Page 1 of 1
Dis wat in die kaap gevang word nou
Posted: Fri Jul 20, 2012 11:19 am
by Rossouw
Hier in die kaap gan daar nie veel aan nie ons vang maar op die stadium net haaie. Hier kom ook tans n paar galjoene uit.
Julle ouens is baie welkom om my te vrae wat waar in die kaap aangan. Ek hou my self op hoogte van wie wat vang so dat as die vis mooi loop ek vir die mense op TV kan wys wat in die kaap uitkom. So hou ASFN op supersport dop
Re: Dis wat in die kaap gevang word nou
Posted: Fri Jul 20, 2012 11:28 am
by Rossouw
hoop hy laai nou
Re: Dis wat in die kaap gevang word nou
Posted: Fri Jul 20, 2012 11:45 am
by FHM
Rossouw, watse haai is daai - kennie daai een nie?
Re: Dis wat in die kaap gevang word nou
Posted: Fri Jul 20, 2012 11:51 am
by Rossouw
FHM Dis n koei haai. Hulle kom al langs die kus voor tot daar bo by julle in Nam.
Dit was n kleintjie wat ek gevang het met n tag die ou was meer as 600dae vry gewees en het net 4cm gegroei
Re: Dis wat in die kaap gevang word nou
Posted: Fri Jul 20, 2012 12:15 pm
by FHM
Rossouw wrote:
FHM Dis n koei haai. Hulle kom al langs die kus voor tot daar bo by julle in Nam.
Dit was n kleintjie wat ek gevang het met n tag die ou was meer as 600dae vry gewees en het net 4cm gegroei
Ok ja ek ken Koeihaaie, seker omdat ek nog nie n 'junior' gesien het nie hehehehe. Fooken grotes hier by ons by die voeleiland net buite WVB oppad SKP toe - paar manne wat ek ken wat haai vang het al lyn gesny daar!...

Galjoen was nou die afgelope tyd still hier rondom ons. Ons het Oosweer gehaad die afgelope twee weke en die weer het vandag gedraai - dus gaan ek more op Langstrnd vir n paa velle soek - met die draai weer behoort hulle te loop. My grootste galjoen laasjaar daar gevang - 3.2 Kg

Re: Dis wat in die kaap gevang word nou
Posted: Fri Jul 20, 2012 1:02 pm
by Rossouw
Ek het gehoor daar is mooi tandekaste daar by julle. Ek wou die naweek ook gan lyn nat maak het maar nou gan ek jakals jag vir die naweek.
Hoop jy trek n bielie van n gallie die naweek onthou net om b foto op te sit asb
Re: Dis wat in die kaap gevang word nou
Posted: Fri Jul 20, 2012 2:26 pm
by theedge
Nou leer ek ook weer van n nuwe haai en ek bly by die see
Re: Dis wat in die kaap gevang word nou
Posted: Fri Jul 20, 2012 2:30 pm
by Rossouw
Ek het nou al so baie geleer van skiet in die twee dae wat ek op die forum is en daar kan ek ook iemand iets nuuts leer.
Re: Dis wat in die kaap gevang word nou
Posted: Fri Jul 20, 2012 2:31 pm
by FHM
theedge wrote:
Nou leer ek ook weer van n nuwe haai en ek bly by die see
Moenie dat die woord 'koei haai' jou misgis nie - daai goed het freaking lelike tande - ek dink die koei-haai is familie van id is selfs die skeurtand haai of "ragged tooth shark"soos die engrish peepil hom roep, Waar is die haai kenners?
Re: Dis wat in die kaap gevang word nou
Posted: Fri Jul 20, 2012 6:45 pm
by Gerhard
Mooi Rossouw,
Hou ons op hoogte wat byt in jou omgewing.
Die koei haai groei baie stadig.
Hoeveel tag visse het jy al gevang?
Re: Dis wat in die kaap gevang word nou
Posted: Sun Jul 22, 2012 12:24 pm
by Vlakvark
FHM Dis n koei haai.
Is dit nou 'n Bul shark wyfie

Re: Dis wat in die kaap gevang word nou
Posted: Mon Jul 23, 2012 7:46 am
by Rossouw
Gerhard ek staan nou op 11 vis at ek gevang het met tags in.
2 raggies
4 koiehaaie ( die vis beweeg nie baie nie so jy vang taamlik gereeld van hulle wat getag is. )
1 Steenbras
3 Bronzies
1 kabeljou ( hierdie kabeljou was getag gewees op die sat en ek het hom die sondag 500m van waar hy getag was gevang.)
Re: Dis wat in die kaap gevang word nou
Posted: Mon Jul 23, 2012 9:23 am
by FHM
Vlakvark wrote:
FHM Dis n koei haai.
Is dit nou 'n Bul shark wyfie
Grap gat!
Re: Dis wat in die kaap gevang word nou
Posted: Mon Jul 23, 2012 4:44 pm
by tau
Snoek loop kwaai, millers, Robben en Dassen eiland. OOk Slender Tuna by Robben opgekom.
Iemand het Saterdag 50 kg Geelvin tuna gevang teen Dassen!!!!!! My local spot, dit is soos om in die Karoo in 'n olifant vas te loop.
Re: Dis wat in die kaap gevang word nou
Posted: Tue Jul 24, 2012 7:24 am
by Rossouw
Dankie tau.
Daar was n paar los kabeljoukies by kalbaai hawe gewees maar met die n weer is hulle weer weg.
Aas bankies gee n paar galjoene op wurm maar die mane se die vis is nou maar min.
Daar behoord met die klynbietjie noorde weer n paar koeihaai in die strand ook te wees.
Daar kom taamlik galjoen by betiesbaai uit maar die manne se nie waar nie.
Dis die vis wat ek gister van gehoor het