Page 1 of 1
Slyp-hoek van 'n slag mes?
Posted: Thu May 24, 2012 3:34 pm
by henried
Teen watter hoek sal mens 'n slagmes slyp?
Gaan die slyhoek van jou skinner dieselfde wees?
Wat beveel julle aan: Lansky of Worthog?
Ek wil beide messe en broad heads slyp.
Re: Slyp-hoek van 'n slag mes?
Posted: Thu May 24, 2012 3:45 pm
by Carl
Lanksy, en ek werk nou op 17 grade vir al my messe by die huis.
Maar omdat ek verkies om met 'n baie skerp mes te slag en dus gereeld wil skerp maak gebruik ek nou een van Smiths se klein slypers. Dis klein genoeg pas sommer in jou broeksak. Die goed werk soos 'n droom en beskadig nie my messe nie. Vir R50 kan jy dit nie klop nie.
Re: Slyp-hoek van 'n slag mes?
Posted: Thu May 24, 2012 5:23 pm
by henried
Dankie, ek soek die warthog multi edge 220, maar kry net Landsky in Vanderbijlpark.
Re: Slyp-hoek van 'n slag mes?
Posted: Thu May 24, 2012 5:48 pm
by Cobus(Cobb)
Henried, bel Champions in Vereeniging, of ry Bloumeul toe in Alberton
Cheers
Re: Slyp-hoek van 'n slag mes?
Posted: Thu May 24, 2012 5:56 pm
by molopohunter
Ons cape en slag daagliks en ek self begin my messe op n lansky met 20 grade en "touch up" met die warthog met course steentjies.
Dik vel diere doen ek op 25 grade want jy hoef nie na 2 snye skerp te maak nie. Onthou, hoe kleiner jou grade, hoe skerper jou mes, maar word ook weer vinniger stomp.
Re: Slyp-hoek van 'n slag mes?
Posted: Thu May 24, 2012 6:25 pm
by Gerhard
Ek slyp my messe en my Slick Trick Lemme op 27?.
Hulle is bang skerp nadat ek die Warthog Multi Edge leer gebruik het.
En dan word die lemme nog gestrop ook...
Re: Slyp-hoek van 'n slag mes?
Posted: Tue May 29, 2012 10:46 am
by johan1
Terwyl ek slag gebruik ek daai slagter se slypstok, werk vir my soos n bom, daarna gaan ek maar weer na my masjien toe op 600gr skuurband en tel weer edge op. Was die naweek wat verby was by oom in morgenzon en hy het so warthog slypertjie gehad. die dingetjie het my nogal impress
Re: Slyp-hoek van 'n slag mes?
Posted: Tue May 29, 2012 9:23 pm
by JPS
Vulkanus,Werk basies soos warthog maar het nie al die springs en goete nie.
Maar maak BAIE skerper as Warthog......
Mybe by SO gekoop.
Mooiloop
Re: Slyp-hoek van 'n slag mes?
Posted: Sat Jun 30, 2012 1:39 pm
by quintin
man as jy n slyp masjien het 18 grade, of anders gebryk n lansky teen 20 grade
Re: Slyp-hoek van 'n slag mes?
Posted: Wed Mar 12, 2014 2:32 pm
by Fanta300
Het iets gesoek oor slyp hoek toe kry ek hierdie ou post> Kyk ook gerus hierna:
http://www.sharpeningsupplies.com/Tips- ... 4C116.aspx
Re: Slyp-hoek van 'n slag mes?
Posted: Wed Mar 12, 2014 2:38 pm
by henried
Baie dankie.
Re: Slyp-hoek van 'n slag mes?
Posted: Wed Mar 12, 2014 3:50 pm
by henning
Manne, ek wil julle gou iets vertel van mes skerp maak.
Maak eers jou mes skerp teen n skerper hoek, 17 grade. Dit sal n tydjie vat.
Daarna maak die mes net so n bietjie skerp teen n 20 grade hoek.
Die konsep is dat 20 grade gaan langer vat om stomp te raak en as jy hom weer moet skerp maak, gaan dit net n vinnige paar trekke met die steen vat om hom weer so skerp te kry soos oorspronklik.
Dit gaan oor die hoeveelheid staal wat jy moet weg slyp op n slag om hom skerp te kry.
Ek kan nou ongelukkig nie n prentjie teken om die konsep te verduidelik nie.
As jy al jou skerpmaak teen een spesefieke grade hou sal jy sien daar is baie meer staal om weg te vat om weer by skerp uit te kom.
Groete
Henning
Re: Slyp-hoek van 'n slag mes?
Posted: Wed Mar 12, 2014 4:28 pm
by alecjohnson
Slagmes: 30
gewone gebruik mes: 20-25
vleis sny in snitte: 17
ek gebruik lansky
Re: Slyp-hoek van 'n slag mes?
Posted: Wed Mar 12, 2014 6:06 pm
by GERT vd M
Ek het nou maar op n standaard van 25 besluit op al my messe met die lansky en dan gee ek hulle so paar hale op 30 met die fyn steen. Die rede vir dit is dat n ou deurmekaar raak en dan het jy baie werk om die hoek weer te verander en ek het gevind my messe bly langer skerp
Groetnis
Gert