Page 1 of 1
Kan iemand help met SD kaart vir spitfire met klanke wat klaar gelaai is?
Posted: Thu May 31, 2012 9:31 am
by henrygriffiths
Dagse
eks is opsoek na sd kaart vir foxpro spitfire wat klaar klanke op het wat bietjie beter is of meer klanke het as die een wat saam met die spitfire kom, ek het nie kennis of nodige tools om die roep klanke wat ek op my rekenaar het te laai op sd kaart nie. as daar dalk iemand is wat kan help of die kaarte verkoop sal ek graag belangstel?
hoop om van julle te hoor! dit klink soos n groot storie om die kaarte gelaai te kry dat ek amper spuit is oor die spitfire!
groete
Re: Kan iemand help met SD kaart vir spitfire met klanke wat klaar gelaai is?
Posted: Thu May 31, 2012 1:25 pm
by foxripper
Hunter,
As jou rekenaar nie n slot vir n SD kaart het nie, moet jy maar vir jou n USB adaptor koop wat n SD kaart vat. Hy lyk so.
As jou klanke nie in Mp3 is nie, Convert jou klanke na Mp3 (download n converter van internet af) en laai dit dan op die jou kaart. 000 klank1; 001 klank 2etc etc
Jy gaan maar sukkel om n kaart te kry met die regte klanke op.
Hoop jy kom reg
Re: Kan iemand help met SD kaart vir spitfire met klanke wat klaar gelaai is?
Posted: Thu May 31, 2012 6:06 pm
by henrygriffiths
Dankie fox ripper ek gaan kyk of ek een kry!
Re: Kan iemand help met SD kaart vir spitfire met klanke wat klaar gelaai is?
Posted: Mon Aug 13, 2012 9:23 am
by henrygriffiths
het van dag my Sd kaart usb adaptor gekry gaan hom probeer hoop ek kom reg, het iemand nie dalk n link vir die MP3 converter nie die wat ek op google kry wil nie so lekker werk nie of dalk is dit maar my komper kennis wat min is?
Re: Kan iemand help met SD kaart vir spitfire met klanke wat klaar gelaai is?
Posted: Mon Aug 13, 2012 11:48 am
by foxripper
Hunter,
Dis die een wat ek gebruik en dis baie maklik om te instaleer.
http://download.cnet.com/Free-WMA-to-MP ... 94267.html
Re: Kan iemand help met SD kaart vir spitfire met klanke wat klaar gelaai is?
Posted: Mon Aug 13, 2012 11:56 am
by henrygriffiths
dankie baie gaan hom probeer! as ek die klanke op die sd kaart het en in die roeper sit hoe kry dit dat dit wys op die tx24/remote?
Re: Kan iemand help met SD kaart vir spitfire met klanke wat klaar gelaai is?
Posted: Mon Aug 13, 2012 2:11 pm
by foxripper
Saam met die spitfire moet jy n Kabel gekry het. Jy druk die kabel by die remote en die roeper in dan sit jy albei aan. Dan sal dit op die remote se, "Transfer Mode" en dan hou jy die send knoppie in vir so paar sekondes tot hy vir jou se, "transfer complete"
Onthou om die klanke te nommer soos voorheen hieronder gese (n spasie tussen die nommer en klank naam).
Re: Kan iemand help met SD kaart vir spitfire met klanke wat klaar gelaai is?
Posted: Mon Aug 13, 2012 2:29 pm
by henrygriffiths
baie dankie vir al jou hulp, sal kabel moet kry!
Re: Kan iemand help met SD kaart vir spitfire met klanke wat klaar gelaai is?
Posted: Tue Aug 14, 2012 3:35 pm
by henrygriffiths
En daar werk hy, gaan hom vanaand toets!
Re: Kan iemand help met SD kaart vir spitfire met klanke wat klaar gelaai is?
Posted: Tue Aug 14, 2012 3:39 pm
by foxripper
Bly om te hoor jy het reg gekom. Laat weet hoe dit gegan het.