Page 1 of 2

Wat dink jul vang so????

Posted: Sat Jun 16, 2012 11:29 am
by Wit Cruiser
Ek is al half moedeloos die ding vang nogsteeds my lammers ek het woensdag n jakkie geskiet en vanoggend weer n lam gevang maar die kop,nek en die linker blad is gevreet. Die ander lam is net gevang op dieselfde wyse maar nie sover gevreet nie. Ek kan geen byt plekke of naels niks sien onder die vel nie.

Ek kry nie foto's gelaai nie as ek dit vir iemand kan mail dan ka n jul dit opsit die netwerk is te stadig by my.
Ek hoop iemand kan help,hul se dis n katter maar wil net seker maak'wat di nk jul

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Sat Jun 16, 2012 11:48 am
by Gerhard
Hier is die fotos...

[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 92fa2c.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... a6a241.jpg[/img]

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Sat Jun 16, 2012 12:37 pm
by JK
Hond of so iets. Jakkals of rooikat begin gewoonlik by die lieste?  :-\,

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Sat Jun 16, 2012 12:44 pm
by Gerhard
Johan,

Dink die een was n hond wat hier gevang het nie...

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Sat Jun 16, 2012 1:04 pm
by Wit Cruiser
Hel manne, ek weet darem nie of dit n hond kan wees nie,want dan is dit seker nuwe Suid Afrika honde met mooi maniere want ek het al skaap gesien wat deur honde gevang is en hul was verskeer

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Sat Jun 16, 2012 1:09 pm
by Yalair
Hond eet nie so mooi nie lyk meer na kat dalk jongerige een

Ben

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Sat Jun 16, 2012 2:11 pm
by ruger
Dit wil voorkom dat dit 'n kat kan wees,maar dit is snaaks gevreet.'n kat vreet gewoonlik sagte vleis soos die boude en brisket? Wat se Heirich?

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Sat Jun 16, 2012 2:56 pm
by bullseye
Het jy nie spore gekry nie, kyk bietjie mooi rondom vangs of daar nie mis is nie, as jy skulp of krap dop in mis kry kan jy seker wees dit is otter se kind hy hou van kraakbeen. Ek bly soos die kraai vlieg 30km van naaste rivier af en otter het al my blesbok lammers op gevang so paar jaar terug.

Sterkte
Bullseye.

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Sat Jun 16, 2012 4:14 pm
by JK
Is hond en n otter nie familie nie? ;D

Nog nooit gesien kat vreet so nie, luiperd vreet wel die kop maar feitlik heel laaste.

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Sun Jun 17, 2012 8:12 pm
by cg rossouw
ek glo ook nie dis n jak of kat nie, omdat die lam klein is sal jak en kat boud en sye eet sou ek se. Hond sou meer gemors het en ook sye geeet het. Sal intersant wees om te weet, laat weet ons as jy hom kry. Sterkte

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Sun Jun 17, 2012 9:30 pm
by Wit Cruiser
Die lammers is nou al net ouer as n maand en hul is al swaer def 10kg+  ??? ??? ???

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Mon Jun 18, 2012 1:48 pm
by G-force
Kan mens nie die tipe fotos op al daai greenie bladsye post nie?

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Mon Jun 25, 2012 11:36 am
by Wit Cruiser
Nog drie lammers op dieselfde wyse gevang as op die tweede foto en het al alles probeer om die ding in die hande te kry,enige raad asb dit raak nou te erg. As hul gevreet het soos n normale jakkels af kat kon ek n plan gemaak het maar dit slaan my dronk. ??? ??? ??? ??? ??? ???

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Mon Jun 25, 2012 11:45 am
by FCLoretz
Cruiser is daar nie spore by die lammers nie? As jy foto van die spore laai kan van die manne dalk help met identifiseer en oplossing tot die probleem.

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Mon Jun 25, 2012 12:23 pm
by Wit Cruiser
Hel my maat as ek ook net die spore kon sien sou dit baie gehelp het maar daar is niks ek het al gedink dis ufo's maar nee geen spoor en dis al groot lammers hul is al 2mnde plus wat gevang word. Net die nekke word geeet niks anders geen merke nerens op die lyf of ander lydrade nie

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Mon Jun 25, 2012 12:45 pm
by foxripper
Cruiser, ek weet nie of jul Ratels het nie maar hier by ons het ek al gesien Ratel vreet so aan die nek..

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Mon Jun 25, 2012 6:53 pm
by JAGTERSREG-JRM
Goeie hel,kannie dink dat dit kat,hond of jakkals is nie.Hulle gaan ma gewoonlik vir die boude,lieste en sagte vleis.Hoe is daar nie spore nie is die grond te hard?Gebeur dit naby die huis?

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Mon Jun 25, 2012 10:58 pm
by Wit Cruiser
Ja dis nie ver van my huis af nie die eerste lam is so +- 400m en die ander is dan verder so 2 km 2n meer van my huis af maar in dieselfde kamp

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Tue Jun 26, 2012 8:57 am
by visstok
Jammer om van die verliese te hoor! Hoe gereeld word daar gevang? Kan daar nie net by die skaap gewag word nie? Bietjie duur, maar het jy al Trailcams oorweeg? Sterkte! Hoop van harte dat julle die kwaad doener vinnig opspoor!!!

Groete Alex

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Tue Jun 26, 2012 6:09 pm
by JAGTERSREG-JRM
Ek dink die trailcams is die beste oplossing.laat ons weet wat gebeur

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Tue Jun 26, 2012 6:56 pm
by Biker
Waar word die lammers gevang op die slaapplek of in die kamp terwyl hulle wei ?

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Tue Jun 26, 2012 8:04 pm
by JF. SCHOEVERS
Wit cruiser

Is daar dalk windhonde wat vry rondloop? Ek het al gevind dat my whippet vreet waar die bloed uitkom maak nie saak waar nie...

Groete Jannie

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Tue Jul 03, 2012 3:25 pm
by FHM
foxripper wrote: Cruiser, ek weet nie of jul Ratels het nie maar hier by ons het ek al gesien Ratel vreet so aan die nek..
Foxripper kan dalk n ding hier beet he manne...ek het jare terug in die Kalahari gesien dat ratels die skaaplammers so gevreet het - nog nooit weer gesien of gehoor daarvan nie tot ek op die pos afkom nou. As Wit Cruiser ratels op die land het kan dit dalk net hy wees daai - my beskeie opinie. Wat my net pla is dat daar geen spoor is nie - ratels los tog n baie duidelike spoor.

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Thu Jul 05, 2012 6:18 pm
by johans
daar is dalk teveel gras of grond is te hard vir spore.ek sal gaan vir n otter of ratel.probeer n vanghok-ma hy moet sterk wees

Re: Wat dink jul vang so????

Posted: Thu Jul 05, 2012 8:48 pm
by mossie
Naand
Sorry vir jou verlies. Die gebrek aan spore maak dit vreemd. My gevoel is dat dit dalk n groot hond is.

MOSSIE