Page 1 of 1

K'roo Ranger 90 - 'n fotoverslag

Posted: Fri Jun 29, 2012 7:32 am
by WillJak
Hierdie is so ietsie anders - 'n mengsel van die oue en die nuwe - 'n "Friction Folder" met 'n "Liner Lock"....

Die klient is a'n wild bewaarder in een van Engeland se Nasionale Parke en het 'n baie sterk mes gesoek wat enige redelike mes taak sou kon verrrig - en wat baie veilig was om te gebruik

As gevolg van die meswette in Engeland het hy aanvanklike gedink aan 'n Friction Folder, waar die gelengde stert van die hef die lem veilig hou solank hy in jou hand is, maar die 90mm lem wat hy wou h? is alreeds buite die normale dra wet daar en omdat hy as gevolg van sy werk so mes kon motiveer, het ek voorgestel ons sit 'n liner lock ook in.

Hoekom die kombinasie? Wel:

1. Die verlengde lem rug maak dat die mes baie maklik met een hand oopgemaak kan work, veral in koue toestande met handskoene aan
2. Die slotte komplimenteer mekaar en wissel mekaar af as primere en sekondere slot, wat maak dat die mes ekstra veilig is
3. Selfs in die feitlik onmoontlike geval waar een van die slotte mag faal, het jy steeds 'n werkende mes
4. Die klient het slegte ervaring gehad met die sg "Ball Indent" stelsel op liner locks en hou nie daarvan nie - met die verstelbare skroef op die as van die friction folder kan die wrywing of spannig gestel word dat die mes ekstra veilig in die toe posisie ook is.

Vir die wat wonder oor die gebruik van brass as slot, onthou die volgende:
1. Verskeie w?reld bekende makers, soos GEC, Camillus/Camco, Imperial, Klein ens ens gebruik brass as slot, sommige vir amper 100 jaar al. Ek het 'n paar Camillus TL 29's hier wat jy kan sien hard gery en nat op stal gesit is vir oor die 60 jaar en die slotte werk nog perfek
2. In 90+% van gevalle vat die verlengde rugskuk van die lem die druk van die liner lock af, wat slytasie drasties verminder
3. Die slytasie wat dalk wel mag plaasvind kan plaasvind tot op die punt waar die slot agter die lem deurbeweeg om teen die oorkantse "liner" te druk - maar jy het steeds 'n 3mm slot agter 'n 4mm lem - met ander woorde, hy gaan n?rens heen nie. En bo en behalwe dit, het jy steeds die verlengde rugstuk van die lem as addisionele veiligheid.

Spesifikasie:
Lem: 4mm O1 gereedskapstal, vol hoogte konveks wat effens afplat na die snykant toe, afgewerk tot 400 grit satyn want dis 'n werksmes wat krappe gaan wys op gladde afwerkings
As: 4.5mm vlekvrye staal, verstelbaar en sluit in posisie met interne "grub" skroefie
"Liners" : 3mm Brass
Handvatsel: African Black Chacate

Na so bietjie ontwerp werk, het die klient die boonste ontwerp gekies:




Image

Afggetrek op deurslag papier om te kyk of die lem min of meer korrek beweeg:

Image

Image

Image

Dan op karton om 'n beter idee te kry van hoe hy gaan lyk en werk:

Image

Image

Templates:

Image


Parte gensy, en rofweg gepas:

Image

Image
Notice how the angle at the back of the tang would stop the blade from pushing past the liner in the hugely unlikely event of the stop pin failing:

Image

Sny van die liner lock:

Image

Aanvanklike resultaat:

Image


Hier beginne hy bymekaar kom:

Image

Image

Image


En die finale resultaat

Image

Image

Image

Image


Dankie vir die inloer en kommentaar is welkom, soos altyd!

Re: K'roo Ranger 90 - 'n fotoverslag

Posted: Fri Jun 29, 2012 8:16 am
by Witpietskiet
WillJak, nog n pragstuk.

Dit is iets rerig besonders.

Mooi loop

Re: K'roo Ranger 90 - 'n fotoverslag

Posted: Fri Jun 29, 2012 8:28 am
by henried
Besonders, Baie mooi.

Re: K'roo Ranger 90 - 'n fotoverslag

Posted: Fri Jun 29, 2012 4:28 pm
by FCLoretz
Fantasties goed gedoen. Wat sal so mes mens terug sit?

Re: K'roo Ranger 90 - 'n fotoverslag

Posted: Sun Jul 01, 2012 2:41 pm
by WillJak
Dankie manne, ek waardeer. FCLoretz, jammer ek vat so lank, ek jag vir so paar dae met kliente en my internet hier is nie te wonderlik nie! Ek maak hom vir R1475, ingesluit vir 'n gordel skede, uitgesluit posgeld (R65 toonbank tot toonbank)...

Re: K'roo Ranger 90 - 'n fotoverslag

Posted: Wed Jul 11, 2012 8:27 am
by johan1
jinne dis blerie oulik hoor> oulike messe wat jy het , eks mal oor jou idees

Johan

Re: K'roo Ranger 90 - 'n fotoverslag

Posted: Thu Aug 30, 2012 11:51 pm
by morne smith
Baie unieke en sterk mes Hy gaan nog baaaie skerpgemaak kan word in sy lewe.

Ai 'n mooi mes bly darem mooi. Hoeveel ure vat dit om die outjie te maak?

Re: K'roo Ranger 90 - 'n fotoverslag

Posted: Fri Aug 31, 2012 11:49 am
by WillJak
Hallo Morn?, dankie vir die gawe woorde man, ek waardeer. Om te maak - alles en alles so 10 ure maar daar is tyd tussen in wat die staal afkoel, of in die vrieskas l? ens ens so dit gebeur oor so paar dae. Een van die beroemde knipmens makers, Bob Terzuola, as iemand hom vra hoe lank vat dit om 'n ordentelike mes te maak, dan s? hy "10 uur en 20 jaar!"

Re: K'roo Ranger 90 - 'n fotoverslag

Posted: Fri Aug 31, 2012 2:09 pm
by Francois Marais
Willem

Spoggerig, spoggerig........

Mooi loop
Francois

Re: K'roo Ranger 90 - 'n fotoverslag

Posted: Fri Aug 31, 2012 10:49 pm
by WillJak
Dankie Cois! Ek het 'n "taktiese" weergawe van die mes klaargemaak vandag, vir 'n Amerikaner. Ongelukkig is my fotos sleg want dis in die nag geneem, maar ek sal later so paar opsit.