Page 1 of 1
Pak gekry
Posted: Fri Aug 03, 2012 11:40 pm
by cg rossouw
Ek ry Maandag op Bloemfontein toe vir n veiling en kom Woensdag aand by die huis. Tel Donderdag wraggies 14 stoet ooie gesteel en my buurman 15 ooie. Die diere is helder oordag gesteel. Een ou het die bakkie met langwol ooie op die pad gekry, pleks hy die bakkie stop ry hy net aan. Dink van iemand moet daar n voorbeeld gemaak word, eks Gatvol vir die stront. Waar gaan dit end kry?
Re: Pak gekry
Posted: Sat Aug 04, 2012 3:34 am
by visstok
CG, baie jammer om te hoor van julle verlies! Hoop julle kry die helsems!
Groete Alex
Re: Pak gekry
Posted: Sat Aug 04, 2012 12:12 pm
by Dawid
Ai jai jai en dis een helske klomp geld ook waarmee die varke weg is.......En word hulle gevang is dit n klein boetetjie en hulle is los.
Hulle was mos honger..

Re: Pak gekry
Posted: Sat Aug 04, 2012 12:38 pm
by vlakvark1
CG
Jammer om te hoor oor die verlies. Die dinge sal nie stop nie want dinge word duur werk almeer skaarser en die klomp al hoe luier. Dit is makliker om te steel
as om te werk. Jy moet maar n voorbeeld maak van een maar dan het jy weer wereld se moeilikheid so dit is moeilik
Dawid wrote:
Ai jai jai en dis een helske klomp geld ook waarmee die varke weg is.......En word hulle gevang is dit n klein boetetjie en hulle is los.
Hulle was mos honger..
Hulle kry nie boetes nie want die wat die boetes moet gee is baie keer ook betrokke[ nie almal nie maar daar is van hulle]

Re: Pak gekry
Posted: Sat Aug 04, 2012 2:15 pm
by green leader
ai jammer om te hoor, n mens werk jou g-t aff dan kom steel hulle.
Re: Pak gekry
Posted: Sun Aug 05, 2012 7:55 pm
by Vasvat
By my het hulle die naweek van die baie sneeu 17 ooie en 24 lammers gesteel, die informant bel die polisie en laat weet daar kom bakkie met skaap, die bakkie daag later op by die volgende dorp vol mis sonder skaap. Laat mens nogal dink.... waar is die skaap en/of is daar 'n wolf in "polisieklere"?
Willie
Re: Pak gekry
Posted: Mon Aug 06, 2012 12:27 pm
by Fanie
Ek weet nie of dit die moeite werd is om 'n voorbeeld van iemand te maak nie. Dit is waarskynlik beter om die probleem net stil-stil uit te sorteer. En ek het gedink ons ouens in die dorp word geteister...
Re: Pak gekry
Posted: Mon Aug 06, 2012 11:01 pm
by cg rossouw
Mens maak n voorbeeld dat die ou eers later agter kom hy is n voorbeeld
Re: Pak gekry
Posted: Mon Aug 06, 2012 11:13 pm
by Fanie
Klink vir my jy wil die een jakkals uitsonder en hom goed laat les opse.
Ek twyfel baie sterk of die ander jakkalse veel daardeur afgesit gaan word,
more is die volgendes maar net weer daar om sy plek te vat.
Re: Pak gekry
Posted: Tue Aug 07, 2012 2:14 pm
by cg rossouw
ag wat, kan maar kom, hulle sal gou agter kom wats vir wat