Page 1 of 1
30-06 lading ontwikkel
Posted: Sun Aug 05, 2012 6:00 pm
by Nickvn
Ek het nou by n lading uit gekom wat my BSA 30-06 baie gelukkig is mee.
[img width=360 height=480]
http://i1079.photobucket.com/albums/w51 ... 84c123.jpg[/img]
Daardie een was n flyer maar die ander vier lyk mooi oor 100 meter. Ek sal dit baie waardeer as iemand met QL kan kyk of ek op n node is en of daar iets beter is. My details is soos volg.
30-06
21' loop
1:10 draai
PMP doppe H2O volume 70,7gr
168gr PMP punte
TPL 80,5mm
S365 54,8gr
Federal LR primers
Spoed soos hierd bo geskiet: 2672, 2666, 2650, 2677 (ES 27fps) Daardie flyer was teen 2801
Baie dankie.
Re: 30-06 lading ontwikkel
Posted: Sun Aug 05, 2012 6:17 pm
by Gerhard
Mooi Nick,
Daai 30 06 skiet netjies.
Re: 30-06 lading ontwikkel
Posted: Sun Aug 05, 2012 6:17 pm
by tripodmvr
Ek het aanname gemaak dat dit die SP koe?l van PMP is. Jy is net onder die node volgens QL. Die node boontoe is op 2699vps. Dit behoort jy met 55,5gr S365 te kry.
Kan jy nie die koe?l nader aan die groewe kry nie of word jy deur jou magasynlengte beperk? Dit sal verstelling van die TPL vergemaklik.
Re: 30-06 lading ontwikkel
Posted: Sun Aug 05, 2012 6:33 pm
by Nickvn
Dankie Tripod, ja dit is SP PMP. Ek het dit eers gekoop om mee te oefen en te kyk of ek die herlaai ding onder die knie kan kry. Die koeel is so n 0.5mm vanaf die groewe. Ek het die Maks TPL gemeet gekry op 81mm. Klink dit reg? My magasyn het baie plek. Ek het begin op n TPL van 82mm, maar toe ek sien my Maks lengte is 81mm toe bring ek hom bietjie terug.
Met 55,5gr het ek 2704,2710, 2704, 2699 en 2749 gekry. Baie naby aan jou voorspelling. Die groepering was ok wind het toe bietjie gewaai.
Re: 30-06 lading ontwikkel
Posted: Sun Aug 05, 2012 7:14 pm
by tripodmvr
Sien jy kan selfs 'n ho?r node ook bykom. 'n Lading van 58gr sal jou naby aan 2812vps kry - sal raadsaam wees om miskien 57 en 57,5 ook te probeer. Lyk asof die kruit vinniger begin brand soos die druk toeneem.
Re: 30-06 lading ontwikkel
Posted: Sun Aug 05, 2012 7:22 pm
by Jagtersdok
55.4gr en dan speel jy met inkrimente van 0.25mm met TPL
Re: 30-06 lading ontwikkel
Posted: Mon Aug 06, 2012 7:34 pm
by Nickvn
Baie dankie Tripod en jagtersdok. Ek sal dit bietjie probeer en die resultate hier gooi.
Re: 30-06 lading ontwikkel
Posted: Thu Nov 01, 2012 2:49 pm
by Nickvn
Ek het vir my n paar (hele paar) Nosler BT gekoop met die special. Ek wil graag vir hulle nou n lading uitwerk en sal baie waardeer as iemand my met n QL kan help.
30-06
21' loop
1:10 draai
Winchester doppe H2O volume 69.2gr
150gr Nosler BT
TPL 84,5mm
S365 56gr
Federal LR primers
2880 FPS
Ek her 54gr (2720), 55gr (2840) en 56gr (2880) getoets en 56gr het begin kleiner word.
Re: 30-06 lading ontwikkel
Posted: Thu Nov 01, 2012 4:22 pm
by Gerhard
Nick,
Probeer S355 vir die 150gr's
Ek kry 3000fps met 54gr S355.
S365 is weer 180gr se kos.
Re: 30-06 lading ontwikkel
Posted: Thu Nov 01, 2012 4:53 pm
by Nickvn
Hi Spoedvraat Gerhard.....
Nee ek sal eers weer in die stad moet kom om S355 te koop. Ek het nog heelwat S365 so sal graag net n akurate lading wil kry met dit. Ek is nie te gepla oor die spoed nie. Ek is gelukkig met so 2800. Ek sal later bietjie n vinnige een probeer laai.
Re: 30-06 lading ontwikkel
Posted: Thu Nov 01, 2012 5:00 pm
by Gerhard
Nickvn wrote:
Hi Spoedvraat Gerhard.....
Nee ek sal eers weer in die stad moet kom om S355 te koop. Ek het nog heelwat S365 so sal graag net n akurate lading wil kry met dit. Ek is nie te gepla oor die spoed nie. Ek is gelukkig met so 2800. Ek sal later bietjie n vinnige een probeer laai.
Daai 3000fps werk lekker daar by jou in die oop wereld.
Onthou my dan bring ek n blik saam as ek weer kom kuier...

Re: 30-06 lading ontwikkel
Posted: Fri Nov 02, 2012 7:54 am
by Nickvn
Sit maar net weer die besonderhede hier onder as iemand my kan help asb.
Ek het vir my n paar (hele paar) Nosler BT gekoop met die special. Ek wil graag vir hulle nou n lading uitwerk en sal baie waardeer as iemand my met n QL kan help.
30-06
21' loop
1:10 draai
Winchester doppe H2O volume 69.2gr
150gr Nosler BT
TPL 84,5mm
S365 56gr
Federal LR primers
2880 FPS
Ek her 54gr (2720), 55gr (2840) en 56gr (2880) getoets en 56gr het begin kleiner word.
Re: 30-06 lading ontwikkel
Posted: Fri Nov 02, 2012 8:35 am
by tripodmvr
Node is op 2850 en 54,2 gr behoort jou naby te kry.
Re: 30-06 lading ontwikkel
Posted: Fri Nov 02, 2012 8:53 am
by Nickvn
Dankie Tripod, sal ek by 2850 kan uitkom met 54,2 gr. Ek het met 55gr maar by 2840 uit gekom. Kon ek dalk iets verkeerd uitgewerk het?
Re: 30-06 lading ontwikkel
Posted: Fri Nov 02, 2012 9:06 am
by tripodmvr
Askies, my glips - 55,2 bedoel.
Re: 30-06 lading ontwikkel
Posted: Fri Nov 02, 2012 9:37 am
by Nickvn
OK baie dankie.

Re: 30-06 lading ontwikkel
Posted: Fri Nov 02, 2012 11:02 am
by Carl
Nick ek kan S355 bring van hier af, volgende Vrydag.
Re: 30-06 lading ontwikkel
Posted: Fri Nov 02, 2012 11:33 am
by Nickvn
Hi Carl, ek sal dit waardeer as jy kan. Waar gaan jy heen?
Re: 30-06 lading ontwikkel
Posted: Tue Jul 02, 2013 10:01 am
by Nickvn
Hi daar, ek het so bietjie verander in my onderdele en ook my kruit. Kan iemand my dalk help om te kyk wat se QL met hierdie setup. Ek moet baie naby wees maar is bekommerd oor te hoe druk. Ek kan nie enige iets sien op die doppe nie.
Sal dit baie waadeer.
30-06
21' loop
1:10 draai
Remmington doppe H2O volume 69.2gr
150gr Nosler BT
TPL 83,8mm
S355 55gr
Federal LR primers
2930 FPS
Re: 30-06 lading ontwikkel
Posted: Tue Jul 02, 2013 11:42 am
by BRNO (Pierre)
Nickvn wrote:Hi daar, ek het so bietjie verander in my onderdele en ook my kruit. Kan iemand my dalk help om te kyk wat se QL met hierdie setup. Ek moet baie naby wees maar is bekommerd oor te hoe druk. Ek kan nie enige iets sien op die doppe nie.
Sal dit baie waadeer.
30-06
21' loop
1:10 draai
Remmington doppe H2O volume 69.2gr
150gr Nosler BT
TPL 83,8mm
S355 55gr
Federal LR primers
2930 FPS
Nick, jou huidige lading soos hier uiteengesit, is baie naby aan maks druk, en jou dop is reeds 100,7% vol. Dit maak dat jy nie na n vinniger node kan gaan nie, maar effe stadiger na n trompsnelheid van 2829fps. Dit lyk asof jy dit sal kry met 53.1gr S355.
Re: 30-06 lading ontwikkel
Posted: Tue Jul 02, 2013 4:57 pm
by tau
Nick wil net dankie se vir die mooi info hier.
Vriend het nuwe JJ Wapens Musgrave heavy barrel.
Hy het nuwe Norma doppe S365 en Nosler 150gr Accubond en BT gekoop.
Ons het Vrydag aand al die doppe genecksize. Ek het al die primer pockets gecheck, sny was nie nodig. Toe lengtes gecheck almal net onder SAAMI spec.
Herlaai toe 0.8mm vanaf die lands en begin met 53gr S 365 en met 0.5gr op tot 55gr.
Dus my vriend se eerste geweer en hy het 'n 4-15 x 50 Lynx op.
Ek is groen. Ek het nog nooit eers met my eie wapens sulke groepe vanaf die start gekry nie. op 54gr skiet hy met die virgin doppe 9.75mm groep en toe op 55 gr 9.54mm groep. Die man het duidelik 'n natuurlike talent. Hy skiet al die skote sonder dat hy eers lyk of hy die eerstekeer vanaf 'n bench skiet.
Elkgeval dankie vir al die Jaracl manne kon ek info neem en in net 15 skote 'n sub 10mm lading ontwikkel. Ons gaan jag oor twee weke so dan sal ons sien hoe hy rerig werk
Julle wat ken se die Accubonds en die BT skiet op dieselfde plek??