Page 1 of 1

Re: Stoor van i semi auto

Posted: Sat May 26, 2012 10:47 pm
by Danie Lombard .243
Mens stoor nooit enige geweer met 'n ronde in die kamer tensy die wapen 'n veiligheids knip het wat die vuurpen (firing pin) kan blokkeer of uitwerking stel nie bv. soos 'n Beretta 92 pistool. 'n Beretta A300 semi auto haelgeweer het slegs 'n triggen block safety pin wat slegs die snelle blokkeer en keer dat die sneller nie werk nie.

Bere liefs die A300 semi auto met 'n skoon loop en hou die koeels in die tube magesyn onder die loop. baie baie veiliger. Die wapen span en laai so vinnig dat die nie nodig is om 'n koeel in die kamer te hou vir gebruik nie.

Re: Stoor van i semi auto

Posted: Mon Jun 11, 2012 2:35 pm
by obasch
Piet,
Wat jy nie met 3 skote kan regkry nie gaan jy ook nie met 4 skote regkry nie.

Re: Stoor van i semi auto

Posted: Mon Jun 11, 2012 2:41 pm
by Frederik
Manne ek kan verkeerd wees maar sover ek verstaan enige semi auto wat vir jag doeleindes gebruik mag net maskimum twee rondtes hou volgens ons wetgewing.

Re: Stoor van i semi auto

Posted: Mon Jun 11, 2012 2:51 pm
by BRNO (Pierre)
Ek dink dit is drie in die magesyn, en een in die loop, m.a.w. vier patrone.

Ek het n Luigi Franchi semi outo twee jaar terug gelisensieer, wat die polisie nie navraag gedoen het oor die betrokke reel nie. Myne kan 8 in die magesyn vat, en dan nog een in die loop.

Re: Stoor van i semi auto

Posted: Fri Jul 27, 2012 9:03 am
by blaser
daardie reel oor net 2 laai glo ek mos nie en wonder hoe gaan die POTE DIT WIL BEHEER

Re: Stoor van i semi auto

Posted: Fri Jul 27, 2012 9:07 am
by G-force
As jy regtig wil daai een ekstra he dan laai jy drie in die tube en los die slot oop.As jy dan die wapen optel as jy moeilikheid het dan gooi jy net vinnig een in die oop chamber en maak toe.Maklik en vinnig.

Re: Stoor van i semi auto

Posted: Fri Jul 27, 2012 11:18 am
by G-force
Ek het nie n A300 nie maar wel die AL391.
As ek die slot oopmaak as hy leeg is dan hak hy vas in die oop posisie.Dan laai ek die tube vol.Nou kan jy hom oop los en later n koel in die oop chamber gooi.

Re: Stoor van i semi auto

Posted: Fri Jul 27, 2012 11:45 am
by blaser
piet
ja waar sien jy hierdie reels wil graag daarna kyk
n o/u kan net so vinnig 2 skote skiet as n semi auto
die storie dat hulle jou bakkie kan vat is n wolhaar storie vra maar jou prokurower

Re: Stoor van i semi auto

Posted: Fri Jul 27, 2012 12:44 pm
by blaser
sorry man maar ek behoort gelukkig  nie aan n jagvereniging nie