Page 1 of 1
Probleme met Foxpros
Posted: Tue Jun 05, 2012 8:37 pm
by Problem Animal Control
Manne
Net iets interessants,ek het gister met n ou gepraat wat reken hy weet van nie minder as 27 manne wat probleme met Foxpros het. Ek sal graag wil weet of daar wel manne is wat probleme het en of daai getal juis is?
Groette
PAC
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Tue Jun 05, 2012 9:08 pm
by Pvdw
PAC ek het 'n Spitty en as die remote se battery nie mooi vol is nie en die Foxy staan nie mooi hoog nie lol die beheer van die stelsel as hulle v?rder as so 60m uitmekaar is. Sodra die afstand verkort werk als weer mooi.
Dis my enigste klagte.
Peet
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Tue Jun 05, 2012 9:16 pm
by Francois Marais
PAC
Geen produk is perfek nie, en as jy reken daar moet nou al duisende foxpro's daar buite wees, is die getal van 27 seker nie te veel nie......die meeste van die foute, in my geval, is egter operator errors, manne wat krap en wil klanke verander maar GEEN idee het hoe om te werk te gaan nie......
Kry nou die dag een terug, die man voorsweer my hy het die batterye herlaai, dit teruggesit, toe is al die klanke skielik weg......toe ek die kaartjie deurkyk is daar al wat n ander microsoft file is op die kaart, wonder hoe hulle daar gekom het........
Mooi loop
Francois
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Tue Jun 05, 2012 9:24 pm
by Problem Animal Control
Francois
Dit was net interessant toe die ou dit noem want ek self het n spitfire en het nog nie rerig gehoor van manne wat moeilikheid het nie. Dit laat my nou wonder of die ou nie net so gese het omdat daar net van Tewis se goed in sy winkel is nie. Nie dat ek enige iets teen Tewis het nie,dis maar seker net die spesifieke ou se verkoopstegniek of so iets!
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Tue Jun 05, 2012 11:24 pm
by Fanie Maritz
EK Wonder
Ek kan dit nie glo nie my Fx 5 is al 7 jaar oud en ek het regtag nog niks fout gehad nie werk nog soos die 1st dag
My fury het ek al terug gestuur ma sy remote het geval en lens gekraak toe wil hy nie stuur nie of dalk is ek ma net baie gelukkig ma ek glo nie bly ma die no 1 ROEPER
Leke roep
Fanie M
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Wed Jun 06, 2012 10:48 am
by johann
Het self al vir 4 jaar of wat die FX3, nog nooit probleme met hom gehad of klagtes oor hom nie. Ek het wel al van ander ouens gehoor met 'n spitfires wat sukkel met die afstand beheer, selfde soos Pvdw beskryf het. Verder is daar baie min klagtes waarvan ek weet by die ander modelle.
Groete Johann
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Wed Jun 06, 2012 11:06 am
by Gerhard
My Spitfire in 2009 gekoop...
Nog nie n enkele probleem gehaad behalwe batterye wat pap word nie...
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Sun Jul 29, 2012 6:58 pm
by Jaco 7mm Rem Mag
Naand manne.
Ek het op 12 april vanjaar n spitfire gekoop,hy het net een suksesvolle aand gehad wat hy dwarsdeer gewerk het.die res van die tyd kom die klanke nie by die roeper uit nie.maak nie saak van afstand nie.hy is basies 3 maande oud.hy het R2500 gekos en hy gan my weer R2500 kos om oorsee te stuur en terug.waarborg weet hulle nie van nie.so eks baie ongelukkig.dis my storie.
Groete een almal
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Wed Aug 01, 2012 9:10 pm
by spikkels1
Naand Jaco ,
Dieselfde probleem gehad . Kyk of jou external speaker skakelaartjie mooi op posisie is . My probleem is so opgelos .
Groetnis
Danie
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Wed Aug 01, 2012 9:36 pm
by Kruger
FX 5, goed gewerk vir 'n aantal jare toe pak hy op. Teruggestuur S&O toe en hulle het myne saam met 3 ander teruggestuur vir Foxpro. Dis nou al meer as 'n jaar gelede en ek wag steeds.
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Thu Aug 02, 2012 9:02 pm
by Blackie Swart
Het my spirfire ook al 3 jaar en loop nog oop.Geen probleme nie
Groete
Blackie
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Sat Sep 08, 2012 8:11 pm
by cg rossouw
Naandse
Het ook met myne gesukkel, kon nie verder as 60 m kry nie, toe steel iemand die remote vir n selfoon.
groete
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Sat Sep 08, 2012 8:49 pm
by grumpy
cg rossouw, stuur hom maar aan dan sal ek n remote laat bou vir my!!
Dankie

Re: Probleme met Foxpros
Posted: Sun Sep 09, 2012 9:09 am
by cassie_calvinia
my spitfire se remote sit aan en af vanself. as ek nie jag nie, haal ek maat baterye uit. en woensdag aand toe vrek die roeper sommer in die middel van my roep(met vars panisonic batterye).
maar, oor die algemeen is hy ok, kannie sien hoekom om meer geld as 'n spitfire te betaal vir 'n roeper nie.
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Sun Sep 09, 2012 9:35 am
by Kruger
Soos vertel hierbo is myne meer as n jaar gelede teruggestuur na Foxpro toe. 'n Week of wat gelede kontak S&O my, die pakkie het weggeraak in die pos en my Foxpro is verlore. Hulle vra toe my adres om 'n nuwe Firestorm te stuur. Twee dae later is die pakkie by my. Dis nou naverkoop diens. Dankie S&O.
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Sun Sep 09, 2012 11:25 am
by Wayne
cg, the theft of your remote, we will put down to affirmative shopping or your BEE project. I think that the stronger the battery power the further you can put the caller. I play it safe and work around the 50m mark.
Kruger, you will enjoy the firestorm.
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Sun Sep 09, 2012 6:30 pm
by Boogjagter
My spitfire se luidspreker het na 9 maande skielik ophou werk. Safari & outdoor het hom onder sy waarborg vervang. Regtig baie goeie diens! Het twee spitfires. Die ander een hou nog goed.
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Sun Sep 09, 2012 7:00 pm
by Ponkie
Kruger wrote:
'n Week of wat gelede kontak S&O my, die pakkie het weggeraak in die pos en my Foxpro is verlore. Hulle vra toe my adres om 'n nuwe Firestorm te stuur. Twee dae later is die pakkie by my. Dis nou naverkoop diens. Dankie S&O.
Kruger
Dit noem mens PUIK!!! Hierdie is die rede hoekom ek bereid sal wees om 'n rand of twee meer te betaal, want min ander winkels sou dieselfde gedoen het.
Groetnis
Ponkie
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Sun Sep 09, 2012 7:33 pm
by jaracal
Het nou al verskeie modelle van FoxPro gehad. Die eerste een reeds in 2006. Die werk nog 'n hond uit 'n bos. Een FX3 het op 'n stadium opgepak en kon nie verder as 3 m die remote opvang nie. Teruggestuur na Amerika en 6 weke later alhoewel R1000-00 uit my sak werk nou nog 100%. Voordeel bygekry, die remote vang nou 1,5km ver op. Nie dat ek sover kan sien of skiet nie. Het dit per ongeluk een aand uitgevind toe ek agter 'n jakkals aan was en die ander remote gelos waar ek begin roep het.
Een tip wat ek ontvang het is dat indien jou roeper 'n antenna het sit eers die roeper af en slaan dan die antenna af. Statiese elektrisiteit kan 'n spike deurstuur na die PC bord en dit dan beskadig.
Groete
Heinrich
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Sun Sep 09, 2012 7:38 pm
by Pvdw
Ek het 'n Spitfire en vir wat ek doen is hy voldoende. Wat ek egter agter gekom het is dat die remote baie sensitief is vir 'n battery wat enigsins nie vol is nie. As daai 9V battery nie meer 9V is nie dan verloor ek afstand. Later staan hy sommer op so 30m voor hy werk.
Peet
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Tue Sep 18, 2012 12:56 pm
by Skolla
Pvdw wrote:
Ek het 'n Spitfire en vir wat ek doen is hy voldoende. Wat ek egter agter gekom het is dat die remote baie sensitief is vir 'n battery wat enigsins nie vol is nie. As daai 9V battery nie meer 9V is nie dan verloor ek afstand. Later staan hy sommer op so 30m voor hy werk.
Peet
Ek weet nie of jy dit dalk so doen nie maar met die spitfire sit ek die caller en remote aan as ek die caller op sy plek plaas.
Ek het agter gekom dat as jy die remote aansit as jy reeds 50m of verder is dan wil die caller nie reageer nie.
En dat staan my caller ook omtrent n meter bo grondvlak met geen obstruksie tussen in nie.
Skolla
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Tue Sep 18, 2012 2:07 pm
by Pvdw
Skolla dankie vir die tip. Ek gaan dit tog so doen. Die raad is nie te versmaai nie.
Peet
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Mon Oct 29, 2012 2:14 pm
by Stico
ouens ek het ook n spitfire en nog nooi n probleem gehad ni ek roep nou al 3 jaar met hom en nog nooit eers n reuk gehad van probleme nie.
groete
Re: Probleme met Foxpros
Posted: Mon Oct 29, 2012 2:39 pm
by James Wilson
Hi Stico, welkom hier ek sien jy is nuut, jy gaan die forum geniet. daar is n plek waar jy jou kan voorstel doen dit gerus die mannne is altyd bly om te sien hier is nuwe bloed. nogmaals welkom