Page 1 of 1
8 mm Oberndorf Mauser: .318 (J) of .323 (JS)?
Posted: Mon Jun 11, 2012 9:18 pm
by JoevR
Wanneer die versamelaar 'n 8 x 57 of 8 x 60 Oberndorf Mauser geweer te siene kry, is die vraag gewoonlik: Is dit 'n J (.318") of JS (.323") kaliber geweer? Des te meer as bv. net 8 x 60 op die loop sou staan. Daar is 'n maklike manier om uit te vind: Haal die geweer uitmekaar en kyk wat staan onder op die loop:
http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... G_7588.jpg
Die 7,85 (in mm) is die "land" diameter, die 8,1 (in mm) is "groove diameter", en die 240 (in mm) is die "rifling twist", dus 1 draai in 240 mm. Die CH50 is die loop staal kode, langs die kaliber 8 x 60.
Hierdie is die data van die J (.318") kaliber.
Die data vir die JS (.323") kaliber is: 7,89 ("land")en 8,2 ("groove").
http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... 8x57JS.jpg
Ek wonder hoekom voorsien die moderne vervaardigers van fabrieksgewere nie hierdie data op die loop nie? Dit is veral vir die herlaaier handig om te weet wat die "rifling twist" is, sonder dat dit nodig is om dit te meet met die skoonmaakstok metode.
Groete
Joe
Re: 8 mm Oberndorf Mauser: .318 (J) of .323 (JS)?
Posted: Mon Jun 11, 2012 10:08 pm
by Gert Odendaal
Joe
Baie dankie , dit is regtig relevante inligting wat ek as Mauser leek graag wil weet...kan jy `n foto van `n oorspronklike 8x57 JS Mauser oplaai...ek wil vir my mauser `n kolf bou ..maar ek wil dit so na as moontlik soos die tipe A, B,of C sportsters laat lyk...my 8x57JS het nog die" step" in die loop...ek dink die lope is deur FN in Belgie nog gemaak tot en met omtrent in 1954 toe is daar met die gelyk taps afdraai vervaardigde lope begin...is ek reg met die aanname? Volgens `n bron oor geskiedenis van Mauser is daar baie meer Mauser buite die landsgrense van Duitsland vervaardig as in Duitsland self????? Ek hoor graag meer omtrent interessantheid van die Mauser....
Re: 8 mm Oberndorf Mauser: .318 (J) of .323 (JS)?
Posted: Tue Jun 12, 2012 10:23 am
by JoevR
Gert, jy kan hier
http://jaracal.com/index.php/topic,7010.0.html kyk na 'n Tipe A se kolf. Die belangrikste ooglopende verskil tussen die Tipe A en die B Model se kolf is dat die Tipe A se kolf 'n swart horing "fore-end tip" het, en die B model het dit nie, maar die "schnabel"afwerking op die "fore-end tip". Hier
http://jaracal.com/index.php/topic,7266.0.html kan 'n B Model se kolf gesien word.
Miljoene militere Mausers is gemaak, by verskillende fabrieke, ook buite Duitsland. My belangstelling le egter by die sogenaamde Oberndorf Mausers, m.a.w. die gewere gebou as jaggewere vir die kommersieele mark by die fabriek in Oberndorf, Duitsland. Ongeveer 127 000 van hierdie gewere is gebou van 1898 tot 1946. Die fariek is toe vernietig met die de-militarisering van Duitsland deur die Ge-allieerdes na die 2de Wereldoorlog. My kennis oor militere Mausers is baie beperk, ek kan jou dus nie help met jou aanname nie.
Groete
Joe
Re: 8 mm Oberndorf Mauser: .318 (J) of .323 (JS)?
Posted: Tue Jun 12, 2012 8:28 pm
by Gert Odendaal
Re: 8 mm Oberndorf Mauser: .318 (J) of .323 (JS)?
Posted: Wed Jun 13, 2012 5:16 pm
by JoevR
Gert, jy kan vir Andrew Soutar by
http://www.classicarms.co.za/ kontak. Gunsmiths het gewoonlik ook onderdele.
Terloops, 'n man wat 'n teleskoop op 'n Oberndorf Mauser sit, wat nog in 'n goeie toestand is, is 'n man wat homself groot skade berokken. Waarde sonder teleskoop vir versamelaar: R 25 000 - R 30 000 (uitgesluit gewere met magnum, kurtz en"square bridge" aksies en/of ander "special order features", wat aansienlik meer kan wees) Waarde met teleskoop vir versamelaar: ten slegste geen waarde, ten beste R 8 000 - R 10 000.
Groete
Joe
Re: 8 mm Oberndorf Mauser: .318 (J) of .323 (JS)?
Posted: Wed Jun 13, 2012 9:59 pm
by Gert Odendaal
Dankie Joe vir die inligting...ek is maar `n leek op die gebied van versameling..maar sal liewers met die Mausers wat nie te waardevol is wil jag of net lekker skyfskiet ek sal graag in die toekoms as ek voldoende kennis het van die ouer modelle wil aankoop en `n nuwer geweer wil opbou met `n doelgemaakte kolf wat deur `n spesifieke persoon waardeer sal word...soos die .375 H&H Coggswell&Harrison waarmee ek tans besig is...ek glo daar is `n mark daarvoor...nie eksklusief nie maar .vir die gewone man wat nie `n arm en been wil betaal vir so `n tipe jag geweer nie...
Re: 8 mm Oberndorf Mauser: .318 (J) of .323 (JS)?
Posted: Thu Jun 14, 2012 3:34 am
by Geno
Gert,
Dalk kan jy visiere invoer.
http://forums.gunboards.com/showthread. ... ess-sights
Ek het onlangs sulke express visiere te koop gesien. Sal rondkrap, en jou laat weet.
Groete,
Eugene
Re: 8 mm Oberndorf Mauser: .318 (J) of .323 (JS)?
Posted: Thu Jun 14, 2012 8:48 pm
by Gert Odendaal