Page 1 of 1
K-Hornet die moeite werd?
Posted: Sun Mar 14, 2010 2:44 pm
by Nico Harris
ek het n ruk terug vir my n hornet gekry. my lisensie behoort nou amper deur te kom. ek speel met die idee om hom dalk n k-hornet te maak en kort nou bietjie raad. is dit die moeite werd? die data wys n max verbetering van 200ft/s wat nie regtig so baie is nie! het iemand hier n k-hornet enĀ hoe maak hy? dop lewe met die k lyk of dit beter kan wees- minder vorentoe vloei van koper met die skerp skouers! enige advies sal wardeur word!
groete
nico
Re: K-Hornet die moeite werd?
Posted: Sun Mar 14, 2010 3:56 pm
by Gerhard
Nico,
My 22K Hornet werk soos droom vir my.
Reloading dies is baie skaars en dan moet jy seker maak dat die gunsmith wat die kamer sny weet wat hy doen.
Ek is dood tevrede om 2790fps met PMP SP 45gr te skiet. Lekker akkuraat en skiet lekker plat tot op 150 meter. Ek het al jakkals op 200 meter geklop in die nag maar dan hardloop hy eers ent.
Jy kan gewone 22 Hornet rontes gebruik in die geweer en sommer jag ook en dan dieselfde tyd fire form jy die doppe.
Onthou dat die Hornet nie ontwerp is as spoed vraat nie en jy kan ook nie verwag om 3000 fps te kry nie. Maar dit is 'n baie handige kaliber om te h?.
Met die silencer op klap die punt harder daar waar jy die jakkals skiet as wat hy hier weg gaan by jou.
Het Vrydag nag weer 2 jakkalse geklop...
Laat weet as ek jou kan help.
Re: K-Hornet die moeite werd?
Posted: Sun Mar 14, 2010 8:36 pm
by Nico Harris
ek het die jakkies gesien-geluk! wie het joune vir jou gesny? safari an outdoor het dies vir r850. mut jy joy lisensie verander?
Re: K-Hornet die moeite werd?
Posted: Mon Mar 15, 2010 6:11 am
by Gerhard
Ek het die metaal werk by Truvelo gedoen.
Re: K-Hornet die moeite werd?
Posted: Mon Mar 15, 2010 7:11 am
by Nico Harris
moes jy lisensie verander Gerhard? watse scope het jy op jou hornet? ek het vir my n Lynx 2-10x38 gekry-ek dink hy behooert goed te werk vir alles wat ek will doen. watse kryt gebruik jy? sien meeste data is vir s265.
groete
nico
Re: K-Hornet die moeite werd?
Posted: Mon Mar 15, 2010 9:25 am
by Gerhard
Het 22 K lisensie.
Gebruik S 265 en baie tevrede met die kruit. So daar van gehou het om van die USA kruit in die hande te kry.
Het Burris 3 - 10 x 50 op die geweer.
Re: K-Hornet die moeite werd?
Posted: Mon Mar 15, 2010 10:10 am
by Nico Harris
n ou in die vsa my gisteraand vertel dat met hulle "little gun" kryt kry hy k-hornet velocitys in sy normale hornet. hey het n Blaser hornet... lucky black-sam.
Re: K-Hornet die moeite werd?
Posted: Mon Mar 15, 2010 10:28 am
by Gerhard
Harris30-06 wrote:
n ou in die vsa my gisteraand vertel dat met hulle "little gun" kryt kry hy k-hornet velocitys in sy normale hornet. hey het n Blaser hornet... lucky black-sam.
Ja, daai little gun kruit sou great gewees het.
Ek het lank terug baie op Predator Master Forums gepost maar toe gatvol geraak vir die Amerikaners daar...