Page 1 of 1
Visvang by die werk
Posted: Tue Jul 10, 2012 5:23 am
by jacojrdn
Wie se n man mag nie visvang by die werk nie. Het 7 uitgetrek in minder as n uur.
[img width=560 height=420]
http://i1164.photobucket.com/albums/q56 ... Dorado.jpg[/img]
Lekker dag
Jaco
Re: Visvang by die werk
Posted: Tue Jul 10, 2012 6:46 am
by Gerhard
Lekker man Jaco,
Die manne vang gereeld Dorries en Tuna van die rigs in Angola ook.
Somige rigs moet die manne hand lyn gebruik want vistokke word nie toe gelaat nie.
Ek is seker die kombuis was baie bly gewees oor daai lekker vis.
Die rigs maak n lekker kunsmatige rif waarvoor die Dorries baie lief is.
Wat se popper het jy gebruik?
Is daai n jigging stok wat jy gebruik het?
Re: Visvang by die werk
Posted: Tue Jul 10, 2012 7:41 am
by jacojrdn
Gerhard
Ja, dit is n jigging stok wat ek gebruik het. Ek is in India en dit is maar moeilik om poppers en ander kuns aas hier te kry.
Die aas wat die beste werk vir die Dorado is n 200mm besem stok met silver "tape" om. Gat in die middel deur geboor vir die strop en hoeke en dan duurskynende plastiek gesny in die vorm van vinne vas geskroef aan die hout. Hier is baie vlieende vis en die besemstk kuns aas boots hulle goed na as jy vinnig genoeg in katrol.
Die grootste werk is ook nie om hulle te vang nie, dit is om hulle van die water tot op die "deck" te kry, jy verloor meer as die helfde so. Ons gebruik n self gemaakte drie punt "gaf" wat aan n tou vas is en dan met n "caribiner" an jou lun vas knip as die vis langs die rig is. Jy laat sak dan die "gaf" en probeer die vis hak. As jy nie genoeg met die vis gespeel het nie, is dit hier wat hy die hoek uit spoeg en die hase pad kies.
Later
Jaco
Re: Visvang by die werk
Posted: Tue Jul 10, 2012 7:46 am
by Gerhard
Lekker man,
Ek het in Dubai ook so gesukkel om kunsaas te kry.
Oom Charles by die Fishing Pro shop het my besteling vir my gepak nog voor ek oppi vliegtuig geklim het SA toe.
Dan stap ek met nog n klomp goed by die winkel uit as ek klaar daar gekuier het.
Die 'Flying Gaff" gaan beslus mooi werk op die rig.
As jy kan neem n paar fotos vir die manne om vir hulle te wys hoe die platform lyk en hoe hoog die vis gelig moet word.
Is jy op n "Jack Up" rig?
Cheers en Stywe Lyne