Page 1 of 1
Vacuum packing machine
Posted: Wed Jun 13, 2012 8:40 pm
by ablm468
Manne wil graag by julle hoor wat is die beste waarde vir geld vcuum apck machine, ek het een van die verimark soort. Hy werk goed maar is lamg dradig het my die hele middag gevat om 1 swb se word te vacuum.
Sal ook waardeer as julle kan se wat die goed kos.
Re: Vacuum packing machine
Posted: Wed Jun 13, 2012 8:57 pm
by tripodmvr
LAVA adverteer in baie tydskrifte en is nie-kommersiele produk maar is sekerlik beter as Verimark se masjien. Kyk na hulle of die meer professionele masjiene vir die slaghuise.
Re: Vacuum packing machine
Posted: Thu Jun 14, 2012 2:15 am
by Vlakvark
Hansman
Ek het na die by Cabela's geloer prys is bietjie styf
http://www.cabelas.com/product/Home-Cab ... t104798880
Re: Vacuum packing machine
Posted: Thu Jun 14, 2012 6:26 am
by Henry 7
Hansman
2 weke terug net vir interessantheid uitgevind toe ek bees slag-goedkoopste was R16000 -ek het sommer 'n heat sealer gevat vir R500 want ek werk nie soveel vleis dat dit 'n vacuum regverdig nie.
Henry
Re: Vacuum packing machine
Posted: Fri Jun 15, 2012 10:02 am
by tokjak
jy kan 2de handses optel vir so R10 000,laat hom net goed service .koop eenmaal industrial en los die goedkopes .daars n rede hoekom hulle goedkoop is .
groete
Re: Vacuum packing machine
Posted: Mon Jun 18, 2012 10:23 am
by martinf
Ek het self 'n LAVA vacuum sealer. Hy werk redelik lekker as daar nie baie vloeistof in is nie.
Al groot nadeel is jy kan net een tipe sakkie koop en dit is hulle sakkies. En dit is redelik prysig.
Dink self 'n beter industriele een sal beter wees afhangende van die hoeveelheid kere wat jy hom gebruik.
Re: Vacuum packing machine
Posted: Mon Jun 18, 2012 10:38 am
by baboonstalker
Waar koop julle manne vacuum sakkies? Ek het 'n masjien wat soos die "LAVA" masjien lyk en hy soek maar die sakkies met die riffeltjies aan die binnekant.
Ek het die naweek by Game van die VERIMARK sakkies gesien wat sal werk, maar hulle is R170 vir twee 6m rolletjies en dit is vir my te rof.
Groete
Pieter
Re: Vacuum packing machine
Posted: Mon Jun 18, 2012 1:48 pm
by worshond
Het Lava Machine, baie gelukkig, sakkies net duur.
Re: Vacuum packing machine
Posted: Mon Jun 18, 2012 2:33 pm
by Marc
Dags?
Ons gebruik die Verimark masjientjies vir visvang trips. Ons gebruik so tussen 10 en 14 van daai rolletjies om julle idee te gee. Elke derde jaar koop ons maar 'n nuwe masjientjie

Ek het na die LAVA modelle gekyk by Aim en Huntex. As die Verimark outjie weer inkonk gaan ek veseker so enetjie aanskaf
Hier is 'n tip vir die wat sukkel om 'n goeie se?l te kry met produkte, soos vis en vleis, wat soms baie vog of bloed bevat. Gaan bedel by jou naaste supermark 'n rol van daai sakkies wat mens brood/vrugte/groente in koop. Sit jou vis/vleis eers in so sakie en vakuum hom dan

Werk soos 'n bom + daai waardevolle voggies word behou
Mooiloop
Marc
Re: Vacuum packing machine
Posted: Mon Jun 18, 2012 9:28 pm
by ablm468
Marc
Dankie vir daai ene, sal hom verseker probeer.
Sal maar solank moet spaar vir daai lava.
Re: Vacuum packing machine
Posted: Mon Jun 18, 2012 9:47 pm
by Marc
Hansman
Plesier man
Dit werk regtig baie goed, sit net die dun sakkie se bek teenoor die suig deel, sodat die vog dan teen sy rug vasdruk as dit sou wou beweeg.
Mooiloop
Marc