Page 1 of 1

Foxpro aangeval

Posted: Sun Mar 28, 2010 6:11 pm
by Kruger
Het amper laasweek skade gely. Roep daar in die vallei van Jakkalse in 'n dro? gronddam. Dis al kaal plek tussen die noorse, maar is darm heel groot genoeg. Binne minute kom die ogies aangehol. Eerste een skiet ek so 50m van die bakkie af. Tweede een hol reguit roeper se kant toe, so 130m van my af, maar die roeper is af. Toe hy net verby die roeper is (1-2m) skiet ek hom so in die hol, effens hoog agter die blad.

Dadelik onderstebo en toe weer so half regop strompel hy die tree of twee, reguit na die foxpro toe en gryp met mening aan die speakerkant. Sy lyf is toe tussen my en die foxpro en ek is te bang om weer te skiet anders skiet ek die foxpro vlenters. Later besef ek, of ek skiet die foxpro vlenters of hy byt hom vlenters. Ek kon sien hoe hy, foxpro in die bek sy kop skud, soos honde ook maak as hulle met iets baklei. Skiet hom toe maar so ver moontlik van waar ek dink die foxpro behoort te wees. Toets foxpro en hy werk nog. Skiet 'n derde een minute later. Toe ek by die foxpro kom is hy die ene bloed en hare. Derms l? oor die foxpro van die laaste skoot, maar hy werk nog. Twee tandgate en baie skrape later, maar hy is weer skoon.

Volgende keer trek ek harder as ek weer na jakkie skiet.

Re: Foxpro aangeval

Posted: Sun Mar 28, 2010 6:37 pm
by Gerhard
Mooi man!!!

Foxpro met karakter...  ;D ;D ;D ;D

Het jy fotos ???

Re: Foxpro aangeval

Posted: Sun Mar 28, 2010 7:37 pm
by Biker
KRUGER

Baie intressant. Dink jy hy het die Foxpro aangeval a.g.v. jou reuk op dit ?

BIKER

Re: Foxpro aangeval

Posted: Sun Mar 28, 2010 8:02 pm
by Kruger
Gerhard
Nog nie foto geneem nie. Sal sien of mens die skade duidelik kan sien op 'n foto en dit dan opsit.

Biker
Ek het ook gewonder of hy my reuk gekry het aan die foxpro en of dit dalk die reflector op die foxpro is wat sy aandag getrek het. Baie jare gelede skiet ek een aand 'n jakkals sommer by die bakkie. Daar was nog jakkalse aan die kom en ek het die lig afgesit om hulle kans te gee om in te kom. Dit was lank voor ons geweet het van dimmers. Voor ek weer die lig aansit hoor ek knor geluide en 'n gegrom. Toe ek lig aansit het die twee jakkalse wat op pad was die een wat ek geskiet het weerskante beet en skud hom goed rond. Weet ook nie of hulle die bloed geruik het en dit hulle getrigger het of wat nie, maar lyk my dit gebeur van tyd tot tyd.

Lyk my jy is 'n BMW man. Wat dink jy van die F800gs?

Groete
KL

Re: Foxpro aangeval

Posted: Sun Mar 28, 2010 8:17 pm
by Gerhard
Ek weet van die selfde tipe geval in VSA.

Die man moes skiet dat dit bars nadat die coyote sy foxpro in die hand gekry het en toe begin weg hol het...  ;D ;D ;D

Re: Foxpro aangeval

Posted: Sun Mar 28, 2010 8:25 pm
by Biker
KRUGER
Daai 800gs is n' great bike. Die 1200 gs is bietjie swaer maar vir die langpad ,baie lekker. Dit hang net af wat jy met die yster alles wil doen. Ek ry die 1200 gs Adventure en my hart se revs gaan op as ek net aan hom dink! As jy n bmw koop sal jy beslis nie spyt wees nie.

BIKER

Re: Foxpro aangeval

Posted: Sun Mar 28, 2010 9:19 pm
by britsman
Kruger,
Kruger wrote: Lyk my jy is 'n BMW man. Wat dink jy van die F800gs?
          So hierdie is die perd jy will Duitswes toe ry!!! Jy kan maar pointman van die convoy wees en voorry met die Jaracal flaggie. :D

BIKER,
          Kom saam. Ek sal maar ook help die perd ry,as jy moeg word. ;)

  groete,
            brits

Re: Foxpro aangeval

Posted: Mon Mar 29, 2010 7:41 pm
by Biker
BRITSMAN

AAAG MANNN  Het gaste vir die week  :'( :'( :'(

Anders het ek wragtig saam gegaan

BIKER