Page 1 of 1
Herlaai data vir 204 Ruger
Posted: Sat Jun 09, 2012 10:26 am
by tokelossie
Hallo julle manne
Ek het n vriend wat n 204 Ruger nou gekoop het en wil hom ook laai nou. Dit is n standaard Howa en wonder of daar iemand is wat ons kan help met moontlike ladings, wat beste punte is om te laai, ens.
Re: Herlaai data vir 204 Ruger
Posted: Sat Jun 09, 2012 10:34 am
by Beretta
Remington Blok en Francios Marais is die manne wat die ysters skiet hulle sal jou help
Beretta
Re: Herlaai data vir 204 Ruger
Posted: Sat Jun 09, 2012 10:37 am
by tokelossie
Dankie Beretta
Ek sal dan wag vir hulle vir hulp en lyk my die kaliber is nie baie vollop en bekend nie
Re: Herlaai data vir 204 Ruger
Posted: Sat Jun 09, 2012 10:45 am
by Beretta
Nog nie maar hy sal nog word sover ek weet sukkel die manne met komponente probeer Guns & Bows in die Kaap hulle het laas komponente gehad
Berreta
Re: Herlaai data vir 204 Ruger
Posted: Sat Jun 09, 2012 11:28 am
by JACQUES BOTHA
Het n mens herlaai data nodig?
Jy gooi kruit in tot by die doppie se nekĀ net daar waa hy begin en druk n punt in en skiet???????????????
jy gaan mos net meerkaaie en blouapies skiet en soms n bluwildebees as jou naam blouwille blok botha is???????
hy gaan seker ook nie n lynx scope uitskop nie---as jy gelukkig is dalk?
Lekker skiet met meerkat roere
Jacques
Re: Herlaai data vir 204 Ruger
Posted: Sat Jun 09, 2012 5:05 pm
by blaser
Ek laai 27.7 gr s321 agter 32 gr vmax en24.7 gr agter n 40gr vmax
Re: Herlaai data vir 204 Ruger
Posted: Sun Jun 10, 2012 8:31 am
by tokelossie
Ja baie dankie Jacques ek het ok maar so gedink, maar blybaar vertel die vriend van my NEE ons doen dit nie so nie toe se ek kom ons vra dan maar raad by die manne wat die speelding ken. Ek weet nie of die presisie enige verskil gaan maak of die meerkat geweer nie, maar kom ons kyk maar. Hy vertel my ook dat hy groot wild gaan skiet, maar ek gebruik maar my groter roere vir dit hahaha!
Remington baie dankie vir jou inligting ons gaan daar begin en sien hoe hy loop. Is S321 die aanbevole kruit vir die 204 en wonder of S365 ook kan gebruik word en of daar herlaai data is vir dit?
Baie dankie julle ouens
Re: Herlaai data vir 204 Ruger
Posted: Sun Jun 10, 2012 8:46 am
by Armand Steenkamp
Ek dink S365 is hoopeloos te stadig.
Re: Herlaai data vir 204 Ruger
Posted: Sun Jun 10, 2012 12:21 pm
by Francois Marais
Tokkelos
Ek laai op die oomblik 26gr S335 agter die 40gr V-max'e, TPL van 60.8mm, dan raak die gaaitjies net-net nie aanmekaar nie, op 100m. Dit is in n Howa Varminter....jy kan slegs S335 of S321 gebruik, ander kruit is te stadig.....
Mooi loop
Francois
Re: Herlaai data vir 204 Ruger
Posted: Mon Jun 11, 2012 7:30 am
by blaser
fransois
wat se spoed loop daai 40gr dan
Re: Herlaai data vir 204 Ruger
Posted: Mon Jun 11, 2012 7:41 am
by Geno
More manne,
Het enigiemand al die 40gr Bergers gegooi in hulle dassiegunne?
Ek het nou die dag 200 van hulle raakgeloop by S&O.
Teen R3.10 elk, is hulle net effens duur....
Groete,
Eugene
Re: Herlaai data vir 204 Ruger
Posted: Mon Jun 11, 2012 8:12 am
by blaser
gebruik net v max loop soos stroop
Re: Herlaai data vir 204 Ruger
Posted: Mon Jun 11, 2012 4:48 pm
by tokelossie
Francois
Baie dankie vir daai inligting van jou. Ons gaan hom so laai en kyk wat hy doen en sal laat weet as nog iets wil weet en hoe hy loop.