Page 1 of 2

Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Fri May 25, 2012 7:01 pm
by Gerhard
Die nuwe modelle word Julie maand bekend gestel.

Hier is die top model vir $600

[img width=560 height=362]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... e60796.jpg[/img]

Ek het die raak gelees oor die foxpro...

I'm really excited about some of the new features on the Shockwave! It will feature a full color lcd remote control, which will now display moon phases, barometric pressure, temperature, and have a real time clock (which can be displayed as a timer as well, selectable by the user). It will now be able to play 2 sounds at once. I know many of you have seen this before on other products, but what is unique about this is that it can play 2 sounds that are of different file types. For example, units that historically play 2 sounds at once were always the same file type. With our units, you can take a .fxp file, and your own .mp3 file and play them both at the same time in the unit. This was not an easy feat to accomplish, but we are pleased to finally be able to offer it to you. It will also feature FOX DATA, which when engaged, will record what is happening on your stand. For example, if I see a predator responding to the call, I can simply press the FOX DATA button, and the transmitter will record the following information: time of day, sound playing, how long you were on stand, barometric pressure, temperature, etc. It will then store this information for you to download at a later time. Then, you can take the information, and figure out your most successful sounds, time of day, barometric pressure, and so on.
FOX Motion is also a new feature on the Shockwave. With FOX Motion, you can automatically have the sound go from one speaker to the next to give the illusion of moving prey. You can even set the intervals to your own personal preference as to how long it takes to go from one speaker to the next.
FOX Pitch allows you to change the pitch of any sound playing. For example, if you're playing Lighting Jack, you can make the sound different by adjusting the pitch to a higher pitch, or to a lower pitch.

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Sat May 26, 2012 7:53 am
by Gerhard
Hier is nog n foto

[img width=560 height=168]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 1f4b4a.jpg[/img]

Links is die Hellfire wat foxpro ook gaan bekend stel...

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Sat May 26, 2012 1:05 pm
by Pvdw
Gerhard daai is darm stewige luidsprekers :o :o

Ek hou van die voorkoms en hy lyk heel stewig gebou ook.

Daar kort nog net 'n goeie GPS in die remote dan skiet die ding self die jakke ;)

Hier is nog so bietjie oor hom  http://www.allpredatorcalls.com/foxpro- ... emote-sw1/

Peet

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Sun May 27, 2012 9:41 am
by visstok
Lyk na n lekker speelding daai! Sal glad nie omgee om so een te kry nie! Groete Alex

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Mon May 28, 2012 3:32 pm
by johann
Gerhard die ding lyk baie interresant! Sal wat wil gee om hom uit te probeer, ons sal maar moet begin spaar. Dink jy sal self 'n hele paar skelm jakkies met hom kan uitoorle.

Groete Johann

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Mon May 28, 2012 3:47 pm
by BLOK
Baie oulik, maar vir my wat tegnologies gestremd is gaan hy net een groot kopseer wees.

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Thu May 31, 2012 10:17 pm
by theedge
Kan ook nie wen met al die mooigoed nie nes jy dink jy is voor is dit iets anders - sal maar moet spaar hahahahahahah

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Fri Jun 01, 2012 1:30 pm
by Jeep 1
Sal daai ding darrem geniet jng

Groete
Jeep

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Mon Jun 04, 2012 7:05 am
by Wayne
Gerhard, it looks as if this "robot" is moving away from the keep it simple rule. I think I'll stick to the spitfire & firestorm, with the wildfire as my spare. Nice simple callers. I'll save my money for hunting rather.

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Mon Jun 04, 2012 2:50 pm
by James Wright
baie nice,maar ek dink my ou Spitfire gaan nog 'n paar jaar diens doen...

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Mon Jul 02, 2012 8:22 pm
by johans
nee daai shockwave het teveel truuks,daars teveel dinge wat mens nooit sal gebruik nie.of tyd he om dit te gebruik nie

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Fri Feb 01, 2013 1:08 pm
by Geno
James Wright wrote: baie nice,maar ek dink my ou Spitfire gaan nog 'n paar jaar diens doen...
James,
Watse roeper gebruik jy deesdae? :angel:
Never say never manne!

My Shockwave word vandag gepos vanaf Amerika. Ek kannie wag nie! ;D

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Fri Feb 01, 2013 1:11 pm
by Geno
O ja, Prohunt het ook een bestel. Ons sal maar moet saamjag, dan roep ons die jeckols in stereo!

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Fri Feb 01, 2013 1:49 pm
by Arno Pienaar
Geno miskien roep jy nog bakkies in as jy daardie nuwe stereo het. :police:

Mooiloop
Arno

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Fri Feb 01, 2013 2:42 pm
by Francois Marais
Manne

Ek gebruik die hellfire, en is baie vrede met hom......

Mooi loop
Francois

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Sat Feb 02, 2013 12:00 pm
by prohunt
Julle moenie vir Geno glo met die saam jag storie nie......vandat hy 'n ernstige metgesel het jag hy net in die geheim.  ;) ;D :police:

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Wed Feb 06, 2013 7:36 am
by Geno
More manne,
Ek het gister my Foxpro Shockwave ontvang.
Eerste indruk: "Demmit, dié ding is groot!"

Hier is hy langs my Wildfire.
Image

En oopgevou.
Image

Ok, so hoekom het ek die roeper gekoop?
Maklik, ek soek die beste toerusting, sodat ek enige floppe op myself kan blameer.

Voordele van die Shockwave teenoor my ander roeper nl. Wildfire.
1) 1000 klanke vs. 200 klanke
2) 2 cone speakers met tweeters vs. 1 cone speaker.
3) Foxfusion (2 klanke kan gelyk gespeel word)
4) Volume gaan tot by 40 vs. 10, so die inkremente is kleiner (beter in my oë)
5) Foxdata (Al jou data van staanplekke word opgeneem nl. durasie, tyd, maanstand, lugdruk, klanke,geskiet, nie geskiet ens.)
6) Foxpitch (Klanke se pitch kan verstel word om dit fyner of growwer te maak)
7) Die TX1000 remote kan klank folders vat soos bv. Hase, bokke, distresse, bakleie ens. als in groepe. Soek jy hase, maak jy net die haas folder oop en die hase is almal bymekaar.
8 ) Die remote display maanstand, temperatuur, lugdruk, datum en tyd.
9) Die remote se helderheid kan gestel word, en is ook makliker om te lees as die TX200 van die Wildfire.
10) Die remote het 'n eksterne aerial, wat ek glo dit makliker sal maak om op te vang.
Ek sal nog by las soos ek dit uitfigure...

Hier is 'n vergelykingskaart tussen die klomp Foxpro's.
http://www.cabelas.com/assets/product_f ... _chart.pdf


Nadele:

1) 10 x AA batterye in die roeper, 3 x AA batterye in die remote. vs. 4 x AA's in roeper en 1 x 9v in remote.
2) Met al die funksies, glo ek nie die batterye gaan so lank hou soos in die Wildfire nie, so goeie 2500mAh+ batterye is 'n moet.


Is ek tevrede? O ja! Ek jag die naweek, so sal maandag terugvoering gee.

Groete,
Eugene

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Wed Feb 06, 2013 7:46 am
by cassie_calvinia
hel, dit lyk nie sleg nie.
die lugdruk goeters, neem hy dit sel,of voer jy die data in?
laat weet ook asb van die range wat hy opvang asb

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Wed Feb 06, 2013 7:48 am
by Gawie(13mm)
Geluk DJ Geno. 8)
Jy sal nog 'n roer moet kry en die twee langs mekaar moet "mount".
As jy in stereo roep sal jy in stereo moet skiet ook.
Groete,
Gawie

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Wed Feb 06, 2013 9:43 am
by JuanPaul
Baie mooi Geno, wat was daai "Boombox" se koste om in te bring, dit lyk of die jakke uit `n groot omgewing sal kom vir jou jakkie opskoppe wat jy gaan hou! ;D ;D ;D

Groete
Juan

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Wed Feb 06, 2013 9:51 am
by Geno
JuanPaul wrote:wat was daai "Boombox" se koste om in te bring
Oom Juan,
Die roeper was $600 by Cabelas, en 'n Mojo Critter Decoy was nog $40.
Als saam met tax was net oor die $700.
Shipping weet ek nie, 'n pel van my pa het dit ge-Fedex van Amerika af.

Groete,
Eugene

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Wed Feb 06, 2013 2:55 pm
by Pitbull
Baie geluk Geno, laat weet ons hoe hy skreeu.
groete
Henno

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Thu Feb 07, 2013 7:31 am
by Geno
More manne,
Ek het laasnag klanke opgelaai (so 250), en bietjie met die remote gespeel om hom gewoont te raak.
Dié is die oulikste roeper wat ek nog hanteer het.

Paar manne sal die volgende vra:

1) Wat wil ek met 1000 klanke maak?
2) Hoekom die 2 speakers? Wil jy nou nog verder roep?

Antwoord:

1) Die remote kan 50 pre-set klanke en volumes vat. Jy hoef nie al 1000 te gebruik nie, maar net jou 50 gunstelinge, klaar opgestel teen die regte volume. So hoef jy nie elke seisoen klanke te sit en ruil op jou rekenaar nie. Sit dit op die roeper, en dis klaar.
2) Ek glo die 2 speakers sal lekker werk met die Foxmotion funksie, wat die klanke 'n meer realistiese geluid gee. So ook om op een speaker 'n haas, en die ander 'n jakkalsbaklei te speel, om sodoende 'n baklei/vreet te simuleer.

Een ding, die remote kan nie 'n "ë" wys nie, so in my katagorieë wys dit as "Vols".

Image

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Thu Feb 07, 2013 7:44 am
by Lourens
Lyk soos 'n bitter lekker speelding daai maat!! Sal nie omgee om hom in aksie te sien nie. Glo hy gaan loop soos 'n parafienjet!!

Re: Nuwe foxpro.... Ek moet begin spaar...

Posted: Thu Feb 07, 2013 9:46 am
by Henry 7
Geno
Plug jy hom by jou computer in soos FX5 of vat hy 'n kaart?
Henry