Page 1 of 1

Watter GPS?

Posted: Sun Apr 18, 2010 6:06 pm
by .220 Swift
Manne

Ek wil ook 'n GPS he...maar wat moet ek koop? Enige voorstelle wat die beste sal werk vir ons behoeftes: nagwerk, om posisies te plot, roettes te wys, afstande uit te werk ens ens

Laat weet my asb wat julle uit ervaring geleer het.

220 Swift 

Re: Watter GPS?

Posted: Sun Apr 18, 2010 6:10 pm
by Gerhard
Ek gebruik 'n Garmin 60CSx

werk lekke vir my.

Re: Watter GPS?

Posted: Sun Apr 18, 2010 6:13 pm
by Theo E
220
GARMIN IS MAAR VAN DIE BESTE
THEO

Re: Watter GPS?

Posted: Mon Apr 19, 2010 1:39 am
by Mac
+1 by Gerhard

Re: Watter GPS?

Posted: Tue Apr 20, 2010 6:45 am
by Christo
220

Search so bietjie op die ouer topics. Daar was 'n lang bespreking oor GPS'e. Ek gebruik 'n Etrex Vista (CSX ?) en alhoewel hy van die ouer reekse is kry jy hom nog vandag en is hy lekker klein en met 'n hele klomp ander funksies ook by.

Daar is nie meer GPS'e op die mark maar bly net by Garmin en jy sal nie fout maak.

Christo

Re: Watter GPS?

Posted: Tue Apr 20, 2010 10:05 am
by .220 Swift
Ek oorweeg tans die Garmin Oregon 550T.

Enige ervaring/opinies van die model?

Re: Watter GPS?

Posted: Tue Apr 20, 2010 11:25 am
by Gerhard
As ek reg onthou het daar vd produk verslae probleme ondervind met die Oregon.

Ek sien te veel probleme met touch screen gadgets so sal nie sommer GPS trust met een nie.

Maar dit is maar my opinie.

Garmin maak goeie produkte.

Re: Watter GPS?

Posted: Wed Apr 21, 2010 10:39 pm
by theedge
220  Ek gebruik nou al geruime tyd garmin (word nie betaal vir add nie) en moet met jou eerlik wees ek sal nie gou verander nie. Ek het 'n garmap 76s gehad dit was een van die ou modelle baie leker gewerk en als maar soos dit maar gaan met ons toys word die goed mos net beter en duurder.  Ek het toe later 'n Geggo gehad dit is egter net 'n basiese gps geen kaarte nie.  Ek is toe voorgestel aan Garmin Legend Hcx ek het nou al n paar van hulle gehad.  Moet nie skruk as ek se paar nie. Elke keer kry ek vir my een dan moet ek afstand doen asgevolg van pelle wat hom soek.  Wat vir my baie lekker werk is die kaart reeks op die stel. Dit is 'n handstel, met topgraf. kaarte en gewone kaart.  Ek gebruik die gps ook in my motor as ek ry.  Die stel is baie gebruikers vriendelik.  En dan seker een van die groot redes die min van fin sien nie die skade op bank belans nie.  Al die genoemde gps was garmins gewees maar laasgenoemde werk vir my en 'n klomp van my pelle

Re: Watter GPS?

Posted: Thu Apr 22, 2010 12:57 am
by .220 Swift
Baie dankie vir die terugvoer Manne

Sommer 'n klomp vrae op een slag beantwoord.

Die Garmin reeks is duidelik "the way to go"

Ek het weer gaan kyk na Oregon reviews en dit lyk nie vir my ek gaan waarde vir geld daar kry nie.

Ek hou van wat ek hoor van die Garmin Legend en gaan verder daarop ingaan. As jakkalsjagters se dit werk vir hulle op pad en bos - dan's dit goed genoeg vir my :)

Groette

.220

Re: Watter GPS?

Posted: Mon Jul 12, 2010 5:46 pm
by Piet Breedt
Ek het n Garmen 60 CSX wat ek baie tevrede mee is. Ek het n topografiese kaart, Trac's of Africa, streetmaps, sowel as die Atlantic blue chart op het vir die visvang op die see.

Ek kan hom hoog aanbeveel, as jy n "handheld" wil h? wat alles kan doen, maar hy is so bietjie duur.

Re: Watter GPS?

Posted: Thu Sep 16, 2010 11:45 am
by TenTwenty
Garmin 60CSX is 'n moet vir die veld. :D

Groot genoeg geheue om meer as een kaart te kan laai en kan maklik lees met 'n batery wat lank kan hou.