep maar die hoogste sukses is met springhaas. Die foxpro klanke grey squirrel  distress het ek gesien bring hulle ook vinnig nader.
Ja-nee ek dink die meeste mans het geval vir die vrouens se "kiss of death", soos die roofdiere het ons ook nie geweet dit is dodelik nie.LOL. Maaaaaar ek sal nie sonder haar kan leef nie.

Net 'n ander punt, as jy jakkalse op 'n plek gemis het en hulle het jou agter gekom assosieer hulle die plek met gevaar. Skuif so 300-400 weg en roep van daar.

Groete

H

Re: Roep van Jakkalse en Rooikatte in die Bosveld

Posted: Wed Jan 21, 2009 2:18 pm
by Freek
:) :D ;D Ja nee sal ook nie maklik sonder myne kan leef nie... Dankie vir die info.

Re: Roep van Jakkalse en Rooikatte in die Bosveld

Posted: Thu Jan 22, 2009 9:54 am
by Caller
Hoor hier manne, ek dink julle het die jakkals dalk net aan die stert beet.

My oom het altyd ges?, as jy eers in daai spookspoor getrap het, is dit verby. Ek probeer nounog "uitfigure" wat hy daarmee bedoel het. LOL.

Caller

Re: Roep van Jakkalse en Rooikatte in die Bosveld

Posted: Thu Jan 22, 2009 10:05 am
by Freek
Spookspoor?  :o Dis 'n nuwe een, hoe kom jou oom op daai naam Caller? Of mag ons dit nie hier bespreek nie...

Re: Roep van Jakkalse en Rooikatte in die Bosveld

Posted: Thu Jan 22, 2009 11:34 am
by Caller
Terminator

Jong hy was ook maar 'n Namakwalanner nes ek. Nee die ding staan so.

Kyk man, 'n spookspoor is soos weerlig, jy tjyk nie vir hom nie maar jy kannie anners as om hom raak te sien nie. ;D

Caller

Re: Roep van Jakkalse en Rooikatte in die Bosveld

Posted: Thu Jan 22, 2009 5:27 pm
by Freek
:D :D ;D ek sien Caller, jou oom kan 'n ding raak verduidelik...

Hier is 'n foto van 'n kietsie wat nie wou luister toe ek hom roep nie... toe gaat haal ek vir hom >:(

Image

Re: Roep van Jakkalse en Rooikatte in die Bosveld

Posted: Thu Jan 22, 2009 9:00 pm
by jaracal
Daar is 'n spreekwoord in afrikaans wat nie hardop uitgespreek of geskryf mag word nie en die ou doen dit wrintie waar. Wie het op 'n plek gepraat van 'n kopdokter. Het julle die tel nommer dan kan ons dit vir die ou stuur.
Groete
H

Re: Roep van Jakkalse en Rooikatte in die Bosveld

Posted: Thu Jan 22, 2009 9:12 pm
by tafjak
Hein

Ek weetie of die kopdokter sal help nie, lyk meer vir my na 'n "lost case". Al wat ek weet as ek in darie omgewing jag sal ek die Landy maar extra reverse gears moet laat insit.

Taffie

Re: Roep van Jakkalse en Rooikatte in die Bosveld

Posted: Thu Jan 22, 2009 9:21 pm
by jaracal
Naand Tafjak
Wat soek jy by die huis, moenie vir my se die wind waai al weer te veel nie. Ek dink dit is die waaier in jou kamer wat jou laat dink die wind waai. ;D

Nadat daai leeu die ou opgevreet het gaan hy 'n lost case wees ja, ek stem ook vir 'n eerste tot 4de gear in reverse. Dit sal nogal handig te pas kom om spoed op te tel. Ongelukkig gaan die bome my eerste tref wat agterop sit met die terugvlie.

H

Re: Roep van Jakkalse en Rooikatte in die Bosveld

Posted: Thu Jan 22, 2009 9:25 pm
by johan
Daai man soek mos moeilikheid met daai oom se kn.....sorry teelballe,dis nou n resep om opgevreet te word!!

johan...QBE

Re: Roep van Jakkalse en Rooikatte in die Bosveld

Posted: Thu Jan 22, 2009 9:38 pm
by tafjak
Hein

Ek het nou net ingeklok by die landy, wind het sopas gaan le. Hein, maar watte week vir my. Ken jy nie toevallig Toorwater se wereld nie, daar sien toe amper my gat tussen darie vlekke. Belowe ek sal gaan jag as ek nie iets nuuts sien op die site nie!!!!

Taffie

N.S. Gaan kyk by weersomstandighede, die tyd van my reply en dan lyk my ons hou die tyd en jagmanne dop.

Re: Roep van Jakkalse en Rooikatte in die Bosveld

Posted: Thu Jan 22, 2009 9:56 pm
by Freek
Ja anders as die "kiss of death" wat mens vir rooikat se tjend gebruik, is die pic hier bo nou 'n tipiese voorbeeld van die "death grip" wat op leeu toe gepas word - werk uitstekend. Elke keer as ta nie wil saam werk nie dan verstewig jy maar net die greep, bring hom tot op sy kniee... ;D    Dis 'n kwessie van wie het die hef in die hand. (Ek ken 'n paar manne wat se vroue die selle prinsiep op hulle toepas, kry hulle maar jammer, daai is 'n lelike greep.)

Re: Roep van Jakkalse en Rooikatte in die Bosveld

Posted: Fri Jan 23, 2009 8:08 am
by JACQUES BOTHA
EK HET EEN NAG GAAN SKIET / ROEP BUITE KIMBERLEY BY ANDRE VENTER EN CHRIS BADENHORST SE WILDSPLAAS.
HULLE HET NIE SAAMGEGAAN NIE, MAAR TOE EK DAAR AANKOM , KRY EK DIE VOORMAN EN HY SOU DIE AAND BESTUUR..
EK LEES DIE WIND TOE DIT SKEMER WORD... EN BEDUIE DIE DRYWER ONS GAAN HEEL LINGS TEEN DIE DRAAD BEGIN EN WINDOP DEUR DIE PLAAS WERK..
DIE HEEL EERSTE ROEPPLEK SOEK EK UIT TEEN DIE DRAAD. LEKKER OOP GROND AAN MY REGTERKANT , SIT STIL VIR 10 MINUTE EN TOE EK DIE EERSTE JAKALS KLANK SPEEL...
MENERE TOE BRUL DAAI LEEU HIER TEEN MY DAT EK SY ASEM HOOR STINK ... EN HY MY SKOENVETERS HOOR KLAP TEEN DIE SKOENE SOOS EK BEWE VAN DIE SKRIK,
DAAI MANEER BRUL DAT DIE BAKKIE BEWE MANNE .. EK SKRIK VIR MY BYNA IN N NUWE BLOEDGROEP IN, EK HET MOS NIE SO IETS VERWAG NIE... DAAI MANNETJIE HET SKAARS 5 TREE VAN MY AF GELE... GELUKKIG AAN DIE ANDERKANT VAN DIE HEINING EN DIE VOORMAN BEDUIE MY TOE MOOI,,,DIS DIE BUURMAN SE LEEUS .....
SO ENIGIETS KAN REAGEER OP KLANKE.....SELF EKKE HET REAGEER....

Re: Roep van Jakkalse en Rooikatte in die Bosveld

Posted: Fri Jan 23, 2009 8:58 am
by Freek
:D :D :D ;D Ek kan myself nogal indink Meso, ek moet bieg ek het baaie respek vir daai vuilbaarde. As daai baas eers praat, en dis naby, dan waarsku jou binnegoed jou om eerder laag te le en uit sy pad te bly...