Page 1 of 1

Jag Geweer Scopes

Posted: Wed Aug 01, 2012 5:21 pm
by SausageSavage
Ek het nou vandag vir my Liksens gaan aansoek doen vir my eerste geweer, so nou die extras...

Ek het na 'n paar opsies gaan kyk, op Scopes onderandere. My Begroting is maar klein want vroulief soek ook nou 'n stokpertjie so ek moet die kleingeld Mooi deel anders het ek meer as net 'n Kwaai leeu wat op my af storm!

My Opsies was die volgende en ek het toe besluit op die Nikko Stirling Game King Illuminated 4-16 X 50 (Omdat hy mooi lyk en omdat ek so ander Oomie met een gesien het toe hy sy Eland RAAK geskiet het die eerste keer op 180M..)

1. Nikko Stirling Game King Illuminated 4-16 X 50 (R1149.00)
2. Tasco 6-24x42 Target / Varmint (R1369.00)
3. Gamo - 4-16x50 MDAO Scope (R1189.00)

Die make is ek nog van almal bekend maar is oor 2 gewaarsku oor hul Kwaliteit en leeftyd.. "Die Tasco se kruis skuif rond" en "die Gamo se verstellings bly nie op plek nie" is wat ek as algemeen gehoor het. Die Gamo Scope se knoppe is sag wat beteken dat hy homself uit stel met tyd na so paar skote.

Ek hoop maar ek maak die regte besluit so as daar iemand is wat bietjie kennis dra op sulks, sal ek dit baie waardeer as julle jul mening lug!

Re: Jag Geweer Scopes

Posted: Wed Aug 01, 2012 5:44 pm
by wlm
Quote"Vir die van julle wat in die mark is vir n teleskoop, maar nie baie het om te spandeer nie, gaan kyk by S&O se website onder specials. Daar is n baie aangename verrassing.

Nikon Pro Staff 3-9*40 vir slegs R1300.00."
SS
Moet jou nie teen die vergroting van die teleskoop blind staar nie. Hierdie een is beter as al jou keuses.

Re: Jag Geweer Scopes

Posted: Wed Aug 01, 2012 5:49 pm
by Drenalinjunkie
Stem saam.  Nog beter spaar nog n maand of twee wat jy vir die lisensie wag en koop dan iets in die R4000 klas wat jou baie beter diens sal gee.

Re: Jag Geweer Scopes

Posted: Wed Aug 01, 2012 6:07 pm
by BRNO (Pierre)
wlm wrote: Quote"Vir die van julle wat in die mark is vir n teleskoop, maar nie baie het om te spandeer nie, gaan kyk by S&O se website onder specials. Daar is n baie aangename verrassing.

Nikon Pro Staff 3-9*40 vir slegs R1300.00."
SS
Moet jou nie teen die vergroting van die teleskoop blind staar nie. Hierdie een is beter as al jou keuses.
Dankie. Amper het ek dit gedoen.

Ter inligting. Ek het n 1984 Tasco 4*40 tot baie onlangs op my .22 gehad, waaraan daar die laaste ongeveer twee jaar nie n klik aan sy kruishaar gestel is nie, en hy het nog 10 skote binne 25mm op 50m geskiet.

Re: Jag Geweer Scopes

Posted: Thu Aug 02, 2012 3:46 pm
by Flip Groenewald

Re: Jag Geweer Scopes

Posted: Thu Aug 02, 2012 4:03 pm
by BLOK
Worsie

Voor jy junk koop kyk eerder na n beter scope met dalk minder vergroting. Om nou geld te wil mors op n nie goeie scope en later spyt te wees kan jy seker doen maar ek sou nie.

Al 3 die scopes wat jy daar noem het maar n reputasie wat nie te goed is nie. Daai Nikon is seker nie die beste op die mark nie maar ek belowe jou as hy iets oorkom gaan Safarie nie um of a nie hulle gaan hom of laat regmaak of soos ek hulle ken jou sommer n nuwe een gee.

Koop liewers nou iets met n kleiner vergroting, en spaar tot jy n ordentlike scope kan koop as jy meer vergroting soek.

Is maar wat ek sou doen.

Re: Jag Geweer Scopes

Posted: Thu Aug 02, 2012 4:19 pm
by Eugene
BLOK wrote: Junkie

x2!!!

Re: Jag Geweer Scopes

Posted: Thu Aug 02, 2012 6:00 pm
by MEERKAT
Savage
Is jy lief vir stap, enige een van daardie drie gaan jou laat stap dat jou voete warm word.

Groetnis

Re: Jag Geweer Scopes

Posted: Thu Aug 02, 2012 7:19 pm
by Carl
+3 hoekom soek jy sulke groot vergrotings en verligte kruishaar. Ek sal beslis eerder kyk na beter glas en handelsnaam, bv die Nikon. Hulle het en sal van die beste na-verkope diens lewer.

Re: Jag Geweer Scopes

Posted: Fri Aug 03, 2012 12:36 am
by KalahariKlong
Jy kan ook kyk na die Burris Full Field 2 in 4.5 - 14 x 42 met die mill dots.
Een van die meeste waarde vir geld scopes wat ek nog gesien het.
Pm vir Sj hier op die forum, hy gaan jou mooi help en die pryse is reg.

Groete
KK

Re: Jag Geweer Scopes

Posted: Fri Aug 03, 2012 6:08 am
by NicoSmit
Daar is niks fout met 'n Tasco nie ek het 'n Tasco 4x40 op my 30 06 vanaf 1988 en het die laaste 3jaar nog nie een keer aan hom verstel nie hy is ingestel op 100m en waar ek mik daar tref hy . Ek het laas week 'n BWB op 115 tree geskiet en sy het net daar geval waar sy gestaan het .

Re: Jag Geweer Scopes

Posted: Fri Aug 03, 2012 9:36 am
by LUAN
Ja maar dis die ou Tasco's wat nog goed is. Die nuwes word nie meer deur dieselfde mense gemaak nie en het baie probleme en daar is n rede hoekom hulle so cheap is. Koop n Burris of Nikon en klaar.

Re: Jag Geweer Scopes

Posted: Sun Aug 05, 2012 6:00 pm
by Hein M.
KalahariKlong wrote: Jy kan ook kyk na die Burris Full Field 2 in 4.5 - 14 x 42 met die mill dots.
Een van die meeste waarde vir geld scopes wat ek nog gesien het.
Pm vir Sj hier op die forum, hy gaan jou mooi help en die pryse is reg.

Groete
KK
Worsman,

Jy kry baie goeie raad hier oor Burris en Nikon.

Koop maar liewer reg en slaap gerus...

Mooiloop!

Hein M

Re: Jag Geweer Scopes

Posted: Sun Aug 05, 2012 6:03 pm
by Hein M.
NicoSmit wrote: Daar is niks fout met 'n Tasco nie ek het 'n Tasco 4x40 op my 30 06 vanaf 1988 en het die laaste 3jaar nog nie een keer aan hom verstel nie hy is ingestel op 100m en waar ek mik daar tref hy . Ek het laas week 'n BWB op 115 tree geskiet en sy het net daar geval waar sy gestaan het .
Nico,

Daar is 'n reuse kwaliteitsverskil tussen 'n 1988-Tasco en die Tasco's wat jy deesdae koop...
Net die naam is dieselfde ;)

Maar ek stem heeltemal saam met jou.  My pa (76) het tot laasjaar toe nog 'n 4x40 Tasco (1992 model) op sy 223 gehad. Hy het met reelmaat die 55-greiners op lang afstande deur duikers se koppe laat fluit.  Ek het intussen vir hom 'n x12 vergroting Nikon laat opsit en ek is nou sy nuwe hero, want hy kan nie glo dat 'n teleskoop "so goed kan kyk nie"!!!

So, jy is heeltemal reg, maar ongelukkig het die Tasco handelsnaam die afgelope 10 jaar "genosedive" omdat die fabriek van eienaar verander het...  So, bly maar weg.

Hein M

Re: Jag Geweer Scopes

Posted: Sun Aug 05, 2012 6:23 pm
by BRNO (Pierre)
Hein M. wrote:
NicoSmit wrote: Daar is niks fout met 'n Tasco nie ek het 'n Tasco 4x40 op my 30 06 vanaf 1988 en het die laaste 3jaar nog nie een keer aan hom verstel nie hy is ingestel op 100m en waar ek mik daar tref hy . Ek het laas week 'n BWB op 115 tree geskiet en sy het net daar geval waar sy gestaan het .
Nico,

Daar is 'n reuse kwaliteitsverskil tussen 'n 1988-Tasco en die Tasco's wat jy deesdae koop...

Net die naam is dieselfde ;)

Hein M
In daai geval het ek n 1992 6*40 model te koop teen R7500,00. Kontant alleenlik.

Re: Jag Geweer Scopes

Posted: Sun Aug 05, 2012 6:40 pm
by Hein M.
Pierre van der Merwe wrote:
Hein M. wrote:
NicoSmit wrote: Daar is niks fout met 'n Tasco nie ek het 'n Tasco 4x40 op my 30 06 vanaf 1988 en het die laaste 3jaar nog nie een keer aan hom verstel nie hy is ingestel op 100m en waar ek mik daar tref hy . Ek het laas week 'n BWB op 115 tree geskiet en sy het net daar geval waar sy gestaan het .
Nico,

Daar is 'n reuse kwaliteitsverskil tussen 'n 1988-Tasco en die Tasco's wat jy deesdae koop...

Net die naam is dieselfde ;)

Hein M
In daai geval het ek n 1992 6*40 model te koop teen R7500,00. Kontant alleenlik.
;D ;D ;D

Ek sal jou belowe dat die koper nie teleurgesteld sal wees nie!  Ek weet net nie van die waarborg nie :D

Hein M

Re: Jag Geweer Scopes

Posted: Mon Aug 20, 2012 12:25 pm
by Louis Kriel
Tasco's is in beide Japan en China gemaak.  Die Japannese Tasco's is soos die Howa geweer, baie goed.  Die Chinese Tasco's is, soos jou kinders se speelgoed gemaak om drie dae te hou!

Re: Jag Geweer Scopes

Posted: Wed Sep 19, 2012 1:40 pm
by SausageSavage
HAHAHa, Dankie Ouens!! Julle het beslis mooi raad gelewer, dankie!! Ek het toe besluit op die Nikon 4X40, hy loop reg vir my! ;D

Re: Jag Geweer Scopes

Posted: Wed Sep 19, 2012 2:21 pm
by Eugene
DirtyOldsix wrote: Tasco's is in beide Japan en China gemaak.  Die Japannese Tasco's is soos die Howa geweer, baie goed.  Die Chinese Tasco's is, soos jou kinders se speelgoed gemaak om drie dae te hou!
Daarvan kan ek getuig! Nou wil hulle my wysmaak dat tempratuur verskille tussen die oggend en die middag, kan veroorsaak dat die Cheap China Sh_t teleskoop met tot 6" kan verskil.... ???

Soos Koos Barnard s? : Net 'n ryk man kan 'n goedkoop teleskoop bekostig! Nou moet ek in elk geval 'n ander een koop, ek wil net eers die een gaan indruk waar daar reeds 'n chinese verkyker sit! >:( >:( >:(