Page 1 of 1

Vleis buite hang

Posted: Sun Jun 03, 2012 7:30 pm
by ablm468
Manne ek sal graag julle opinie hoor, ek het Vrydag middag 'n swb bul geskiet, die boer het een van die winddroog kamers, die bok het vrydag aand saterdag heeldag die aand ook en gisteroggend buite gehang in die kamer.

Tempeaarture wat aan die koue kant, so 18grade deur die dag en seker 6-8 grade deur die nag. Ek het seker gemaak die vleis is lekker koud.

Ek het dit nou in my garage by die huis kom ophang en hoop om dit by Vrydag en saterdag te bewerk.

My vraag is hoe lank kan mens vleis so buite hang, maw is dit te lank?

Re: Vleis buite hang

Posted: Sun Jun 03, 2012 7:38 pm
by tripodmvr
Ek het al in die Vaaldriehoek 'n rooibok vir bykans 'n week in my motorhuis laat hang sonder om skade te kry. Dit was egter middel Junie en baie koud. Die weer wat ons nou ervaar is volgens my nie koud genoeg nie. Kyk of jy die karkas in 'n koelkamer kan kry.

Re: Vleis buite hang

Posted: Sun Jun 03, 2012 8:43 pm
by Francois Marais
Tripod
Kyk of jy die karkas in 'n koelkamer kan kry.
Stem.....18 grade gaan dit nie doen nie......

Mooi loop
Francois

Re: Vleis buite hang

Posted: Sun Jun 03, 2012 8:54 pm
by Carl
Hansman wrote:
My vraag is hoe lank kan mens vleis so buite hang, maw is dit te lank?
Ek sou nie mens vleis eers ophang nie;-)

Nee wat dis moeilikheid soek. Jou groot probleem is dat die vleis vir baie lank nog die dier se lewendige temperatuur gehou het omdat jou buite temp nie vinnig daai kern temp kon afbring. Net nou sit jy met 'n bok wat van binne af vrot.

Re: Vleis buite hang

Posted: Mon Jun 04, 2012 6:40 am
by Frederik
SWB is nou nie die grootse bok nie maar ek sal voorstel om die karkas boude en blaaie te sny en dan die dik stukke vleis snye te sny sodat dit vinniger afkoel. Vleis kan mooi lyk van buite af maar as jy begin sny en werk aan dit sal jy sien dat dit van die been af vrot.
As jy vleis vinnig genoeg kan afkoel kan jy dit laat hang tot en met 10-14 dae.

Re: Vleis buite hang

Posted: Mon Jun 04, 2012 6:48 am
by ablm468
Dankie vir al die advies manne ek gaan hom vandag opsny en invries vir latere verwerking.

Re: Vleis buite hang

Posted: Mon Jun 04, 2012 8:03 am
by BLOK
Ander plan is om 2L coke bottels te vries en dan binne die karkas toe te maak so bly ook koud vir baie lank.

Re: Vleis buite hang

Posted: Mon Jun 04, 2012 8:38 am
by ablm468
Blokman

Baie goeie plan daai met die coke bottels, aai man as ek ma net vro?er hierdie post geplaas het, mens dink mos nou eers daaraan as dit te laat is.

Re: Vleis buite hang

Posted: Tue Jun 05, 2012 7:26 am
by Petrie303
Hi,

Die 2L werk ma maak dir driekwart fol met water en fries dit. As dit heltemaal gefries het gooi 2 Lepels sout by met bietjie water... Die yswater word dan kouer as die ys en die ys hou langer!
Ek sit dit gewoonlik in die karkasse as ek dit vervoer en glo my, dit bly askoud...