Page 1 of 1

Potbrood resep

Posted: Sun Jul 15, 2012 11:19 am
by Christo
[img width=560 height=420]http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... brood5.jpg[/img]


Hierdie resep kom al van ons bly in Oshakati af saam. Nog "nooit" misluk nie. Klink te eenvoudig maar dit is die geheim.

1kg Koekmeel ( 7 koppies )
1 pakkie yeast ( Ancor se pers pakkie werk die beste )
10ml sout
?2 3/4 koppies water

Meng alles saam op tafelblad. Maak dammetjie vir die water, nie nodig om dro? bestandele eers te meng met mekaar nie. Knie tot hande skoon is, deeg moet nie te styf wees nie. Gooi bietjie olie in jou hand en smeer deegbol, plaas in bak en laat rys op warmer plek tot dubbel die grote.

Maak bolletjies so eier size en plaas in pot. Pasop om te veel te manipuleer ( dit vat die lekker ligte/fluffy tekstuur weg ), ek sal later probeer om foto's te plaas van hoe Irma die bolletjies met haar wysvinger en duim afknyp vir die wat nie weet hoe nie. Laat rys weer die pan vol.

Bak vir ? 40 minute @ 180-200 grade. Wanneer jy bo-op die brood klop moet hy hol klink, dan behoort hy gaar te wees. Op vuur moet jy eie diskressie gebruik. Smeer brood met eiergeel sodra gaar en laat bak nog vir so 3-5 minte tot korsie mooi gekleur het. Ek gooi hier sommer gerasperde kaas ook oor.

Gekerfde olywe ingemeng net voor die deeg in bakpan kom is baie lekker.

Ek het so tyd terug begin op rogmeel (rye) in te sit deur 3 koppies koekmeel met 4 koppies rogmeel te vervang om 'n lekker ligte rogbrood te maak.  Hy is nie heeltemaal so "fluffy" soos die resep nie maar ook nie so swaar soos rogbrood wat jy in winkels koop nie, die smaak van rogbrood is wel daar. Ek laaik hom baie.

Die deeg is uitstekend vir vetkoek.

Re: Potbrood resep

Posted: Sun Jul 15, 2012 11:22 am
by Christo
Try me, ek's lekker  ;D

En laat weet hoe dit gegaan het.

Re: Potbrood resep

Posted: Sun Jul 15, 2012 2:13 pm
by Rooies
Nou dan beter jy hom oefen vir "ST NOWHERE 2013" ons kanni sonder brood en vleis
visvang nie.

groete
reds

Re: Potbrood resep

Posted: Sun Jul 15, 2012 2:37 pm
by Kallie404
Manne, Christo het so week terug by ons gekuier in ons jag kamp en het een aand hierdie brood aan-mekaar geslaan...................glo my dit is wragtag lekker :)

Dankie vir die resep Christo, gaan hom volgende week probeer in die jag veld in Messina ;)

Re: Potbrood resep

Posted: Sun Jul 15, 2012 2:52 pm
by Christo
Rooies,

                deal is aan, ek ly reeds aan fishinglietes of iets erger, April 2013 is ver weg  :(

Kallie,

                daai potbrood op Messina sal werk. Dankie dat ons daar by julle kon kamp, aan al die manne wat 'n lekker kampplek soek en goeie jaggeleentheid, moenie vergeet van Kallie404 en sy pa nie. As hulle nie omgee sal ek later 'n paar foto's van die kampplek plaas, daai slaghuis kan 'n kameelperd opkatrol en ingaan sonder dat hy oppie grond druk ( dink so altans )

Re: Potbrood resep

Posted: Sun Jul 15, 2012 5:13 pm
by Frederik
Ek dink ek gaan jou resep probeer daar in die karoo met die springbok jag. Dankie