Page 1 of 2
Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Mon Jun 04, 2012 9:40 am
by Coenie (Swift)
Manne,
Ek sit nou al lank en wonder hoekom doen niemand dit nie, veral die manne wat hulle maak en ontwerp. Al die ander toetse het iets waarteen ons dit meet en 'n besluit/opinie kan vorm, maar die knaldempers is so grys area. Bv die Terminator is die norm op die forum, maar ek het ander maak wat ligter as Terminator is en vir my ook sagter. Waar laat dit ons.....
Die vinnigste kar word getoets op spoed en niemand kan dit ontken nie, so kom ons toets al die knaldempers se klank "decibels".
Bv. neem lesing 50m of 100m voor geweer met en sonder knaldemper en dan agter by skut ook met en sonder kd.
Indien sulke inligting beskikbaar is kan ons seker 'n goeie besluit maak op watse maak ons wil koop wat getoets is om die sagste te wees plus al die ander voordele van gewig,terugskop ens. Tans is dit maar hoors? van die een is sagter as daai sonder enige vorm van data "decibel toets" om dit te bevestig nie.
Nou kan/gaan die appelkar omgegooi word, maar sal interresant wees en dan kan werklike verbeterings en ontwerpe na voor kom.
"Om te meet is om te weet."
Hoor maar wat s?/dink die ander manne
Groete
Swift
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Mon Jun 04, 2012 9:49 am
by Biltong
Swift, ek dink dis 'n baie goeie voorstel.
Ek het al ook gewonder op grond van watter toetse die vervaardigers van knaldempers kan aanspraak maak op byvoorbeeld 'n 50% vermindering in terugskop of soveel afname in decibels? Is daar 'n objektiewe toets wat gedoen kan word of 'n instument waarmee die recoil gemeet kan word?
Miskien moet ons die vervaardigers van knaldempers vra om hierop kommentaar te lewer. Hoe lyk dit Clarence of ander vervaardigers -help ons bietjie hier asb.
Groete
Wicus.
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Mon Jun 04, 2012 9:57 am
by Coenie (Swift)
Wicus
Ek stem hoop die vervaardigers "step up".
Ons sal self met decibel meter toetse kan doen. Ek wil nie manne insleep hier nie, maar glo hierdie sal lekker kos vir Dokkie (Jagtersdok) wees.
Ek weet ammunisie sal nou aangevoer word om verskille te bring soos selflaai vs koop. Ek s? gebruik rak/koop ammunisie as basis en speel veld is plat.
Groete
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Mon Jun 04, 2012 10:12 am
by Biltong
Swift,
Afhangend van die meetinstument/metode, sal werklike betroubare/vergelykbare resultate seker slegs behaal word as dieselfde geweer en ammunusie gebruik word met elk van die verskillende knaldempers daarop gemonteer.
Miskien 'n projek vir 'n onafhanklike kenner soos Koos Barnard? Lekker materiaal vir 'n artikel of verslag.
Wat dink die ander manne?
Groete
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Mon Jun 04, 2012 10:28 am
by Cobus(Cobb)
Klink goed
Cheers
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Mon Jun 04, 2012 10:36 am
by Naas
More Manne.
Ek is bly julle stel die voor.Ek het self nou vir my n draaibank gekoop
vir kd bou.ek stell al baie lank belang in die goed en het hoope navorsing gedoen.
My eeste dempet wat ek gebou het het ek teen een van die groot naame hier in nam getoets.
My vriend het een op sy 270.en ek het die demper vir my 270 gebou.
Met die toets het ek n db meeter gebruik.Alby 270s het 24 duim loope op en ons het die delfde patroone gebruik on die toets mee tedoen.
Alby dempers het 90 db gemeet,maar my demoer is so bietjie langer as die ander een maar wel so bietjie ligter.
Wat ek voorstel is.
As so n toets gedoen word sal daar i spesifieke plek wees waar die meter moet gehou wod rsemaar regoor die slot.
1.Die kaliber wat gebruik word en die fps spoed van die patroon wat gebruik word.dan kan mens min of meet bepaal hoe warm die geweer is.wat klank verskul sal maak.
2.Die lengte van die demper
3.Die dukte van die demper
4.Die gewig van die demper
5.Met hoeveel maak die demper die geweer langer sou dit n reflex demper wees
6.Watse materiaal gebruik is om demper tebou
7.Is dit n geseelde of n uitmakaar haal demper
Ek glo met die data sal mens n goeie besluit kan maak.en dan ons wat bou,data het om op te verbeeter.
Net my meening
Naas
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Mon Jun 04, 2012 10:51 am
by Coenie (Swift)
Biltong,
Ek hoor jou en stem dat dit die Etopia sal wees.
Soos Naas al reeds getoets het was beide dieselfde op klank/geraas, maar gewig, breedte, lengte en hoe dit jou geweer komplimenteer of nie is dan ander faktore wat die keuse kan laat verander.
Oor toetser dink ek Dokkie as hy tyd het sal meer as opgewasse wees. Hy kan sommer sy verslag vir Oom Koos gee en ek glo hulle kan dit sommer net so plaas. Onthou ook dat Jagtersdok darem ook 'n man is wat lief is vir kd en net met dit skiet. Ek glo dat iemand wat vir dit is, meer toetse sal doen.
Ek het nog nie in een van Oom Koos se foto's hom al met kd gesien nie, hy hou seker maar van geweer soos is en sy applikasies is heel anders as ons behoefte
met jakkals en katte.
Maar hoe ook al die tyd is dalk nou reg vir iets ampteliks.
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Mon Jun 04, 2012 11:06 am
by Marc
Cobb wrote:
Klink goed
Cheers
Stem saam, disy gaan net baie goed gemonitor moet word om te verseker dit is konstant en regverdig, soos die manne hier op aanwys
Mooiloop
Marc
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Mon Jun 04, 2012 11:30 am
by Biltong
Swift,
Dit maak seker nie saak wie die toetse doen nie. Baie manne sal seker bekwaam wees om so-iets te toets. Ek het gedink omdat Koos Barnard bekend is as skrywer en gereeld produk verslae skryf, sal vervaardigers van KD's meer genee wees om so iets deur hom te laat doen. Hy sal ook kontakte he en maklik toegang kry tot verskillende produkte. 'n Addisionele aansporing vir vervaardigers sal wees as die verslag dan in die Magnum sou verskyn. Koos kan altyd bygestaan word deur tegniese kundiges indien nodig -solank hy dan bydra tot die totale geloofwaardigheid van die toetse.
Die decibel toets behoort seker maklik te wees, maar wat ek graag wil weet is of daar 'n metode bestaan wat die terugskop gemeet kan word? Weet enigiemand van so-iets wat bestaan of gebou kan word? Wat van 'n geweerklamp of rus gekoppel aan 'n meetinstrument?
Groete
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Mon Jun 04, 2012 11:58 am
by Coenie (Swift)
Biltong op terugskop instrument kan ek help.
Sal my skoonma bring dan kan ons die gille op decebel meter meet ;-)
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Mon Jun 04, 2012 1:30 pm
by LUAN
Julle kan maar al die verskillende dempers na my toe stuur, ek het toegang tot n behoorlike decibel meter.
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Mon Jun 04, 2012 2:04 pm
by Biltong
Ja-ja Swift

. Pasop vir die "terugskop" as sy hierdie post lees.
Ek het iewers op 'n DVD gesien waar 'n pistool in 'n meganiese arm vasgemaak word wat dan onafhanlik van menslike inmenging skote op 'n tieken skiet. Die arm gee dan mee om die recoil te absorbeer maar omdat dit meganies is, is die skootplasing en terugskop elke keer presies dieselfde. (Van die punt af -skote is dan basies deur een gat.)
So 'n masjien behoort die verskil in terugskop van 'n geweer met en sonder 'n KD te kan meet!?
Waar is die tegniese manne? Help 'n bietjie asb.
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Tue Jun 05, 2012 11:55 am
by Armand Steenkamp
Kerels ek het moontlik n knaldemper wat ek moet toets. Waar kan n man n desibel meter in die hande kry?
Groetnis
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Tue Jun 05, 2012 12:09 pm
by Naas
Arnold
Ek weet nie wie presies so iets sal aanhou nie,maar ek
dink jy sal dit by n musiek winkel wat instrumente verkoop kry.
Ek het vir my toets sommer i iphone app afgelaai.
Ek weet dis nie die waare jakop nie maar hy gee my n goei indiekaasie
black barry sal ook soiets he
Naas
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Tue Jun 05, 2012 6:22 pm
by Piet Pille
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Wed Jun 06, 2012 5:31 pm
by Piet Pille
nog toetse - op die Reflex T8 scout. Ongelukkig net db toetse, nie recoil nie, alhoewel hulle ook aansraak maak op ongeveer 30% afname op hulle web blad
http://guns.connect.fi/rs/308measured.html
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Thu Jun 07, 2012 7:28 pm
by Henk100
Dit sal baie interresant wees.
My maat het 'n kneldemper wat klink of jy op 'n blik slaan as jy skiet. Ek het gekyk van voor af in die demper, maar sien niks. Dit is op 'n 30-06.
Die demper is volgens my mening is nie effektief nie, kan verkeerd wees.
Ek het twee weke terug die vooreg gehad om my kneldemper, gemaak deur Thinus van Wyk en iemand van Bloemfontein se kneldemper te vergelyk.
Dis nie dessibels nie, maar bloot die klank waargeneem, gewig en biskikbaarheid by ons.
Gewig is Thinus s'n 'n kort kop voor, maar is langer. Die ander kneldemper is heelwat korter.
Klank is op die oor is omtrent dieselfde.
Dit is my mening en wil nie een van die mense se werk afkraak nie.
Groete
Henk
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sun Jul 15, 2012 4:05 pm
by Coenie (Swift)
Henk jy is heel te mal reg sodra 'n blikkerige klank waarneembaar/hoorbaar is, en ook 'n 'ping' wanneer jy skiet, kan jy maar weet dit is nie op standaard nie. Daar is plek vir lang kd en is die praktyk op ADC gewere met dik lope en wat vanaf stoele skiet. Die manne wat meer boskalibers en dra gewere het soek iets ligs en korter....... Die volmaakte sal wees om 'n klein, lig en kompakte kd te kry met dieselfde knaldemping vermo? as die langes. Daar is sulkes maar is skaars en en dus hoekom toetse vir ons as die gebruiker sal goed wees om dan keuse te kan maak.
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sun Jul 15, 2012 5:08 pm
by Pvdw
Swift het julle al vordering gemaak met die toetse??
Ek is vrek nuuskurig oor die onderwerp.
Peet
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sun Jul 15, 2012 5:59 pm
by Silent Hunting
Hi almal,
Ek vervaardig Reflex KDs en sal met graagte een gee vir so toets. PM my as julle besluit het wie moet die toets doen en ek stuur een aan.
Ek weet myne is "heelwat" ligter as die "gewilde" kds. Ek glo ook 'n goeie reflex kd is myle beter as die gewone een. Maar dit is maar my opinie.
Christo het ook aangebied om so toets uittevoer op sy 7x64. Dit sal met drie verskillende kds wees. Praat maar net en ek stuur 1 vir die nodige toetse.
Groete,
Henk
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sun Jul 15, 2012 6:10 pm
by Beretta
Henk
Hoekom se jy n reflex KD is beter? Ek weet nie of dit al reeds bespreek is nie.Wat is die ligste wat jy hom kan maak
Beretta
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sun Jul 15, 2012 6:32 pm
by Christo
Beretta,
ek het vir Henk in Bloem ontmoet en gekyk na sy RKD. Dit is verseker ligte as 'n terminator omdat hy van ligter materiaal gemaak is. Ook korter gedeelte voor die loop.
Ek gaan net die 7x64 se skroefdraad laat oorsny dan gaan ek hulle toets. Ek het so tyd terug 'n man hier gehad met grend toerusting om ons geraasvlakke te toets vir werksplekveiligheid en gaan by hom seker maak of sy tools die toetse kan doen vir ons. Ek sal julle op hoogte hou.
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sun Jul 15, 2012 6:57 pm
by ruger
Dit sal baie interressant wees om te weet.Ek het'n Ruger M77 Stainless in 22-250 wat ek 'n kd wil opsit.Wat doen 'n kd aan sy akkuraatheid? Sal die groepering slegter wees as wat dit nou is op 200m?
Sal bly wees indien iemand my vrae kan beantwoord .
Dankie
Ruger
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sun Jul 15, 2012 7:00 pm
by Silent Hunting
Beretta,
Net om aantesluit by wat Christo genoem het.
Die Reflex is nie altyd "ligter" nie. Dit hang maar meer af van hoe "swaar" die teenstander is.
Hoekom ek se die Reflex is beter:
1) Lengte - Oor die algemeen sal die wapen lengte met 100mm tot 140mm verleng teenoor 150mm tot (Ek dink) 230mm.
2) My Reflex is dan ook heelwat ligter as julle huidige gunstelling. Dit is as gevolg van die materiaal verskil en dan natuurlik ook die ontwerp.
3) Balans - Vat 'n "gewone" kd en laat dit aan die punt van jou vinger hang. Is swaar en nie gebalanseerd nie. Probeer daardie selfde kd op jou indeks vinger laat le. Grootste gedeelte van die gewig is nou versprei oor omtrent die eerste 4" van die loop.
5) Omdat ek dit maak...
Ek maak gebruik van net 8 "baffels" teenoor die 10 van die Terminator. Dit mag dalk die Terminator sagter maak as my Reflex, maar ek is vol vertroue dat as daar punte gegee moet word vir al die verskille genoem hierbo, sal (hoop) my Reflex bo uitkom. Alle produkte op die mark het maar "pros en cons" en almal werk. Party net beter en gemakliker as ander. Kom ook maar neer op persoonlike keuse.
Groete,
Henk
Re: Amptelike Knaldemper Toetse
Posted: Sun Jul 15, 2012 7:30 pm
by Beretta
Henk
Dankie vir die antwoord.Ek het altwee tipes KD maar verkies die terminator.Myne het al amper twee lope se lewe gehou eers as n 222 en as 223.Hy skiet nog net so goed soos dag een.Maar wat ek wil weet wat is die ligste wat mens n Kd kan maak soos bv heeltemaal uit aluminium of se bv iets met n titanium sleeve of so iets wat die gewig tot min beperk.
Dankie
Beretta