Plan vir "ophang-hakke" aan Tralies
Posted: Fri Jun 08, 2012 11:15 pm
Naand Manne
Hoop julle verstaan waarna ek verwys in die opskrif. Ek jag net deeltyds, en as ek nie by die huis is nie word my stoel afgehaal en gebruik die volk my bakkie vir alledaagse werk.
Ek hang gewoonlik my jakke aan die tralies met 'n stukkie pressdraad deur die hakskeensening, maar ek wil graag 'n ophangraam maak wat ek sommer vir springbok en ongediertes kan gebruik.
My rooi Isuzu het 25 of 30mm (eks nie doodseker) square tubing tralies, maar somtys jag ons springbok met my Pa se cruiser en hy het weer pyptralies, so ek wil probeer om 'n ophangraam te sweis wat op beide sal pas. Is dit moontlik dat ek een sal kry wat op Pyp sowel as square tubing tralies sal pas?
As van julle voltydse manne my dalk 'n paar tips kan gee sal ek bly wees.
Groetnis
Ponkie