Page 1 of 1
Ons gaan die naweek `n bietjie vis soek!
Posted: Tue Jul 17, 2012 10:44 am
by JuanPaul
Hallo Almal,
Ons was April laas op die water, maar het in die tussentyd darem lekker gejag, maar dit het nou tyd geword om bietjie my boot(Makhulu Tom) weer in die water te sit, so die komende naweek gaan ons weer vir `n slag met stok en katrol in die water te jag vir Tuna, Cuda en Kabbeljou en hoop om ietsie raak te ry daar binne, so hopelik kan ek Maandag vir julle `n paar fotos wys van `n vis of twee!
Groete
Juan
Re: Ons gaan die naweek `n bietjie vis soek!
Posted: Tue Jul 17, 2012 10:49 am
by Reggie Gerber
JP Where are u launching from.
Tight lines
Reggie
Re: Ons gaan die naweek `n bietjie vis soek!
Posted: Tue Jul 17, 2012 10:55 am
by JuanPaul
Reggie, Richardsbay at Meer en See boatclub.
Cheers
Juan
Re: Ons gaan die naweek `n bietjie vis soek!
Posted: Tue Jul 17, 2012 8:23 pm
by Piet Breedt
Voorspoed Juan, maar soos ek jou ken sal jy nie maklik lee hande terug kom, behalwe as die weer snaaks draai
Stywe lyne
Re: Ons gaan die naweek `n bietjie vis soek!
Posted: Tue Jul 17, 2012 10:01 pm
by Frederik
Sal graag paar grootes op 'n fototjie sien of twee.
Re: Ons gaan die naweek `n bietjie vis soek!
Posted: Wed Jul 18, 2012 9:56 am
by Marc
O ouers ek is nou jaloers, julle moet dit geniet
STYWE LYNE

Re: Ons gaan die naweek `n bietjie vis soek!
Posted: Wed Jul 18, 2012 10:18 am
by JuanPaul
Dankie manne, glo my, ek kan self nie wag nie.......en die die weer word net al beter en beter!!!!!

volgens Windguru en Windfinder.
Groete
Juan
Re: Ons gaan die naweek `n bietjie vis soek!
Posted: Sun Jul 22, 2012 9:30 pm
by JuanPaul
Hi manne,
Ons was Saterdag uit en moes vroeg terug met 'n wille suide wind wat deur gekom het, maar ons het darem so 'n paar Tunas gekry op vertical jigging vir die oggend
Re: Ons gaan die naweek `n bietjie vis soek!
Posted: Sun Jul 22, 2012 9:46 pm
by JuanPaul
Sorry daai is my seun besig met 'n tuna hier is die vis
Re: Ons gaan die naweek `n bietjie vis soek!
Posted: Mon Jul 23, 2012 8:09 am
by JuanPaul
So lyk `n daisy chain wat ons gebruik vir yellow fin`s en bonnies, kyk hoe het die tunas die een verniel die 3way swivels en die vmc hoeke is oop getrek, die lyn is 160lb.
Re: Ons gaan die naweek `n bietjie vis soek!
Posted: Mon Jul 23, 2012 7:09 pm
by Marc
Lekker man Juan
Bly julle kon darem 'n paar aantree
Mooiloop
Marc
Re: Ons gaan die naweek `n bietjie vis soek!
Posted: Mon Jul 23, 2012 7:33 pm
by JuanPaul
Thanks Marc, ek sien ons bly naby aan mekaar in die Vuildriehoek
Groete
Juan
Re: Ons gaan die naweek `n bietjie vis soek!
Posted: Mon Jul 23, 2012 7:46 pm
by Gerhard
Is jy nie bang vir stok breek met die High Stick op die Jigging stok?
Ek onthou dat dit manne nogal kwaai gepraat het op n stadium oor stokke wat breek agv high stick...
Bly julle het mooi vis gekry.
Re: Ons gaan die naweek `n bietjie vis soek!
Posted: Mon Jul 23, 2012 8:29 pm
by JuanPaul
Gerhard wrote:
Is jy nie bang vir stok breek met die High Stick op die Jigging stok?
Ek onthou dat dit manne nogal kwaai gepraat het op n stadium oor stokke wat breek agv high stick...
Bly julle het mooi vis gekry.
Dankie Gerhard, dit is nie eers Jigging stokke nie, ons het eers poppers gegooi en toe daarna met dit gejig, ek weet nie van high en low nie maar net dat n goeie stok die ding moet kan doen om n YFT op te bring boot toe veral as die taxman daar is jy moet sien hoe buig my zuluski met 'n 200kg haai die Boonste foto is niks anyway hier is een wat low is
Re: Ons gaan die naweek `n bietjie vis soek!
Posted: Tue Jul 24, 2012 4:49 am
by Gerhard
Hier hou hy die stok teen die regte hoek vas om die meeste uit die stok te haal...
Deur die stok teen 50 grade te hou kan jy as voorbeeld met sommige stokke tot 35kg se druk toe pas op die vis.
Maar die selfde stok teen 90 grade gaan vir jou net 18 kg se druk gee.
So as die Jonnies in die omgewing is moet jy daai vis "donza" dat dit bars...
Hoeveel het die taxman kom haal die naweek?
Vertel bietjie hoe julle setup gelyk het...
Stok, katrol, lyn, popper en jigs
Re: Ons gaan die naweek `n bietjie vis soek!
Posted: Tue Jul 24, 2012 6:15 pm
by Piet Breedt
Hel maar die see was mooi plat. Lekker Juan
Re: Ons gaan die naweek `n bietjie vis soek!
Posted: Thu Jul 26, 2012 8:55 am
by JuanPaul
Dankie Piet,
Ja dit is die ''lal" wat jy kry as die wind draai of soos die ou mense gese het "die stilte voor die storm" in die staduim het ons alreeds die wit miswolkies op die suidelike horison gesien en geweet die suide wind is sterk op pad! so uur later was hy daar en het hy so 38km/h gewaai toe ons terug gery het hawe toe so in die omgewing van 11.30, en glo my toe was hy nie so plat nie, jy weet mos wat doen `n groot suide wind met die see.
Gerhard, ons gegruik maar eintlik net Shimano op my boot, maar het maar so hier en daar ietsie anders, ek is ook gereigestreer vir charters en vat meestal net kooperatiewe groepe uit en dus moet my "equipment" die beste wees wat daar is, verder vang ons baie kompetisies wat ook bydrae dat alles MOET reg wees op die boot. In die geval het ons met Poseiden popper stokke gevang met Shimano Saragosa 18000 katrolle met 80lb braid en 120lb florocarbin. Ons het die groot Helco poppers gegooi in rooi en goud, maar toe die vis sound het ons oorgeslaan na die jigs en daar het ons butterfly jigs gebruik met groot sukses maar die manne in die grys jasse het ons klaar gemaak waarna ons so 500mm nommer 9 draad voor die jigs aangesit het, hierna het ons lekker sports gehad en hulle dan tot by die boot of dan baie naby aan die boot gebring het(Jy weet mos wat doen die goed as hulle naby die boot kom - hulle spring uit die water en tol die lyn om hulle lywe en maak dan dood eenvoudig hulle lywe reguit en breek jou sodoende af!)Sover die fotos aangaan is dit random geneem en word die vis gepomp met `n lig aksie en sodra jy sak rol jy alles in `n vinnige aksie, en so word dit maar herhaal tot die bo is.
Ek is maar `n game vis en marlyn fan.....hier is van my konas
Re: Ons gaan die naweek `n bietjie vis soek!
Posted: Thu Jul 26, 2012 8:44 pm
by Piet Breedt
Juan het meer Konas met Marlyn strikes (snawel merke) op, as wat ek lures op my boot het. As hy s? sy goed is net van die beste, dan bedoel hy dit. K?rels, dit is net n plesier om saam so maistro op die water te wees. Sy toerusting is top notch
Re: Ons gaan die naweek `n bietjie vis soek!
Posted: Fri Jul 27, 2012 7:09 am
by Gerhard
JuanPaul wrote:
Dankie Piet,
Ja dit is die ''lal" wat jy kry as die wind draai of soos die ou mense gese het "die stilte voor die storm" in die staduim het ons alreeds die wit miswolkies op die suidelike horison gesien en geweet die suide wind is sterk op pad! so uur later was hy daar en het hy so 38km/h gewaai toe ons terug gery het hawe toe so in die omgewing van 11.30, en glo my toe was hy nie so plat nie, jy weet mos wat doen `n groot suide wind met die see.
Gerhard, ons gegruik maar eintlik net Shimano op my boot, maar het maar so hier en daar ietsie anders, ek is ook gereigestreer vir charters en vat meestal net kooperatiewe groepe uit en dus moet my "equipment" die beste wees wat daar is, verder vang ons baie kompetisies wat ook bydrae dat alles MOET reg wees op die boot. In die geval het ons met Poseiden popper stokke gevang met Shimano Saragosa 18000 katrolle met 80lb braid en 120lb florocarbin. Ons het die groot Helco poppers gegooi in rooi en goud, maar toe die vis sound het ons oorgeslaan na die jigs en daar het ons butterfly jigs gebruik met groot sukses maar die manne in die grys jasse het ons klaar gemaak waarna ons so 500mm nommer 9 draad voor die jigs aangesit het, hierna het ons lekker sports gehad en hulle dan tot by die boot of dan baie naby aan die boot gebring het(Jy weet mos wat doen die goed as hulle naby die boot kom - hulle spring uit die water en tol die lyn om hulle lywe en maak dan dood eenvoudig hulle lywe reguit en breek jou sodoende af!)Sover die fotos aangaan is dit random geneem en word die vis gepomp met `n lig aksie en sodra jy sak rol jy alles in `n vinnige aksie, en so word dit maar herhaal tot die bo is.
Ek is maar `n game vis en marlyn fan.....hier is van my konas
Baie netjies,
Ek het nou al op n paar plekke gelees oor die Poseidon popping stokke wat mooi werk en dit vir R750 n stok...
Ek is ook baie lief vir Shimano.
Het n klomp keer gaan konas sleep vir Marlyn en Seilvis uit Luanda ...
Maar ek verkies maar die popping en vertical jigging manier van hengel uit op die blou dam.
Jy moet bietjie meer fotos en stories op sit van jou vis sessies
Re: Ons gaan die naweek `n bietjie vis soek!
Posted: Mon Aug 20, 2012 11:57 am
by JuanPaul
Gerhard,
Daai Poseidon stokke is verseker goeie waarde vir geld en so ook die Shimano Saragossa 18000 katrolle, ek het ook Stella 10000`s katrolle en glo my die Saragossa staan nie terug vir die Stellas nie en dit vir amper `n kwart van die prys plus die feit dat dit baie meer lyn kapasiteit het as die Stellas. Ek was die vorige naweek weer af en het die Saterdag weer mooi vasgemaak met tunas van so 7 na 15kg op die jigs op `n vriend van my se boot. Nou is maar eintlik nie `n goeie tyd vir hengel aan die Oos kus nie en doen almal maar meestal "maintenance" gedurende die tyd en wag ons nou vir November as die Dorados kom wat dan weer die Marlyne sal lok. Ek sal verseker verslae plaas, saam met fotos as ons nou weer "erinstig" begin vang so hier in November se kant, maar voor dit wil ek eers weer jakke gaan soek as ek `n kansie kry!
Dankie
Juan