Page 1 of 1
Rietvlei dam
Posted: Mon Jul 30, 2012 8:53 am
by Frikkiedbr
Goeie More Dames en Manne,
Ek wil graag hoor as dit die moeite werd sal wees om vir die dag daarna rietvlei dam toe te gaan saam met vroutjie en die kinders?
Ek is nou nie 'n groot papgooi man nie maar wil graag die kinders uit vat om bietjie te gaan hengel.
Hoop julle kan my uit help?
Dankie
Groete
Frikkie
Re: Rietvlei dam
Posted: Mon Jul 30, 2012 9:38 am
by Pumba30-06
More Frikkie
Rietvlei is n baie moeilikke dam inĀ my ervaring. Wanneer die visse byt is dit lekker maar dis nie te gereeld nie.
Ons gaan vang spesie daar maar die visse is gewoonlik nie te volop nie maar die wat uit kom is gewoonlik mooi en groot.
Ons was twee naweke terug daar en op die hele oewer het net 1 vis uit gekom.
Dis my ervaring.
Groete
Jurgens
Re: Rietvlei dam
Posted: Mon Jul 30, 2012 10:20 am
by Vosman
Frikkie,
Ek het self nog nie 'n goeie ervaring by rietvlei gehad nie. Probeer dalk eerder bronkies of Roodeplaat. Dit is verder maar in my ervaring is jou kans op sukses beter.
Sterkte.
Re: Rietvlei dam
Posted: Mon Jul 30, 2012 10:39 am
by Frikkiedbr
Goeie More,
Baie dankie vir die raad
Ek sal maar na Roodeplaat of dronk word spruit toe gaan, of harties toe.
Baie dankie weereens.
Mooi dag
Groete
Re: Rietvlei dam
Posted: Mon Jul 30, 2012 5:55 pm
by Frederik
Frikkie,
Ek kan Roodeplaat voorstel veral as jy weer gaan as dit warm is koop wurms en dan kan die kinders lekker klein kurpers vang terwyl jy wag vir so bietjie groter enetjie water is baie skoon en die assinte se probleme is weg.
Bronkhorspruit is ook nie sleg nie maak net seker jy gaan na die rersevaat gedeelte en daar is blesbokke en volstruise wat tussen die mense deurloop.