Page 1 of 1

ST Nowhere Desember 2012

Posted: Wed Jul 11, 2012 10:45 am
by Boerie
Manne
Ek het my plekkie geboek vir Desember, klink my die besprekings vir Desember loop sommer vinnig.
Die grotes wag vir my! Ek sal nou na al die jag trippies die katrolle moet begin olie.
Namibia is die land van vis en vleis!!

Re: ST Nowhere Desember 2012

Posted: Wed Jul 11, 2012 11:29 am
by Louis102
Boerie wrote: .... Namibia is die land van vis en vleis!!
Aitsa!!

Boerie, jy moet nou net nie al die groot kabeljoue gaan staan en uitvang nie.  Ons sal nog details deurgee, maar ons / Jaracal Forum beplan weer 'n trip St Nowhere toe in die eerste deel van volgende jaar.  Los tog vir Heinrich, Rooies, Biker, Freddie ens. ook 'n paar grotes oor. 

Mooiloop
Louis

Re: ST Nowhere Desember 2012

Posted: Wed Jul 11, 2012 3:55 pm
by Boerie
Louis, die grotes een nie so lekker nie. Ek belowe alle kabbeljoue bo 5kg gooi ek terug sodat julle die grotes weer kan vang.

Re: ST Nowhere Desember 2012

Posted: Thu Jul 12, 2012 6:47 am
by Gerhard
Eendag as my skip in kom wil ek ook daar gaan lyn nat maak...

Of nog bietjie verder noord by Flamingo.

Hoe ver van die kant af vang julle die kabeljou Boerie??

Dink nogal n paddle tail wat reg op gestel is kan net die ding doen...

Re: ST Nowhere Desember 2012

Posted: Sat Jul 14, 2012 6:55 pm
by Boerie
Die grotes loop nogal diep, 100m plus. As jy net so agter die eesrte brander kan gooi sal jy die kleiner kabeljoutjies vang.
Vars aas is maar altyd die wen resep en nattuurlik is visvang soos jag.....vroeg opstaan en jou toerusting moet reg wees.
Moenie wag vir jou skip nie, die lewe is net te kort...doen net!!

Re: ST Nowhere Desember 2012

Posted: Mon Jul 16, 2012 6:31 am
by Freddie101
Louis102 wrote:
Boerie wrote: .... Namibia is die land van vis en vleis!!
Aitsa!!

Boerie, jy moet nou net nie al die groot kabeljoue gaan staan en uitvang nie.  Ons sal nog details deurgee, maar ons / Jaracal Forum beplan weer 'n trip St Nowhere toe in die eerste deel van volgende jaar.  Los tog vir Heinrich, Rooies, Biker, Freddie ens. ook 'n paar grotes oor. 

Mooiloop
Louis
Louis
Die grotes moet beslis vir ons gelos word. Sal maar die galjoene eet as die grotes nie so lekker smaak nie. :) :)

Geniet dit Boerie