Page 1 of 1
Raad aangaande derms
Posted: Mon Jul 16, 2012 9:10 am
by gillie
More menere
Jammer ek post dit hier, het nie geweet waar anders nie.
Ek wil bietjie wors maak, let wel bietjie, paar kg. Waar kan ek vark en skaapderm kry sonder om in grootmaat aan te koop ? Hoe lank kan ek dit stoor ens ?
Dankie
Johan
Re: Raad aangaande derms
Posted: Mon Jul 16, 2012 12:50 pm
by FHM
Johan ek weet nou nie waar jy gelee is nie, maar ek kom gewoonlik reg by my plaaslike slaghuis of andersins Agra. Verduidelik net jou slagter jy wil n kilo of twee spesiale resep traai van jou oupa of so-iets en dan behoort hy jou n paar dermpies te gee man. As ek reg onthou het my pa die derms in sout or pekelsout vir n jaar of twee gehou in die vrieskas.
Laat weet op jou pos waar presies jy woonagtig is - dalk sien van die manne hier wat jou kontrei bly dit raak en kan jou raad gee.
Sterkte

Re: Raad aangaande derms
Posted: Mon Jul 16, 2012 1:42 pm
by gillie
Dankie FHM
Ja ek is net duskant die boerewors gordyn in Jhb. Probleem is my gereelde slaghuis het oornag toegemaak, hulle huurkontrak is nie verleng nie.
Sal vra as ek weer naby ordentlike een verby gaan.
Groetnis
Re: Raad aangaande derms
Posted: Mon Jul 16, 2012 2:12 pm
by SV MAD (Henk)
Crown National in modderfontein. Bel hulle. Hulle verskaf aan slafhuise.
Re: Raad aangaande derms
Posted: Mon Jul 16, 2012 2:49 pm
by gillie
Dankie Henk, ek het daai manne opgeline, wou eers van die forum hoor.

Re: Raad aangaande derms
Posted: Mon Jul 16, 2012 2:57 pm
by Cz_apie
Re: Raad aangaande derms
Posted: Mon Jul 16, 2012 3:37 pm
by gillie
Partykeer is Bobbejaansburg 'n beter beskrywing...