Page 1 of 1

jakkals gesien amper in die dorp

Posted: Sun Aug 05, 2012 12:46 pm
by green leader
manne ek ry vrydag op my veldfiets op n enduro baan tussen centurion en diepsloot hier in jhb, so in die ry kyk ek op sien vir flekkie so 50m voor my staan en vir my kyk, ek val toe amper van my bike af, want 200m verder is die eerste huise en so 1km agter my is my werk, wys jou hoe naby hulle aan die stad kan oorleef.

Re: jakkals gesien amper in die dorp

Posted: Sun Aug 05, 2012 1:23 pm
by Pvdw
GL was dit 'n jakkie met 2 of 4 bene?? ;) ;)

Hier was nou so 'n ruk terug 'n foto van 'm jak wat in die dorp rondloop. Ek dink dit was in Nam ?rens>

Peet

Re: jakkals gesien amper in die dorp

Posted: Sun Aug 05, 2012 1:37 pm
by green leader
LOL die twee been, is oorals in die land, kan dink in nam want daar is baie meer oop grond as hier in die stad, ek bedoel dis amper in centurion stad ( 8km).

Re: jakkals gesien amper in die dorp

Posted: Sun Aug 05, 2012 2:04 pm
by Pvdw
Buite Montana en Doornpoort  in Pretoria kom hulle so naby aan die huise dat jy hulle soms deur die bosse kan sien. Van die woonbuurte grens aan groen areas en daar loop hulle nog gereeld rond.

Peet

Re: jakkals gesien amper in die dorp

Posted: Sun Aug 05, 2012 2:10 pm
by visstok
Pvdw: ?kom holle so naby aan die huise dat jy hulle soms deur die bosse kan sien? Hahahaha mooi man!!!!

Groete Alex

Re: jakkals gesien amper in die dorp

Posted: Sun Aug 05, 2012 2:17 pm
by Pvdw
Fout reg gemaak :-[ :-[ :-[

Dankie Alex  ;)

Re: jakkals gesien amper in die dorp

Posted: Sun Aug 05, 2012 2:20 pm
by green leader
en dan ry ek messina toe om hulle om te dop. vir niks nie.

Re: jakkals gesien amper in die dorp

Posted: Sun Aug 05, 2012 2:23 pm
by visstok
Pvdw, ek wil ook bly waar jy bly, so nou en dan deur die bosse loer hahahaha!!!

Groete Alex

Re: jakkals gesien amper in die dorp

Posted: Sun Aug 05, 2012 4:30 pm
by Gerhard
Ek het hulle al op die plotte 10 km uit op Lynwood geroep en skiet...

Re: jakkals gesien amper in die dorp

Posted: Sun Aug 05, 2012 4:39 pm
by Pvdw
Sorry Alex, sekere ding deel jy met niemand nie ;) ;) ;)

Peet

Re: jakkals gesien amper in die dorp

Posted: Fri Oct 10, 2014 10:06 am
by Riaan Kriel
Lichtenburg is maar 'n plattelandse plek, my skoonouers bly op die noordelike kant van die dorp. Voor die huis is dit die teenpad, dan 'n laning bloekombome. Stukkie veld, seker so 250m en dan is dit die renbaar en skougronde. Dan is dit die Koster teerpad en dan is dit Lafarge gronde en mielielande en veld rondom.

So rukkie terug een vrydag laatmiddag daar gestop om die kinders op te laai wat na skool gaan kuier het. Sien nogal die troppie tarentale wei agter die bome. Dit was klein rukkie later en net mooi sterk skemer toe raas die tarentale iets vreeslik. Ons dog toe dit is 'n rondloper hond, of kat wat pla. Ons is egter op pad om te ry. Met die uitstap raas die tarentale weer lekker. Ek vat die MagLite in die bakkie en stap oor die teerpad en lig in en tussen die bloekombome rond waar die tarentale so raas. Groot was my verbasing om 'n redelike groot Rooikat te sien wat wegdraf met 'n tarentaal is sy bek.

Re: jakkals gesien amper in die dorp

Posted: Fri Oct 10, 2014 10:28 am
by Piet Pille
Dit was mos nie so lank gelede wat 'n luiperd op die N1 doodgery was nie, as ek reg onthou? Naby Pta iewers

Re: jakkals gesien amper in die dorp

Posted: Fri Oct 10, 2014 10:43 am
by Capt. Yoda
Duracell wrote:Lichtenburg is maar 'n plattelandse plek, my skoonouers bly op die noordelike kant van die dorp. Voor die huis is dit die teenpad, dan 'n laning bloekombome. Stukkie veld, seker so 250m en dan is dit die renbaar en skougronde. Dan is dit die Koster teerpad en dan is dit Lafarge gronde en mielielande en veld rondom.

So rukkie terug een vrydag laatmiddag daar gestop om die kinders op te laai wat na skool gaan kuier het. Sien nogal die troppie tarentale wei agter die bome. Dit was klein rukkie later en net mooi sterk skemer toe raas die tarentale iets vreeslik. Ons dog toe dit is 'n rondloper hond, of kat wat pla. Ons is egter op pad om te ry. Met die uitstap raas die tarentale weer lekker. Ek vat die MagLite in die bakkie en stap oor die teerpad en lig in en tussen die bloekombome rond waar die tarentale so raas. Groot was my verbasing om 'n redelike groot Rooikat te sien wat wegdraf met 'n tarentaal is sy bek.
Daar in daai lande langs die vliegbaan en agter Sederpark se NG Kerk is daar n sterk span Jakke en dan as jy net oor die treinsoopr gaan tussen die golf baan en die Nelle se grond was daar baaaaie wat jy enige tyd van die dag raak gery het. Is seker maar omdat daar so baie voels altyd in daai deel was.Ek het n klompie daar helder oor dag gerol

Ons het ook self een aand terwyl ons daar in die lande agter die kerk gestaan het terwyl hulle die sonneblom gespuit het n vris rooikat gesien toe die vliegtuig oor ons draai en die kat hier agter ons oor die pad hardloop.

So klompie jare terug was daar self n mase bobejaan wat daar rond gehardloop het maar hulle het hom daar by NWK se silos om gedop.

leeu wereld daai !

Re: jakkals gesien amper in die dorp

Posted: Fri Oct 10, 2014 11:01 am
by Piet Pille
Grootfontein is self nie 'n man se maat nie.... behalwe vir die jakke wat jou in die aand in die dorp wakker skree, moet jy nog die koedoes uit die strate jaag net om by jou hek te kan in....

Re: jakkals gesien amper in die dorp

Posted: Fri Oct 10, 2014 11:46 am
by NicoSmit
Ek het al 'n jakkals hier in Randfontein by die gholfbaan gesien een aand