Page 1 of 1
spring zebra?
Posted: Fri May 25, 2012 2:05 pm
by Francois Briedenhann
Middag manne.
Ek wil weet of n zebra n gewone beesdraad sal spring?het nog nooit gehoor van zebra wat spring nie?
Groete FB
Re: spring zebra?
Posted: Fri May 25, 2012 2:31 pm
by Dawid
Francois,
n Paar Zebras bymekaar kan n naarhyd word. As hulle gepla word en hulle begin maal en die okkerneute begin kraak hol hulle n beesdraad nou moeg.Dit baie jare terug in "Rhodesie" gesien.
Andersins sal hy maar soos n Donkie en n Gemsbok probeer kruip.
Groetnis.
Re: spring zebra?
Posted: Fri May 25, 2012 2:33 pm
by Jakkalsgat
Francois
Hulle breek wel uit gewone beesdraad neem aan hulle spring ook maar in die drade en val oor maar slegs as hulle gejaag word, as 'n reel breek hulle nie sommer deur nie.
Groete
Re: spring zebra?
Posted: Tue May 29, 2012 6:14 pm
by Vasvat
Het hulle al 'n draad wat uit 12 drade bestaan sien plathardloop, die voorstes hardloop vas in die draad dan begin die res spring en sports maak!
Re: spring zebra?
Posted: Tue May 29, 2012 6:50 pm
by JK
Normaal weg sal hulle onder deur probeer kruip waar die draad bietjie hoer is van die grond soos in n lopie ens, maar as hulle skrik en die draad is in die pad, bly daar nie veel van die draad oor nie.
Re: spring zebra?
Posted: Tue May 29, 2012 7:03 pm
by DWB
Ek het al een sien probeer spring... Hy is eventueel oor...
Re: spring zebra?
Posted: Wed May 30, 2012 8:30 am
by Francois Briedenhann
Baie dankie manne.
Die ding is ek begin wild boer het al springbokke gemsbokke en blesbokke.Nou wil ek nog tiepes spesies kry wat nie draad spring nie.Kan enige iemand dalk aan nog wild dink wat nie spring of draad verniel nie?
Groete FB
Re: spring zebra?
Posted: Wed May 30, 2012 8:34 am
by grumpy
Renoster en Buffel!!!!
Kameelperd klim oor!!

Re: spring zebra?
Posted: Wed May 30, 2012 11:17 am
by Vlakvark
Francois
Hier by ons skiet die manne nogal graag Boerbok "feral goats" Troefee gaan so tussen $200.00 tot $500.00
Ek glo nie hulle sal draad kruip of spring nie

Re: spring zebra?
Posted: Wed May 30, 2012 12:53 pm
by Francois Briedenhann
Vlakvark.
Ek het so 20 boerbokke gehaad daai ding is nou gemors hy gaan kuier somer by jou buure se buure hulle se mos as hy regtig wil klim hy tot deur jakkelsproef!hehe
Ons het beesheining met 9 draade ek wil nog wild kry wat nie oor daai drade kan gaan nie.
Re: spring zebra?
Posted: Wed May 30, 2012 12:57 pm
by Vlakvark
AS jy Boerboke koop moet jy hulle altyd by jou bure gaan aflaai dit werk die beste
Re: spring zebra?
Posted: Mon Jun 04, 2012 6:41 am
by visstok
My oom het n tropie Zebras probeer vestig, almal behalwe twee het gevrek, nie seker waaroor nie. Een het saam die bees begin loop en ander een saam die perde. Het op n dag toe hul bees aanjaag gesien hoe Zebra los oor die draad spring. Die ander een het ons saam die perde die kraal in gejaag, hyt glad nie van die idee gehou nie en los oor die klipkraal muur gespring. My ondervinding, as hy bedruig voel kan hy redelik hoog spring! Groete Alex