Page 1 of 1

Herlaai data vir 22 Hornet

Posted: Sun Jun 17, 2012 8:48 pm
by tokelossie
Hallo julle manne

Ek het my 22 Hornet nog nooit herlaai nie, maar wil nou begin met hom. Ek het nou alles gekry behalwe koeels en wonder of hier nie iemand is wat vir my kan help vir n wegtrek met herlaai data nie. My geweer is n Bruno. Ek verneem dat S265 die aanbevole kruit is.
Enige hulp sal waardeer word.

Re: Herlaai data vir 22 Hornet

Posted: Mon Jun 18, 2012 4:37 am
by Gerhard
Maak eers seker hoe oud jou geweer is.

Van die ou Hornets se lope was .223 in plaas van vandag se .224

Dan moet jy seker maak dat jy die regte deursnee punte koop vir die Hornet.

Jy sal ook moet spesifiek vra vir Hornet punte want jou ander punte soos die 40gr Vmax is te lank vir die Hornet.

45gr's werk vir my die beste met die Hornet

Re: Herlaai data vir 22 Hornet

Posted: Tue Jul 31, 2012 9:44 am
by Kerneels S.
Gerhard
Ek het 'n ou Duitse Zidi. Sal hy dan .223 of .224 wees? Wat sal gebeur as die loop .223 is maar ek gebruik .224 punte?
Dankie vir jou raad!!

Re: Herlaai data vir 22 Hornet

Posted: Tue Jul 31, 2012 10:02 am
by Eugene
Tokelossie,

Ek het 'n 100 Remmington patrone gekoop en daarna die doppe gebruik om te herlaai.

Ek gebruik 10,5 gr S265 met Federal Small Rifle primers en Sierra se 45gr Hornet koe?ls. Ek het eers Hornady se 45 gr Varminters gebruik, maar op die regte diepte, pas hulle nie in die magasyn nie.

Ek het ook 50 Ammocil 45 gr punte gekry, wat uitstekende groeperings gee en wat, indien ek hulle 1 mm dieper druk, ook goeie groeperings gee.

Ek gebruik die .224 koe?ls, maar ek het 'n redelike nuwe loop, so hulle groepeer mooi. Die .223 koe?ls groepeer weer nie so mooi nie.

Ek is nou besig om al die data reg te kry vir QL ladings en sal, as die manne hier my help met die inligting, dit vir jou ook deurgee. Moet nog net deur die crony skiet om spoed te kry, hoop om dit in die week te doen!

Groete

Re: Herlaai data vir 22 Hornet

Posted: Tue Jul 31, 2012 6:24 pm
by Hein M.
Eugene wrote:
Ek gebruik 10,5 gr S265 met Federal Small Rifle primers en Sierra se 45gr Hornet koe?ls. Ek het eers Hornady se 45 gr Varminters gebruik, maar op die regte diepte, pas hulle nie in die magasyn nie.

Groete
Dir is 'n baie goeie kombinasie.  Ek gebruik CCI pimers.  Hulle werk ook goed.  S265 is maar die regte poeier.

Mooiloop!

Hein

Re: Herlaai data vir 22 Hornet

Posted: Tue Jul 31, 2012 7:27 pm
by Gerhard
Kerneels S. wrote: Gerhard
Ek het 'n ou Duitse Zidi. Sal hy dan .223 of .224 wees? Wat sal gebeur as die loop .223 is maar ek gebruik .224 punte?
Dankie vir jou raad!!
Ek is nie n ekspert nie maar neem aan jy gaan jou geweer se druk baie op jaag in die rooi deur 224 punte deur n 223 loop te wil skiet.

Beste is om maar die geweer by n wapen smit te kry sodat hy die loop kan eik of slug en dan so seker maak.

Re: Herlaai data vir 22 Hornet

Posted: Wed Aug 01, 2012 8:36 am
by Eugene
Hein M. wrote:
Eugene wrote:
Ek gebruik 10,5 gr S265 met Federal Small Rifle primers en Sierra se 45gr Hornet koe?ls. Ek het eers Hornady se 45 gr Varminters gebruik, maar op die regte diepte, pas hulle nie in die magasyn nie.

Groete
Dir is 'n baie goeie kombinasie.  Ek gebruik CCI pimers.  Hulle werk ook goed.  S265 is maar die regte poeier.

Mooiloop!

Hein
Plaaslike winkel het nie CCI in voorraad gehad nie, so ek moes tevrede wees met Federal... Nie slegte resultate nie, maar verkies maar CCI ;D

Re: Herlaai data vir 22 Hornet

Posted: Wed Aug 01, 2012 5:09 pm
by tokelossie
Eugene

Baie dankie man vir daai inligting van jou ek gaan dit gebruik en kyk wat myne maak en sal verder dit waardeer as jy vir my daai QL sal deurgee as jy reg is met dit.

Ek het met n wapensmid gepraat mbt die .223 en .224 waar hy van mening is dat dit geen wesenlike verskil sal maak nie omdat die verskil so klein is, maar wel n verskil kan kom is by die groeperings soos jy reeds ook gemeld het.

Lekker dag en gaan groot