Page 1 of 1

Volstruisbiltong resep?

Posted: Mon Jul 02, 2012 3:45 pm
by Vaalboer
Hi

Het iemand 'n lekker volstruisbiltong resep? Maak mens hom soos gewone biltong of hanteer mens hom anders? Ek sou dink die speserye moet bietjie sterker wees of hoe?

Enige tips met die verwerking / afslag?

Dankie

Re: Volstruisbiltong resep?

Posted: Wed Jul 11, 2012 9:33 pm
by Boerie
Vaalboer
Ek het al 'n paar rand gemaak met die volstruis biltong so hele paar jaar terug toe die volstruisbedryf nog gewerk het in Nam.
Jy maak dit net soo enige ander biltong maar, sny alle vet af van die vleis. Die vet gee 'n "bitter" smaak. Maak ook seker jy laat le die vleis in die spices vir ten minste 24hr plus.
Hang die biltong tot 80% droog, moenie te nat eet nie.
Hoop dit help, lekker biltong maak.